Studiehulp
Hiskía


Hiskía

’n Regverdige koning van die nasie van Juda in die Ou Testament. Hy het vir nege en twintig jaar geheers, gedurende die tyd toe Jesaja die profeet in Juda was (2 Kon. 18–20; 2 Kron. 29–32; Jes. 36–39). Jesaja het hom bygestaan om beide die Kerk en die staat te hervorm. Hy het afgodery onderdruk en het die tempeldienste herstel. Hiskía se lewe is met vyftien jaar verleng deur gebed en geloof (2 Kon. 20:1–7). Die vroeëre deel van sy heerskappy was voorspoedig, maar sy rebellie teen die koning van Assur (2 Kon. 18:7) het twee Assuriese innames tot gevolg gehad: die eerste word beskryf in Jesaja 10:24–32, die tweede in 2 Konings 18:13–19:7. Na die tweede inname word Jerusalem gered deur ’n engel van die Here (2 Kon. 19:35).