Studiehulp
Korinthiërs, Sendbriewe aan


Korinthiërs, Sendbriewe aan

Twee boeke in die Nuwe Testament. Hulle was oorspronklik briewe wat Paulus geskrywe het aan die Heiliges in Korinte om verwarring onder hulle reg te stel. Die Korinthiërs het in ’n gemeenskap geleef wat sedelik boos was.

Eerste Korinthiërs

Hoofstuk 1 bevat Paulus se seëngroet en sy vermaning aan die Heiliges om verenig te wees. Hoofstukke 2–6 is Paulus se regstellings van verwarring van die Korintiese Heiliges. Hoofstukke 7–12 bevat Paulus se antwoorde op sekere vrae. Hoofstukke 13–15 handel oor naasteliefde, geestelike gawes en die Opstanding. Hoofstuk 16 bevat Paulus se raad om standvastig te wees in die geloof.

Tweede Korinthiërs

Hoofstuk 1 bevat Paulus se seëngroet en ’n boodskap van bemoediging. Hoofstuk 2 bevat persoonlike raad vir Titus. Hoofstukke 3–7 handel oor die krag van die evangelie in die lewens van die Heiliges en hulle leiers. Hoofstukke 8–9 gee raad aan die Heiliges om blymoedige gewers aan die armes te wees. Hoofstukke 10–12 is ’n bevestiging van Paulus se eie posisie as ’n Apostel. Hoofstuk 13 is ’n vermaning om volmaak te wees.