Studiehulp
Símeon


Símeon

In die Ou Testament, die tweede seun van Jakob en sy vrou Lea (Gén. 29:33; 35:23; Ex. 1:2). Hy het by Levi aangesluit in die slagting van die Sigemite (Gén. 34:25–31). Jakob se profesie aangaande Símeon word in Génesis 49:5–7 gevind.

Die stam van Símeon

Die afstammelinge van Símeon het dikwels by die stam van Juda gewoon en binne die grense van die koninkryk van Juda (Jos. 19:1–9; 1 Kron. 4:24–33). Die stam van Símeon het by Juda aangesluit in die stryd teen die Kanaäniete (Rigt. 1:3, 17). Hulle het ook later by Dawid se leër aangesluit (1 Kron. 12:25).