Studiehulp
Abraham, Verbond van


Abraham, Verbond van

Abraham het die evangelie ontvang en is tot die hoër priesterskap geordineer (L&V 84:14; Abr. 2:11), en hy het ’n selestiale huwelik aangegaan wat die verbond is van verheffing (L&V 131:1–4; 132:19, 29). Abraham het ’n belofte ontvang dat al die seëninge van hierdie verbonde aan sy sterflike nageslag aangebied sal word (L&V 132:29–31; Abr. 2:6–11). Hierdie verbonde en beloftes word saam die verbond van Abraham genoem. Die herstelling van hierdie verbond was die herstelling van die evangelie in die laaste dae, want daardeur word die nasies van die aarde geseën (Gal. 3:8–9, 29; L&V 110:12; 124:58; Abr. 2:10–11).