Studiehulp
Dien


Dien

Om die werk van die Here op die aarde te doen. God se gekose diensknegte moet deur God geroepe wees ten einde in sy werk te dien. Wanneer ware diensknegte die Here se wil doen, verteenwoordig hulle die Here in hulle amptelike pligte en tree op as sy gevolmagtigdes (L&V 64:29), en verrig sodoende die werk wat nodig is vir die heil van die mensdom. Die Here het apostels, profete, evangeliste, hoëpriesters, sewentigs, ouderlinge, biskoppe, priesters, leraars, diakens, helpers en regerings gegee vir die vervolmaking van die Heiliges, vir die werk van die bediening (1 Kor. 12:12–28; Efés. 4:11–16; L&V 20; 107).