Studiehulp
Tydvak


Tydvak

’n Evangeliese tydvak is ’n tydperk waarin die Here ten minste een gevolmagtigde dienskneg op die aarde het wat die sleutels hou van die heilige priesterskap.

Adam, Henog, Noag, Abraham, Moses, Jesus Christus, Joseph Smith en andere het elkeen ’n nuwe evangeliese tydvak begin. Wanneer die Here ’n tydvak organiseer, word die evangelie opnuut geopenbaar sodat die mense van daardie tydvak nie hoef staat te maak op vorige tydvakke vir kennis van die heilsplan nie. Die tydvak wat begin is deur Joseph Smith staan bekend as die “tydvak van die volheid van tye.”