Studiehulp
Hábakuk


Hábakuk

’n Ou Testamentiese profeet in Juda wat gepraat het oor die sondigheid van die volk, moontlik gedurende die heerskappy van Jójakin (ongeveer 600 v.C.).

Die boek van Hábakuk

Hoofstuk 1 is ’n gesprek tussen die Here en sy profeet, soortgelyk aan dié in Jeremia 12 en Leer en Verbonde 121. Hábakuk was verontrus dat die bose skynbaar voorspoedig is. In hoofstuk 2 het die Here vir Hábakuk aangeraai om geduldig te wees—die regverdiges moet leer om deur geloof te lewe. Hoofstuk 3 teken Hábakuk se gebed aan waarin hy God se geregtigheid erken het.