Studiehulp
Daniël


Daniël

Die hoofkarakter van die boek van Daniël in die Ou Testament; ’n profeet van God en ’n man van groot geloof.

Niks is bekend oor sy ouers nie, hoewel dit blyk dat hy van koninklike afkoms was (Dan. 1:3). Hy is gevange geneem na Babilon, waar hy die naam Béltsasar ontvang het (Dan. 1:6–7). Daniël en drie ander gevangenes het die koning se voedsel geweier om godsdienstige redes (Dan. 1:8–16).

Daniël het die guns van Nebukadnésar en Daríus gewen deur sy vermoë om drome uit te lê (Dan. 2; 4; 6). Hy het ook die handskrif op die muur gelees en uitgelê (Dan. 5). Sy vyande het teen hom saamgesweer, en hy is in ’n leeukuil gegooi, maar die Here het sy lewe gespaar (Dan. 6).

Die boek van Daniël

Die boek het twee afdelings: Hoofstukke 1–6 is verhale oor Daniël en sy drie metgeselle; hoofstukke 7–12 is profetiese visioene wat Daniël gesien het. Die boek leer die belangrikheid om getrou aan God te wees en verduidelik dat die Here die gelowiges seën.

’n Hoofbydrae van die boek is die uitlegging van Koning Nebukadnésar se droom. In die droom word die koninkryk van God in die laaste dae voorgestel as ’n klip wat uit ’n berg gekap word. Die klip sal voortrol totdat dit die hele aarde vul (Dan. 2; sien ook L&V 65:2).