Studiehulp
Samaritane


Samaritane

Die Bybelse volk wat in Samaría gewoon het nadat die noordelike koninkryk van Israel gevange geneem is deur die Assiriërs. Die Samaritane was deels Israeliete en deels nie-Jode. Hulle godsdiens was ’n mengsel van Joodse en heidense gelowe en gebruike. Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan in Lukas 10:25–37 toon die haat wat die Jode ontwikkel het vir die Samaritane omdat die Samaritane afvallig geword het van die Israelitiese godsdiens. Die Here het die Apostels beveel om die evangelie aan die Samaritane te leer (Hand. 1:6–8). Filippus het die evangelie van Christus suksesvol verkondig aan die volk van Samaría en het baie wonderwerke onder hulle verrig (Hand. 8:5–39).