Studiehulp
Immánuel


Immánuel

Een van die name van Jesus Christus. Dit is afkomstig van woorde in Hebreeus wat beteken “God met ons.”

Immánuel is ’n naam en titel wat as ’n teken gegee word van God se verlossing (Jes. 7:14). Jesaja se verwysing na Immánuel word spesifiek deur Matthéüs genoem as ’n profesie van Jesus se geboorte op aarde (Matt. 1:18–25). Die naam verskyn ook in skrifture van die laaste dae (2 Ne. 17:14; 18:8; L&V 128:22).