Studiehulp
Josua


Josua

’n Ou Testamentiese profeet en leier en die opvolger van Moses. Hy is gebore in Egipte voordat die kinders van Israel ontsnap het (Núm. 14:26–31). Hy en Kaleb was onder die twaalf spioene wat na Kanaän gestuur is. Slegs hulle het ’n goeie verslag gegee van die land (Núm. 13:8, 16–33; 14:1–10). Hy het op die ouderdom van 110 gesterf (Jos. 24:29). Josua is ’n baie goeie voorbeeld van ’n toegewyde profeet-krygsman.

Die boek van Josua

Hierdie boek is vernoem na Josua omdat hy die hoofpersoon daarin is en nie omdat hy die skrywer is nie. Hoofstukke 1–12 beskryf die inname van Kanaän; hoofstukke 13–24 vertel van die stamme van Israel wat die land verdeel en van Josua se finale raadgewinge.

Twee belangrike verse in die boek van Josua is die Here se bevel aan hom om oor die skrifture te peins (Jos. 1:8) en Josua se oproep aan die volk om getrou aan die Here te wees (Jos. 24:15).