Skrifture
Leer en Verbonde 44


Afdeling 44

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, te Kirtland, Ohio, in die laaste gedeelte van Februarie 1831. Ooreenkomstig die vereiste hierin uiteengesit het die Kerk ’n konferensie belê om gehou te word vroeg in die daaropvolgende Juniemaand.

1–3, Ouderlinge moet byeenkom in konferensie; 4–6, Hulle moet organiseer volgens die wette van die land en moet na die armes omsien.

1 Kyk, so sê die Here aan julle my diensknegte, dit is raadsaam in My dat die ouderlinge van my kerk byeengeroep moet word, van die ooste en die weste, en van die noorde en van die suide, per brief of ’n ander wyse.

2 En dit sal gebeur, dat in soverre hulle getrou is, en geloof beoefen in My, sal Ek my aGees uitstort oor hulle op die dag wat hulle hulself byeen vergader.

3 En dit sal gebeur dat hulle sal uitgaan in die streke rondomheen, en bekering apredik tot die volk.

4 En vele sal abekeer word, in soverre dat julle mag sal verkry om julleself te organiseer bvolgens die wette van die mens;

5 Sodat julle avyande nie mag oor julle kan hê nie; sodat julle bewaar mag word in alle dinge; sodat julle in staat gestel mag word om my wette te onderhou; sodat elke band verbreek mag word waarmee die vyand poog om my volk te vernietig.

6 Kyk, Ek sê vir julle, dat julle die armes en die behoeftiges moet abesoek en in hulle behoeftes voorsien, sodat hulle bewaar mag word totdat alles gedoen mag word volgens my wet wat julle ontvang het. Amen.