Skrifture
Leer en Verbonde 18


Afdeling 18

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, Oliver Cowdery en David Whitmer, te Fayette, New York, Junie 1829. Volgens die Profeet het hierdie openbaring “Die roeping van twaalf apostels in hierdie laaste dae bekend gemaak, en ook opdragte met betrekking tot die opbou van die Kerk gegee.”

1–5, Die skrifture dui aan hoe om die Kerk op te bou; 6–8, Die wêreld word ryp in ongeregtigheid; 9–16, Die waarde van siele is groot; 17–25, Om heil te verkry, moet mense die Naam van Christus op hulle neem; 26–36, Die roeping en sending van die Twaalf word geopenbaar; 37–39, Oliver Cowdery en David Whitmer moet die Twaalf soek; 40–47, Om heil te verkry moet mense bekeer, gedoop word en die gebooie onderhou.

1 Nou, kyk, vanweë die ding wat jy, my dienskneg Oliver Cowdery, begeer het om van my te weet, gee Ek aan jou hierdie woorde:

2 Kyk, Ek het aan jou geopenbaar, deur my Gees by vele geleenthede, dat die dinge wat jy geskryf het awaar is; daarom, jy weet dat hulle waar is.

3 En aangesien jy weet dat hulle waar is, kyk, Ek gee aan jou ’n gebod, dat jy staatmaak op die dinge wat ageskrywe is;

4 Want in hulle is alle dinge geskrywe aangaande die fondament van my kerk, my aevangelie en my brots.

5 Daarom, as jy my kerk sal opbou, op die fondament van my evangelie en my rots, sal die poorte van die hel nie seëvier oor jou nie.

6 Kyk, die awêreld word ryp in ongeregtigheid; en dit moet noodwendig wees dat die kinders van mense aangespoor word tot bekering, beide die bnie-Jode en ook die huis van Israel.

7 Daarom, aangesien jy agedoop is deur die hande van my dienskneg Joseph Smith, Jr., ooreenkomstig dit wat Ek hom gebied het, het hy die ding vervul wat Ek hom gebied het.

8 En nou, verwonder jou nie dat Ek hom geroep het vir my eie doel nie, welke doel bekend is aan My; daarom; as hy sal aywerig wees om my gebooie te bonderhou, sal hy cgeseënd wees met die ewige lewe; en sy naam is dJoseph.

9 En nou, Oliver Cowdery, Ek spreek met jou, en ook met David Whitmer, by wyse van gebod; want kyk, Ek gebied alle mense orals om te bekeer, en Ek spreek tot julle, net soos met Paulus my aapostel, want julle is geroep, en wel met dieselfde roeping waarmee hy geroep is.

10 Onthou die awaarde van bsiele is groot in die oë van God;

11 Want, kyk, die Here julle aVerlosser het die bdood gely in die vlees; daarom, Hy het die cpyn dgely van alle mense, sodat alle mense mag bekeer en na Hom kom.

12 En Hy het weer aopgestaan uit die dood, sodat Hy alle mense na Hom mag bring, op voorwaarde van bbekering.

13 En hoe groot is sy avreugde oor die siel wat bekeer!

14 Daarom, julle word geroep om bekering te averkondig aan hierdie volk.

15 En as dit so sou wees dat julle al julle dae arbei om bekering te verkondig aan hierdie volk, en slegs een asiel na My bring, hoe groot sal julle vreugde wees met hom in die koninkryk van my Vader!

16 En nou, as julle vreugde groot sal wees met een siel wat julle gebring het na My in die akoninkryk van my Vader, hoe groot sal julle bvreugde wees as julle baie siele na My sou cbring!

17 Kyk, julle het my evangelie voor julle, en my rots, en my aheil.

18 aVra die Vader in my bNaam in geloof, en glo dat julle sal ontvang, en julle sal die Heilige Gees hê, wat alle dinge openbaar wat craadsaam is vir die kinders van mense.

19 En as julle nie ageloof, bhoop en cnaasteliefde het nie, kan julle niks doen nie.

20 aStry nie met enige kerk nie, behalwe die bkerk van die duiwel.

21 Neem op julle die aNaam van Christus, en bspreek die waarheid in cerns.

22 En soveel as wat bekeer en agedoop word in my Naam, wat Jesus Christus is, en bvolhard tot die einde, hulle sal gered word.

23 Kyk, Jesus Christus is die aNaam wat gegee is deur die Vader, en daar is geen ander naam gegee waardeur die mens gered kan word nie.

24 Daarom, alle mense moet op hulle die naam neem wat gegee is deur die Vader, want volgens daardie naam sal hulle genoem word op die laaste dag;

25 Daarom, as hulle nie die anaam ken waarby hulle genoem word nie, kan hulle nie plek hê in die bkoninkryk van my Vader nie.

26 En nou, kyk, daar is andere wat geroep word om my evangelie te predik, beide tot die anie-Jood en tot die Jood;

27 Ja, naamlik twaalf; en die aTwaalf sal my dissipels wees, en hulle sal op hulle my Naam neem; en die Twaalf is hulle wat sal begeer om op hulle my bNaam te neem met volle voorneme van hart.

28 En as hulle begeer om op hulle my Naam te neem met volle voorneme van hart, word hulle geroep om in die hele awêreld te gaan om my bevangelie te preek aan celke skepsel.

29 En dit is hulle wat deur My geordineer is om te adoop in my Naam, volgens dit wat geskryf is;

30 En julle het dit wat geskryf is voor julle; daarom, julle moet dit uitvoer volgens die woorde wat geskryf is.

31 En nou spreek Ek tot julle, die aTwaalf—Kyk, my genade is voldoende vir julle; julle moet opreg wandel voor My en nie sondig nie.

32 En, kyk, julle is hulle wat geordineer is deur My om priesters en leraars te aordineer; om my evangelie te verkondig, bvolgens die mag van die Heilige Gees wat in julle is, en volgens die croepings en gawes van God aan die mens.

33 En Ek, Jesus Christus, julle Here en julle God, het dit gespreek.

34 Hierdie awoorde is nie van die mens of ’n man nie, maar van My; daarom, julle sal getuig dat hulle van My is en nie van die mens nie.

35 Want dit is my astem wat dit spreek tot julle; want hulle word gegee deur my Gees aan julle, en deur my krag kan julle dit vir mekaar lees; en behalwe deur my krag kon julle dit nie hê nie.

36 Daarom, julle kan agetuig dat julle my stem gehoor het, en my woorde ken.

37 En nou, kyk, Ek gee aan jou, Oliver Cowdery, en ook aan David Whitmer, dat julle die Twaalf moet soek, wat die begeertes sal hê waarvan Ek gespreek het.

38 En deur hulle begeertes en hulle awerke sal julle hulle ken.

39 En wanneer julle hulle gevind het, sal julle hierdie dinge aan hulle toon.

40 En julle sal neerval en die Vader aaanbid in my Naam.

41 En julle moet vir die wêreld preek, en sê: Julle moet bekeer en gedoop word, in die Naam van Jesus Christus;

42 Want alle mense moet bekeer en gedoop word, en nie slegs mans nie, maar vroue en kinders wat die ouderdom van atoerekenbaarheid bereik het.

43 En nou, nadat julle dit ontvang het, moet julle my agebooie onderhou in alle dinge.

44 En deur julle hande sal Ek ’n awonderbaarlike werk doen onder die kinders van mense, tot die boortuiging van baie van hulle sondes, sodat hulle mag kom tot bekering, en sodat hulle mag kom tot die koninkryk van my Vader.

45 Daarom, die seëninge wat Ek aan julle gee is abo alle dinge.

46 En nadat julle dit ontvang het, as julle nie my gebooie aonderhou nie, kan julle nie gered word in die koninkryk van my Vader nie.

47 Kyk, Ek, Jesus Christus, julle Here en julle God, en julle Verlosser, deur die krag van my Gees het dit gespreek. Amen.