Skrifture
Leer en Verbonde 33


Afdeling 33

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan Ezra Thayre en Northrop Sweet, te Fayette, New York, Oktober 1830. In die bekendmaking van hierdie openbaring het Joseph Smith se geskiedenis bevestig dat “die Here … altyd gereed is om diegene wat Hom ywerig in geloof soek, te onderrig.”

1–4, Arbeiders word geroep om die evangelie te verkondig in die elfde uur; 5–6, Die Kerk word gevestig, en die uitverkorenes moet versamel word; 7–10, Bekeer, want die koninkryk van die hemel is op hande; 11–15, Die Kerk is gebou op die rots van die evangelie; 16–18, Berei voor op die koms van die Bruidegom.

1 Kyk, Ek sê vir julle, my diensknegte Ezra en Northrop, open julle ore en slaan ag op die stem van die Here julle God, wie se awoord lewend en kragtig is, skerper as ’n tweesnydende swaard, om vanmekaar te skei beide gewrigte en murg, siel en gees; en ’n onderskeider is van die gedagtes en bbedoelinge van die hart.

2 Want voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle dat julle geroep is om julle stemme te verhef soos met die aklank van ’n trompet, om my evangelie te verkondig aan ’n verkeerde en ’n verdraaide geslag.

3 Want kyk, die aveld is wit, gereed vir die oes; en dit is die belfde uur, en die claaste keer dat Ek die arbeiders in my wingerd sal roep.

4 En my awingerd het bbedorwe geraak, elke gedeelte; en daar is niemand wat cgoeddoen nie behalwe ’n paar; en hulle ddwaal in vele opsigte vanweë epriesterliste, almal met verdorwe verstand.

5 En voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle dat Ek hierdie akerk bgevestig en geroep het uit die wildernis.

6 En net so sal Ek my uitverkorenes aversamel van die bvier hoeke van die aarde, en wel soveel as wat in My sal glo, en ag slaan op my stem.

7 Ja, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dat die veld wit is, gereed vir die oes; daarom, steek in julle sekels en oes met al julle mag, verstand en krag.

8 aOpen julle monde en hulle sal gevul word, en julle sal word net soos bNefi van ouds, wat gereis het van Jerusalem in die wildernis.

9 Ja, open julle monde en hou nie terug nie, en julle sal belaai word met agerwe op julle rûe, want sien, Ek is met julle.

10 Ja, open julle monde en hulle sal gevul word, en sê: aBekeer, bekeer, en berei julle die weg van die Here, en maak sy paaie reguit; want die koninkryk van die hemel is op hande;

11 Ja, bekeer en word agedoop, elkeen van julle, vir ’n vergifnis van julle sondes; ja, word gedoop en wel deur water, en dan kom die doop van vuur en van die Heilige Gees.

12 Kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle, dit is my aevangelie; en onthou dat hulle geloof sal hê in My anders kan hulle geensins gered word nie;

13 En op hierdie arots sal Ek my kerk bou, ja op hierdie rots is julle gebou, en as julle voortgaan, sal die bpoorte van die hel nie seëvier oor julle nie.

14 En julle sal die kerk se aartikels en verbonde onthou om hulle te onderhou.

15 En wie ook al geloof het, sal julle abevestig in my kerk, deur die oplegging van bhande, en Ek sal die cgawe van die Heilige Gees aan hulle skenk.

16 En die Boek van Mormon en die heilige askrifture word deur My gegee vir jul bonderrig; en die krag van my Gees cverkwik alle dinge.

17 Daarom, wees getrou, bid altyd, hou julle lampe gereed en brandend, en olie by julle, sodat julle gereed mag wees met die koms van die aBruidegom

18 Want kyk, voorwaar, voorwaar, Ek sê vir julle dat Ek spoedig akom. Dit is so. Amen.