Skrifture
Leer en Verbonde 71


Afdeling 71

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, te Hiram, Ohio, 1 Desember 1831. Die Profeet het voortgegaan om die Bybel te vertaal met Sidney Rigdon as sy skrywer totdat hierdie openbaring ontvang is, op welke tydstip dit tydelik opsy gesit is om hulle in staat te stel om die opdrag hierin vervat, uit te voer. Die broers moes uitgaan om te preek om die onvriendelike gevoelens te kalmeer wat ontstaan het teen die Kerk as gevolg van die publikasie van briewe geskryf deur Ezra Booth, wat afvallig geword het.

1–4, Joseph Smith en Sidney Rigdon word uitgestuur om die evangelie te verkondig; 5–11, Vyande van die Heiliges sal verwar word.

1 Kyk, so sê die Here aan julle my diensknegte Joseph Smith, Jr., en aSidney Rigdon, dat die tyd voorwaar gekom het dat dit noodsaaklik en raadsaam is in My dat julle jul monde moet open om my evangelie te bverkondig, die dinge van die koninkryk, en die cverborgenhede daarvan uit die skrifture uit te lê, volgens daardie gedeelte van die Gees en krag wat aan julle gegee sal word net soos Ek wil.

2 Voorwaar Ek sê vir julle, verkondig aan die wêreld in die streke rondom, en in die kerk ook, vir ’n tydperk, ja totdat dit aan julle bekend gemaak sal word.

3 Voorwaar, dit is ’n sending vir ’n tydperk wat Ek aan julle gee.

4 Daarom, arbei julle in my wingerd. Beroep julle op die inwoners van die aarde, en lewer getuienis, en berei die weg voor vir die gebooie en openbarings wat sal kom.

5 Nou, kyk dit is wysheid; wie ook al lees, laat hom averstaan en ook bontvang;

6 Want aan hom wat ontvang, sal meer aoorvloedig gegee word, en wel mag.

7 Daarom, averwar jou vyande; doen ’n beroep op hulle om julle te bontmoet in die openbaar en in privaatheid; en in soverre julle getrou is, sal hulle skande openbaargemaak word.

8 Daarom, laat hulle hul sterk argumente teen die Here na vore bring.

9 Voorwaar, so sê die Here aan julle—daar is geen awapen gevorm teen julle wat sal slaag nie;

10 En as enigeen sy stem teen julle verhef, sal hy vernietig word in my eie bepaalde tyd.

11 Daarom, onderhou my gebooie; hulle is waar en getrou. Dit is so. Amen.