Skrifture
Leer en Verbonde 57


Afdeling 57

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Sion, Jackson-distrik, Missouri, 20 Julie 1831. Ooreenkomstig die Here se bevel om na Missouri te reis, waar Hy “die land van jou erfenis” sou openbaar (afdeling 52), het die ouderlinge gereis vanaf Ohio tot Missouri se westelike grens. Joseph Smith het die toestand van die Lamaniete oordink en gewonder: “Wanneer sal die wildernis bloei soos ’n roos? Wanneer sal Sion opgebou word in al haar heerlikheid, en waar sal u tempel staan, waarheen alle nasies sal kom in die laaste dae?” Daarna het hy hierdie openbaring ontvang.

1–3, Independence, Missouri, is die plek vir die stad Sion en die tempel; 4–7, Die Heiliges moet grond koop en erfenisse ontvang in daardie area; 8–16, Sidney Gilbert moet ’n winkel vestig, William W. Phelps moet ’n drukker wees, en Oliver Cowdery moet materiaal redigeer vir publikasie.

1 Slaan ag, o julle ouderlinge van my kerk, sê die Here jul God, wat julleself byeen vergader het, volgens my gebooie, in hierdie land, wat die land aMissouri is, wat die bland is wat Ek aangewys en ctoegewy het vir die dversameling van die heiliges.

2 Daarom, dit is die land van belofte, en die aplek vir die stad bSion.

3 En so sê die Here julle God, indien julle wysheid wil ontvang, hier is wysheid. Kyk, die plek wat nou Independence genoem word, is die middelpunt; en ’n plek vir die atempel lê weswaarts, op ’n perseel wat nie ver is van die hofgebou nie.

4 Daarom, dit is wysheid dat die land agekoop moet word deur die heiliges, en ook elke stuk grond ten weste, selfs tot by die skeidslyn wat direk tussen die bJood en die nie-Jood loop;

5 En ook elke stuk grond wat grens aan die grasvlaktes, in soverre my dissipels in staat is om grond te akoop. Kyk, dit is wysheid, dat hulle dit mag bverkry vir ’n ewigdurende erfenis.

6 En laat my dienskneg Sidney Gilbert staan in die amp waarin Ek hom aangestel het, om geld te ontvang, om ’n aagent te wees vir die kerk, om grond te koop in al die streke rondom, in soverre dit in regverdigheid gedoen kan word, en soos wysheid sal aandui.

7 En laat my dienskneg aEdward Partridge staan in die amp waarin Ek hom aangestel het, en aan die heiliges hulle erfenis buitdeel, soos Ek gebied het; en ook diegene wat hy aangestel het om hom by te staan.

8 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg Sidney Gilbert homself plant in hierdie plek, en ’n winkel vestig, sodat hy goedere mag verkoop sonder bedrog, sodat hy geld mag verkry om grond te koop tot die voordeel van die heiliges, sodat hy dit wat die dissipels ook al mag nodig hê mag bekom om hulle te plant in hul erfenis.

9 En ook laat my dienskneg Sidney Gilbert ’n lisensie bekom—kyk, hier is wysheid, en wie ook al lees, laat hom verstaan—sodat hy goedere mag stuur ook na die mense, en wel deur wie hy ook al wil as klerke wat werksaam is in sy diens.

10 En sodoende voorsien vir my heiliges, sodat my evangelie gepreek mag word aan diegene wat in aduisternis sit in die streek en bskaduwee van die dood.

11 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, laat my dienskneg aWilliam W. Phelps geplant word in hierdie plek, en gevestig word as ’n bdrukker vir die kerk.

12 En sien, indien die wêreld sy geskrifte ontvang—kyk, hier is wysheid—laat hom verkry wat hy ook al kan verkry in regverdigheid, tot die voordeel van die heiliges.

13 En laat my dienskneg aOliver Cowdery hom bystaan, soos Ek gebied het, in welke plek Ek hom sal aanstel, om te kopieer, en om te korrigeer, en selekteer, sodat alle dinge reg mag wees voor My, soos dit bewys sal word deur die Gees deur hom.

14 En laat dus diegene van wie Ek gespreek het geplant word in die land Sion, so spoedig moontlik, met hulle families, om daardie dinge te doen soos Ek gespreek het.

15 En nou aangaande die versameling—Laat die biskop en die agent voorbereidings tref vir daardie families wat gebied is om na hierdie land te kom, so gou as moontlik, en plant hulle in hulle erfenis.

16 En aan die oorblyfsel van beide ouderlinge en lede sal verdere aanwysings hierna gegee word. Dit is so. Amen.