Skrifture
Leer en Verbonde 25


Afdeling 25

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Harmony, Pennsilvanië, Julie 1830 (sien die opskrif van afdeling 24). Hierdie openbaring maak die wil van die Here bekend aan Emma Smith, die Profeet se vrou.

1–6, Emma Smith, ’n uitverkore dame, word geroep om haar man by te staan en te troos; 7–11, Sy word ook geroep om te skryf, om skrifture uit te lê, en om gesange te versamel; 12–14, Die lied van die regverdiges is ’n gebed tot die Here; 15–16, Beginsels van gehoorsaamheid in hierdie openbaring is van toepassing op almal.

1 Slaan ag op die stem van die Here jou God, terwyl Ek met jou praat, Emma Smith, my dogter; want voorwaar Ek sê vir jou, al diegene wat my evangelie aontvang is seuns en dogters in my bkoninkryk.

2 ’n Openbaring gee Ek aan jou aangaande my wil; en as jy getrou is en awandel in die weë van bdeugsaamheid voor My, sal Ek jou lewe bewaar, en jy sal ’n cerfenis ontvang in Sion.

3 Kyk, jou asondes is jou vergewe, en jy is ’n uitverkore dame wat Ek bgeroep het.

4 Murmureer nie vanweë die dinge wat jy nie gesien het nie, want hulle word weerhou van jou en van die wêreld, wat wysheid in My is in ’n toekomstige tyd.

5 En die amp van jou roeping sal ’n atroos wees vir my dienskneg Joseph Smith, Jr., jou man, in sy verdrukkings, met vertroostende woorde, in die gees van sagmoedigheid.

6 En jy sal saam met hom gaan wanneer hy gaan, en vir hom ’n skrywer wees, terwyl daar niemand is om ’n skrywer vir hom te wees nie, sodat Ek my dienskneg, Oliver Cowdery mag stuur, waarheen Ek wil.

7 En jy sal ageordineer word onder sy hand om skrifture uit te lê, en om die kerk te vermaan, ooreenkomstig dit jou gegee sal word deur my Gees.

8 Want hy sal sy ahande op jou lê, en jy sal die Heilige Gees ontvang, en jy sal jou tyd wy aan skryf, en om veel te leer.

9 En jy hoef nie te vrees nie, want jou man sal jou ondersteun in die kerk; want sy aroeping is tot hulle, sodat alle dinge aan hulle bgeopenbaar mag word, wat Ek ook al wil, volgens hulle geloof.

10 En voorwaar Ek sê vir jou dat jy die adinge van hierdie bwêreld opsy sal sit, en csoek na die dinge van ’n beter.

11 En dit sal aan jou gegee word, ook, om ’n versameling van gewyde agesange te maak, soos dit jou gegee sal word, wat My behaag, om gebruik te word in my kerk.

12 Want my siel verheug hom in die alied van die bhart; ja, die lied van die regverdiges is ’n gebed tot My, en dit sal beantwoord word met ’n seëning op hulle hoofde.

13 Daarom, hef op jou hart en verbly jou, en kleef aan die verbonde wat jy gesluit het.

14 Gaan voort in die gees van asagmoedigheid, en waak teen bhoogmoed. Laat jou siel hom verheug in jou man, en die heerlikheid wat oor hom sal kom.

15 Onderhou my gebooie voortdurend, en jy sal ’n akroon van bregverdigheid ontvang. En tensy jy dit doen, waar Ek is, kan jy cnie kom nie.

16 En voorwaar, voorwaar, Ek sê vir jou, dat dit my astem is tot almal. Amen.