Skrifture
Leer en Verbonde 118


Afdeling 118

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Far West, Missouri, 8 Julie 1838, in antwoord op die smeekbede: “Toon ons u wil, o Here, aangaande die Twaalf.”

1–3, Die Here sal sorg vir die families van die Twaalf; 4–6, Vakatures in die Twaalf word gevul.

1 Voorwaar, so sê die Here: Laat ’n konferensie onmiddellik gehou word; laat die Twaalf georganiseer word; en laat mans aangestel word om die plek te aneem van diegene wat geval het.

2 Laat my dienskneg aThomas bly vir ’n tydperk in die land Sion, om my woord te publiseer.

3 Laat die oorblyfsel voortgaan om vanaf daardie uur te predik, en indien hulle dit doen in alle nederigheid van hart, in sagmoedigheid en aootmoed, en blankmoedigheid, sal Ek, die Here, aan hulle ’n belofte gee, dat Ek vir hulle families sal sorg; en ’n effektiewe deur sal voortaan geopen word vir hulle.

4 En volgende lente, laat hulle vertrek om oor die groot waters te gaan, en daar my evangelie bekendmaak, die volheid daarvan, en getuienis lewer van my Naam.

5 Laat hulle vertrek van my heiliges in die stad Far West, op die ses en twintigste dag van volgende April, op die bouperseel van my huis, sê die Here.

6 Laat my dienskneg John Taylor, en ook my dienskneg John E. Page, en ook my dienskneg Wilford Woodruff, en ook my dienskneg Willard Richards, aangestel word om die plekke te vul van diegene wat geval het, en amptelik in kennis gestel word van hulle aanstelling.