Skrifture
Leer en Verbonde 125


Afdeling 125

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet te Nauvoo, Illinois, Maart 1841, aangaande die Heiliges in die Iowa-grondgebied.

1–4, Die Heiliges moet stede bou en versamel na die penne van Sion.

1 Wat is die wil van die Here aangaande die heiliges in die Iowa-grondgebied?

2 Voorwaar, so sê die Here, Ek sê vir julle, indien diegene wat hulleself na my Naam anoem en poog om my heiliges te wees, indien hulle my wil wil doen en my gebooie onderhou aangaande hulle, laat hulle hulself byeen versamel op die plekke wat Ek vir hulle sal aandui deur my dienskneg Joseph, en stede opbou vir my Naam, sodat hulle voorbereid mag wees vir dit wat voorlê in ’n toekomstige tyd.

3 Laat hulle ’n stad opbou vir my Naam op die land oorkant die stad Nauvoo, en laat dit die naam aZarahemla genoem word.

4 En laat al diegene wat vanaf die ooste, en die weste, en die noorde, en die suide kom, wat begeertes het om daarin te woon, hulle erfenisse daar opneem, asook in die stad aNashville, of in die stad Nauvoo, en in al die bpenne wat Ek aangewys het, sê die Here.