Skrifture
Leer en Verbonde 67


Afdeling 67

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Hiram, Ohio, vroeg in November 1831. Die geleentheid was dié van ’n spesiale konferensie en die publikasie van die openbarings wat reeds van die Here ontvang is deur die Profeet, is oorweeg en uitvoering daaraan gegee (sien die opskrif van afdeling 1). William W. Phelps het onlangs die Kerk se drukkery in Independence, Missouri gevestig. Die konferensie het besluit om die openbarings te publiseer in die Book of Commandments [Boek van Gebooie] en om 10,000 kopieë te druk (wat, vanweë onvoorsiene probleme, verminder is na 3,000 kopieë). Baie van die broers het plegtige getuienis gelewer dat die openbarings wat tóé saamgestel was vir publikasie, inderdaad waar is, soos getuig deur die Heilige Gees wat uitgestort is oor hulle. Joseph Smith se geskiedenis het aangeteken dat nadat die openbaring bekend as afdeling 1 ontvang was, sommige gesprekke plaasgevind het oor die taal wat gebruik is in die openbarings. Die huidige openbaring het gevolg.

1–3, Die Here hoor die gebede van en waak oor sy ouderlinge; 4–9, Hy daag die wysste persoon uit om die minste van sy openbarings na te maak; 10–14, Getroue ouderlinge sal lewend gemaak word deur die Gees en die gesig van God sien.

1 Kyk en slaan ag, o julle aouderlinge van my kerk, wat julleself versamel het, wie se gebede Ek gehoor het, en wie se harte Ek ken, en wie se begeertes voor My opgekom het.

2 Kyk en sien, my a is op julle, en die hemele en die aarde is in my hande, en die rykdomme van die ewigheid is myne om te gee.

3 Julle het gepoog om te glo dat julle die seëning moes ontvang wat julle aangebied is, maar kyk, voorwaar, Ek sê vir julle, daar was avrese in jul harte, en voorwaar dit is die rede waarom julle nie ontvang het nie.

4 En nou Ek, die Here, gee aan julle ’n agetuienis van die waarheid van hierdie gebooie wat voor julle lê.

5 Julle oë was op my dienskneg Joseph Smith, Jr., en sy ataal het julle geken, en sy onvolmaakthede het julle geken; en julle het in jul harte kennis gesoek sodat julle beter mag uitdruk as sy taal; dit weet julle ook.

6 Nou, soek julle uit die Boek van Gebooie, en wel die minste onder hulle, en stel hom aan wat die awysste is onder julle;

7 Of, as daar enigeen onder julle is wat ’n soortgelyke een sal maak, dan is julle geregverdig om te sê dat julle nie weet dat hulle waar is nie;

8 Maar as julle nie een soortgelyk kan maak nie, is julle onder veroordeling indien julle nie agetuienis lewer dat hulle waar is nie.

9 Want julle weet dat daar geen ongeregtigheid in hulle is nie, en dit wat aregverdig is daal neer van bo, van die Vader van bligte.

10 En verder, voorwaar Ek sê vir julle dat dit julle voorreg is, en ’n belofte gee Ek aan julle wat geordineer is tot hierdie bediening, dat in soverre julle jul stroop van ajaloesieë en bvrese, en julle cverootmoedig voor my, want julle is nie genoegsaam nederig nie, sal die dsluier geskeur word en sal julle My esien en weet dat Ek is—nie met die vleeslike nóg die natuurlike verstand, maar met die geestelike.

11 Want geen amens het God op enige tydstip in die vlees gesien nie, behalwe as hy lewend gemaak word deur die Gees van God.

12 Nóg kan enige anatuurlike mens die teenwoordigheid van God verduur, nóg met die vleeslike verstand.

13 Julle is nie nou in staat om die teenwoordigheid van God te verduur nie, nóg die bediening van engele; daarom, volhard in ageduld tot julle bvervolmaak is.

14 Laat nie julle verstand terugdraai nie; en wanneer julle awaardig is, in my eie bepaalde tyd sal julle sien en weet dít wat op julle oorgedra is deur die hande van my dienskneg Joseph Smith, Jr. Amen.