Skrifture
Leer en Verbonde 73


Afdeling 73

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, te Hiram, Ohio, 10 Januarie 1832. Sedert die eerste deel van die voorafgaande Desember, was die Profeet en Sidney besig om te preek, en deur hierdie wyse is baie bereik om die ongunstige gevoelens wat teen die Kerk ontstaan het, te verminder (sien die opskrif van afdeling 71).

1–2, Ouderlinge moet aanhou om te preek; 3–6, Joseph Smith en Sidney Rigdon moet voortgaan om die Bybel te vertaal totdat dit voltooi is.

1 Want voorwaar, so sê die Here, dit is raadsaam in My dat ahulle aanhou om die evangelie te preek, en in vermaning van die kerke in die streke rondom, tot die konferensie;

2 En dan, kyk, dit sal aan hulle bekendgemaak word, deur die astem van die konferensie, hul onderskeie sendings.

3 Nou, voorwaar, Ek sê vir julle my diensknegte, Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon, sê die Here, dit is araadsaam om weer te bvertaal;

4 En, in soverre dit uitvoerbaar is, om te preek in die streke rondomheen tot die konferensie; en daarna is dit raadsaam om die werk van vertaling voort te sit totdat dit voltooi is.

5 En laat dit ’n voorbeeld wees vir die ouderlinge tot verdere kennis, net soos dit geskryf is.

6 Nou gee Ek niks meer aan julle op hierdie tydstip nie. aOmgord julle lendene en wees ernstig. Dit is so. Amen.