Skrifture
Leer en Verbonde 3


Afdeling 3

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Harmony, Pennsilvanië, Julie 1828, in verband met die verlies van 116 bladsye van die manuskrip vertaal van die eerste deel van die Boek van Mormon, wat die Boek van Lehi genoem is. Die Profeet het teësinnig toegelaat dat hierdie bladsye onder sy toesig uitgaan na dié van Martin Harris, wat vir ’n kort tydjie gedien het as skrywer tydens die vertaling van die Boek van Mormon. Die openbaring is deur die Urim en Tummim gegee. (Sien afdeling 10.)

1–4, Die Here se verloop is een ewige kringloop; 5–15, Joseph Smith moet bekeer of die gawe verloor om te vertaal; 16–20, Die Boek van Mormon kom te voorskyn om die saad van Lehi te red.

1 Die awerke, en die planne, en die doelstellings van God kan nie verydel word nie, nóg kan hulle misluk.

2 Want aGod wandel nie op krom paaie nie, nóg wend Hy Hom na die regter- of die linkerhand, nóg wyk hy af van dit wat Hy gesê het, daarom is sy paaie reguit, en sy bverloop is een ewige kringloop.

3 Onthou, onthou dat dit nie die awerk van God is wat verydel word nie, maar die werk van mense;

4 Want alhoewel ’n mens vele openbaringe mag ontvang, en krag het om vele magtige werke te doen, en as hy nogtans aroem in sy eie krag, en die braadgewinge van God as nietig beskou, en sy eie wil en cvleeslike begeertes najaag, moet hy val en die dwraak ontgeld van ’n regverdige God.

5 Kyk, jy is toevertrou met hierdie dinge, maar hoe streng was jou gebooie; en onthou ook die beloftes wat aan jou gemaak is, indien jy hulle nie oortree nie.

6 En kyk, hoe dikwels het jy die gebooie en die wette van God aoortree, en het gehoor gegee aan die boorredinge van mense.

7 En, kyk, jy moes nie die mens meer agevrees het as God nie. Alhoewel mense die raadgewinge van God as nietig beskou, en sy woorde bverag

8 Tog moes jy getrou gewees het; en Hy sou sy arm uitgestrek en jou beskerm het teen al die vurige apyle van die bteenstander; en Hy sou by jou gewees het in elke tyd van cnood.

9 Kyk, jy is Joseph, en jy is gekies om die werk van die Here te doen, maar vanweë oortreding, as jy nie waaksaam is nie, sal jy val.

10 Maar onthou, God is barmhartig; daarom, bekeer van dit wat jy gedoen het wat teenstrydig is met die gebod wat Ek jou gegee het, en jy is steeds gekose, en word weer geroep tot die werk;

11 Tensy jy dit doen, sal jy oorgelewer word en word soos ander mense, en sal nie meer ’n gawe hê nie.

12 En toe jy dit oorhandig het wat God jou sig en krag gegee het om te avertaal, het jy dit oorhandig wat heilig was in die hande van ’n bose bman,

13 Wat die raadgewinge van God as nietig beskou het, en die heiligste beloftes wat voor God gemaak is verbreek het, en staatgemaak het op sy eie oordeel en ageroem het in sy eie wysheid.

14 En dit is die rede waarom jy jou voorregte vir ’n tydperk verloor het—

15 Want jy het toegelaat dat die raad van jou aleidsman vertrap word vanaf die begin.

16 Nietemin, my werk sal uitgaan, want in soverre die kennis van ’n aSaligmaker tot die wêreld gekom het, deur die bgetuienis van die Jode, net so sal die ckennis van ’n Saligmaker tot my volk kom—

17 En tot die aNefiete, en die Jakobiete, en die Josefiete, en die Zoramiete, deur die getuienis van hul vaders—

18 En hierdie agetuienis sal tot die kennis kom van die bLamaniete, en die Lemueliete, en die Ismaeliete, wat in ongeloof cgekwyn het vanweë die ongeregtigheid van hul vaders, wat die Here toegelaat het om hul broers die Nefiete te dvernietig, vanweë hul ongeregtighede en hul gruwels.

19 En vir hierdie juiste adoel is hierdie bplate bewaar, wat hierdie kronieke bevat—sodat die cbeloftes van die Here vervul mag word, wat Hy aan sy volk gemaak het;

20 En dat die aLamaniete mag kom tot die kennis van hul vaders, en dat hulle die beloftes van die Here mag ken, en dat hulle die evangelie mag bglo en cvertrou op die verdienstes van Jesus Christus, en dverheerlik word deur geloof in sy Naam, en dat deur hulle bekering hulle gered mag word. Amen.