Skrifture
Leer en Verbonde 96


Afdeling 96

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, wat die orde van die stad of pen van Sion te Kirtland, Ohio uiteensit, 4 Junie 1833, as ’n voorbeeld aan die Heiliges in Kirtland. Die geleentheid was ’n konferensie van hoëpriesters en die hoofonderwerp van bespreking was die oordrag van sekere grond, bekend as die French-plaas, wat deur die Kerk besit is naby Kirtland. Aangesien die konferensie nie kon ooreenstem oor wie beheer van die plaas sou neem nie, het almal ooreengestem om die Here te nader aangaande die saak.

1, Die Kirtland Pen van Sion moet sterk gemaak word; 2–5, Die biskop moet die erfenisse onder die Heiliges verdeel; 6–9, John Johnson moet ’n lid word van die verenigde orde.

1 Kyk, Ek sê vir julle, hier is wysheid, waardeur julle mag weet hoe om op te tree aangaande hierdie saak, want dit is raadsaam in My dat hierdie apen wat Ek gevestig het vir die sterkte van Sion, sterk gemaak moet word.

2 Daarom, laat my dienskneg Newel K. Whitney beheer neem van die plek wat onder julle genoem is, waarop Ek beplan om my heilige huis te bou.

3 En verder, laat dit in persele verdeel word, volgens wysheid, tot die voordeel van diegene wat erfenisse soek, soos dit deur raadsbesluit onder julle bepaal sal word.

4 Daarom, sien toe dat julle omsien na hierdie saak, en daardie gedeelte wat noodsaaklik is vir die voordeel van my aorde, vir die doel om my woord voort te bring aan die kinders van mense.

5 Want kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dit is die wenslikste vir My, dat my woord moet uitgaan na die kinders van mense, met die doel om die harte van die kinders van mense te versag vir julle beswil. Dit is so. Amen.

6 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, dit is wysheid en raadsaam in My, dat my dienskneg John Johnson wie se offerande Ek aanvaar het, en wie se gebede Ek gehoor het, aan wie Ek ’n belofte van die ewige lewe gee in soverre hy my gebooie onderhou van nou af—

7 Want hy is ’n afstammeling van aJosef en ’n deelhebber van die seëninge van die belofte wat gemaak is aan sy vaders—

8 Voorwaar Ek sê vir julle, dit is raadsaam in My dat hy ’n lid sal word van die orde, sodat hy mag help om my woord voort te bring aan die kinders van mense.

9 Daarom sal julle hom ordineer tot hierdie seëning, en hy sal ywerig soek om belemmerings wat op die huis is wat genoem is deur julle, weg te neem, sodat hy daarin mag woon. Dit is so. Amen.