Skrifture
Leer en Verbonde 106


Afdeling 106

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 25 November 1834. Hierdie openbaring is gerig aan Warren A. Cowdery, ’n ouer broer van Oliver Cowdery.

1–3, Warren A. Cowdery word geroep as ’n plaaslike presiderende beampte; 4–5, Die Tweede Koms sal die kinders van die lig nie oorval soos ’n dief nie; 6–8, Groot seëninge volg getroue diens in die Kerk.

1 Dit is my wil dat my dienskneg Warren A. Cowdery aangestel en geordineer word as ’n presiderende hoëpriester oor my kerk, in die land aFreedom en die streke rondomheen;

2 En moet my ewigdurende evangelie predik, en sy stem verhef en die volk waarsku, nie slegs in sy eie plek nie, maar in die aangrensende distrikte;

3 En al sy tyd toewy aan hierdie hoë en heilige roeping, wat Ek nou aan hom gee, en ywerig die akoninkryk van die hemel en al sy regverdigheid bsoek, en alle noodsaaklike dinge sal daaraan bygevoeg word; want die carbeider is sy loon werd.

4 En verder, voorwaar Ek sê vir julle, die akoms van die Here bkom nader, en dit oorval die wêreld soos ’n cdief in die nag—

5 Daarom, omgord julle lendene, sodat julle die kinders van die alig mag wees, en daardie dag sal julle nie boorval soos ’n dief nie.

6 En verder sê Ek vir julle, daar was vreugde in die hemel toe my dienskneg Warren neergebuig het voor my septer, en hom afgesonder het van die bedrieërye van mense;

7 Daarom, geseënd is my dienskneg Warren, want Ek sal barmhartigheid hê oor hom; en, nieteenstaande die aydelheid van sy hart, sal Ek hom verhef in soverre hy homself voor My sal verootmoedig.

8 En Ek sal hom agenade en versekering skenk waarmee hy mag staan; en indien hy volhard om ’n betroubare getuie te wees en ’n lig vir die kerk, het Ek ’n kroon vir hom voorberei in die bwonings van my Vader. Dit is so. Amen.