Skrifture
Leer en Verbonde 70


Afdeling 70

Openbaring gegee deur Joseph Smith, die Profeet, te Hiram, Ohio, 12 November 1831. Die Profeet se geskiedenis lui dat vier spesiale konferensies gehou was vanaf die 1ste tot die 12de November, insluitende. Tydens die laaste van hierdie byeenkomste, is die groot belangrikheid van die openbarings wat later sou gepubliseer word as die Book of Commandments [Boek van Gebooie] en dan die Leer en Verbonde is oorweeg. Hierdie openbaring is gegee nadat die konferensie gestem het dat die openbarings “van waarde is vir die Kerk en die rykdomme van die hele Aarde.” Joseph Smith se geskiedenis verwys na die openbarings as “die fondament van die Kerk in hierdie laaste dae, en ’n voordeel vir die wêreld, en toon dat die sleutels van die verborgenhede van die koninkryk van ons Saligmaker weer aan die mens toevertrou is.”

1–5, Rentmeesters word aangestel om die openbarings te publiseer; 6–13, Diegene wat arbei met geestelike dinge is hul loon waardig; 14–18, Die Heiliges behoort gelyk te wees in stoflike dinge.

1 Kyk en slaan ag, o julle inwoners van Sion, en al julle volke van my kerk wat ver weg is en hoor die woord van die Here wat Ek gee aan my dienskneg Joseph Smith, Jr., en ook aan my dienskneg Martin Harris, en ook aan my dienskneg Oliver Cowdery, en ook aan my dienskneg John Whitmer, en ook aan my dienskneg Sidney Rigdon, en ook aan my dienskneg William W. Phelps, by wyse van gebod aan hulle.

2 Want Ek gee aan hulle ’n gebod; daarom, slaan ag en hoor, want so sê die Here aan hulle—

3 Ek, die Here, het hulle aangestel, en hulle geordineer om arentmeesters te wees oor die openbarings en gebooie wat Ek aan hulle gegee het, en wat Ek hierna aan hulle sal gee;

4 En rekenskap van hierdie rentmeesterskap sal Ek van hulle vereis op die dag van oordeel.

5 Daarom, Ek het hulle aangestel, en dit is hul verantwoordelikheid in die kerk van God, om hulle te behartig en die sake rondom, ja, die voordele daarvan.

6 Daarom, Ek gee aan hulle ’n gebod, dat hulle nie hierdie dinge aan die kerk sal gee nie, nóg aan die wêreld;

7 Nietemin, in soverre hulle meer as wat nodig is ontvang vir hul behoeftes en hul noodsaaklikhede, sal dit gegee word aan my avoorraadskuur;

8 En die voordele sal toegewy word aan die inwoners van Sion, en aan hulle geslagte, in soverre hulle aerfgename word volgens die wette van die koninkryk.

9 Kyk, dit is wat die Here vereis van elkeen in sy arentmeesterskap, net soos Ek, die Here, enige man aangestel het of hierna sal aanstel.

10 En kyk, niemand is vrygestel van hierdie wet wat behoort aan die kerk van die lewende God nie;

11 Ja, nóg die biskop, nóg die aagent wat die Here se voorraadskuur bestuur, nóg hy wat aangestel is in ’n rentmeesterskap oor stoflike dinge.

12 Hy wat aangestel is om geestelike dinge te bestuur, hy is awaardig van sy loon, net soos diegene wat aangestel word tot ’n rentmeesterskap om stoflike dinge te bestuur;

13 Ja, selfs meer oorvloediglik, welke oorvloed vir hulle vermenigvuldig word deur die openbarings van die Gees.

14 Nietemin, in julle stoflike dinge sal julle agelyk wees, en dit nie teensinnig nie, anders sal die oorvloed van die openbarings van die Gees weerhou word.

15 Nou, hierdie agebod gee Ek aan my diensknegte tot hul voordeel terwyl hulle lewe, vir ’n openbaring van my seëninge op hulle hoofde, en as ’n beloning vir hul bywer en vir hulle veiligheid.

16 Vir kos en vir akleding; vir ’n erfenis; vir huise en vir grond, in watter omstandighede Ek, die Here, hulle sal plaas, en waarheen Ek, die Here, hulle ook al sal stuur.

17 Want hulle was getrou oor avele dinge, en het goed gedoen in soverre hulle nie gesondig het nie.

18 Kyk, Ek, die Here, is abarmhartig en sal hulle seën, en hulle sal die vreugde binnegaan van hierdie dinge. Dit is so. Amen.