Skrifture
Leer en Verbonde 137


Afdeling 137

’n Visioen gegee aan Joseph Smith die Profeet, in die tempel te Kirtland, Ohio, 21 Januarie 1836. Die geleentheid was die bediening van ordinansies ter voorbereiding van die toewyding van die tempel.

1–6, Die Profeet sien sy broer Alvin in die selestiale koninkryk; 7–9, Die leerstelling van die saligmaking van die dode word geopenbaar; 10, Alle kinders word gered in die selestiale koninkryk.

1 Die ahemele is vir ons geopen, en ek het die bselestiale koninkryk van God aanskou, en die heerlikheid daarvan, hetsy in die cliggaam of uit, kan ek nie sê nie.

2 Ek het die buitengewone skoonheid van die apoort waardeur die erfgename van daardie koninkryk sal binnegaan, wat soos omkringende bvlamme van vuur was, gesien;

3 Asook die astralende troon van God, waarop die bVader en die cSeun gesit het.

4 Ek het die pragtige strate van daardie koninkryk gesien, wat die voorkoms gehad het asof hulle met agoud geplavei was.

5 Ek het Vader aAdam en bAbraham gesien; en my cvader en my dmoeder; my broer eAlvin wat lank gelede ontslaap het.

6 En gewonder hoe dit was dat hy ’n aerfenis in daardie koninkryk verkry het, aangesien hy die lewe verlaat het voor die Here sy hand uitgesteek het om Israel die btweede keer te versamel, en nie cgedoop was vir die vergifnis van sondes nie.

7 Aldus het die astem van die Here tot my gekom, en gesê: Almal wat gesterf het bsonder ’n kennis van hierdie evangelie, wat dit sou aanvaar het indien hulle toegelaat was om te vertoef, sal cerfgename wees van die dselestiale koninkryk van God.

8 Asook al diegene wat voortaan sal sterwe sonder ’n kennis daarvan, wat dit asou aanvaar het met hulle hele hart, sal erfgename van daardie koninkryk wees;

9 Want Ek, die Here, sal alle mense aoordeel volgens hulle bwerke, volgens die cbegeerte van hulle harte.

10 En ek het ook aanskou dat al die kinders wat sterwe voor hulle die ajare van toerekenbaarheid bereik, bgered word in die selestiale koninkryk van die hemel.