Skrifture
Leer en Verbonde 100


Afdeling 100

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet en Sidney Rigdon, te Perrysburg, New York, 12 Oktober 1833. Aangesien die twee broers vir verskeie dae afwesig was van hulle families, was hulle bekommerd oor hulle.

1–4, Joseph en Sidney moet die evangelie preek vir die heil van siele; 5–8, Dit sal aan hulle gegee word op die presiese tydstip wat hulle moet sê; 9–12, Sidney moet ’n segsman wees en Joseph moet ’n openbaarder wees en kragtig in getuienis; 13–17, Die Here sal ’n rein volk verwek, en die gehoorsames sal gered word.

1 Voorwaar, so sê die Here aan julle my vriende aSidney en bJoseph, julle families is wel; hulle is in my hande, en Ek sal met hulle doen soos Ek goeddink; want in My is daar alle mag.

2 Daarom, volg My, en luister na die raad wat Ek aan julle sal gee.

3 Kyk, en sien, Ek het baie mense in hierdie plek, in die streke rondomheen, en ’n effektiewe deur sal geopen word in die streke rondomheen in hierdie oostelike land.

4 Daarom, Ek, die Here, het julle toegelaat om na hierdie plek te kom; want so was dit raadsaam in My vir die aheil van siele.

5 Daarom, voorwaar Ek sê vir julle, hef op julle stemme tot hierdie volk; aspreek die gedagtes wat Ek in julle harte sal plaas; en julle sal nie beskaam word voor mense nie;

6 Want dit sal aan julle agegee word op daardie uur, ja op daardie oomblik, wat julle sal sê.

7 Maar ’n gebod gee Ek aan julle, dat julle alles wat julle sal verkondig, julle in my Naam sal averkondig, in erns van hart, in die gees van bsagmoedigheid, in alle dinge.

8 En Ek gee aan julle hierdie belofte, dat in soverre julle dit doen, sal die aHeilige Gees uitgestort word om getuienis te lewer van alle dinge wat julle ook al sê.

9 En dit is raadsaam in My dat jy, my dienskneg Sidney, ’n asegsman moet wees vir hierdie volk; ja, voorwaar, Ek sal jou ordineer tot hierdie roeping, naamlik om ’n segsman te wees vir my dienskneg Joseph.

10 En Ek sal aan hom mag gee om kragtig te wees in agetuienis.

11 En Ek sal aan jou mag gee om akragtig te wees in die uitlegging van alle skrifture, sodat jy ’n segsman vir hom mag wees, en hy sal ’n bopenbaarder wees vir jou, sodat jy die sekerheid van alle dinge mag weet betreffende die dinge van my koninkryk op die aarde.

12 Daarom, sit julle reis voort en laat julle harte hulle verbly; want kyk, en sien, Ek is met julle en wel tot die einde toe.

13 En nou gee Ek ’n woord aan julle aangaande aSion. Sion sal bverlos word, alhoewel sy gekasty word vir ’n kort tydjie.

14 Julle broers, my diensknegte aOrson Hyde en John Gould, is in my hande; en in soverre hulle my gebooie onderhou, sal hulle gered word.

15 Daarom, laat julle harte vertroos word; want aalle dinge sal ten goede meewerk vir diegene wat opreg wandel, en tot die heiligmaking van die kerk.

16 Want Ek sal vir myself ’n arein volk verwek, wat My in regverdigheid sal dien;

17 En almal wat die Naam van die Here aaanroep, en sy gebooie onderhou, sal gered word. Dit is so. Amen.