Skrifture
Leer en Verbonde 69


Afdeling 69

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Hiram, Ohio, 11 November 1831. Die versameling van openbarings wat bedoel is vir vroeë publikasie is goedgekeur tydens die spesiale konferensie van 1–2 November. Op 3 November is die openbaring hierin vervat as afdeling 133, later genoem die Bylae, bygevoeg. Oliver Cowdery was vroeër aangestel om die manuskrip van die versameling openbarings en gebooie na Independence, Missouri te neem om gedruk te word. Hy moes ook saam met hom die geld neem wat ingesamel is vir die opbou van die kerk in Missouri. Hierdie openbaring beveel John Whitmer om Oliver Cowdery te vergesel en Whitmer word ook aangesê om te reis en historiese materiaal wat verband hou met sy roeping as Kerkhistorikus en verslaghouer te versamel.

1–2, John Whitmer moet Oliver Cowdery vergesel na Missouri; 3–8, Hy moet ook preek en historiese gegewens versamel, verslaghou en neerskryf.

1 Slaan ag op My, sê die Here julle God, vir die onthalwe van my dienskneg aOliver Cowdery. Dit is nie wysheid in My dat hy toevertrou moet word met die gebooie en die geld wat hy sal neem na die land Sion nie, tensy iemand saam met hom gaan wat betroubaar en getrou is.

2 Daarom, Ek, die Here, wil dat my dienskneg, aJohn Whitmer, saam met my dienskneg Oliver Cowdery moet gaan;

3 En ook dat hy sal aanhou om te skryf en ’n ageskiedenis saam te stel van al die belangrike dinge wat hy sal waarneem en weet aangaande my kerk.

4 En ook dat hy araad en bystand ontvang van my dienskneg Oliver Cowdery en andere.

5 En ook, my diensknegte wat uitgaan oor die aarde moet verslae van hul arentmeesterskappe na die land Sion stuur;

6 Want die land Sion sal ’n setel wees en ’n plek om hierdie dinge te ontvang en al hierdie dinge te doen.

7 Nietemin, laat my dienskneg John Whitmer vele kere reis van plek tot plek, en van kerk tot kerk, sodat hy makliker kennis mag verkry—

8 En predik en uitlê, skryf en kopieer, selekteer en alle dinge verkry wat ten goede van die kerk sal wees, en vir die opkomende geslagte wat sal opgroei in die land aSion, om dit te besit van geslag tot geslag, vir ewig en ewig. Amen.