Skrifture
Leer en Verbonde 130


Afdeling 130

Onderrig gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Ramus, Illinois, 2 April 1843.

1–3, Die Vader en die Seun mag persoonlik aan mense verskyn; 4–7, Engele woon in ’n selestiale sfeer; 8–9, Die selestiale aarde sal ’n groot Urim en Tummim wees; 10–11, ’n Wit steen word aan almal gegee wat die selestiale wêreld binnegaan; 12–17, Die tyd van die Tweede Koms word van die Profeet weerhou; 18–19, Intelligensie verwerf in hierdie lewe, verrys met ons in die Opstanding; 20–21, Alle seëninge kom deur gehoorsaamheid aan die wet; 22–23, Die Vader en die Seun het liggame van vlees en been.

1 Wanneer die Saligmaker sal averskyn, sal ons Hom sien soos Hy is. Ons sal sien dat Hy ’n bman is soos onsself.

2 En daardie selfde gemeenskaplikheid wat hier onder ons bestaan, sal daar onder ons bestaan, behalwe dat dit gekoppel sal wees aan aewige heerlikheid, welke heerlikheid ons nie nou geniet nie.

3 Johannes 14:23—Die verskyning van die aVader en die bSeun, in daardie vers, is ’n persoonlike cverskyning; en die idee dat die Vader en die Seun in ’n mens se hart dinwoon is ’n ou sektariese opvatting, en is vals.

4 In antwoord op die vraag—Is die berekening van God se atyd, engele se tyd, die profete se tyd, en die mens se tyd nie volgens die planeet waarop hulle woon nie?

5 Ek antwoord, Ja. Maar daar is geen aengele wat hierdie aarde bedien nie, behalwe diegene wat daaraan behoort of behoort het.

6 Die engele woon nie op ’n planeet soos hierdie aarde nie;

7 Maar hulle woon in die teenwoordigheid van God, op ’n aardbol soos ’n asee van glas en bvuur, waar alle dinge vir hulle heerlikheid geopenbaar word, die verlede, huidige, en toekoms, en is voortdurend voor die Here.

8 Die plek waar God woon is ’n groot aUrim en Tummim.

9 Hierdie aaarde, in haar geheiligde en onsterflike toestand, sal soos kristal gemaak word en sal ’n Urim en Tummim wees vir die inwoners wat daarop woon, waardeur alle dinge betreffende ’n minderwaardige koninkryk, of alle koninkryke van ’n laer orde, geopenbaar sal word aan diegene wat daarop woon; en hierdie aarde sal Christus s’n wees.

10 Dan sal die wit steen waarna verwys word in Openbaring 2:17, ’n Urim en Tummim word vir elke individu wat een ontvang, waardeur alle dinge betreffende ’n hoër orde van koninkryke bekendgemaak sal word;

11 En ’n awit steen word gegee aan elkeen van diegene wat die selestiale koninkryk binnekom, waarop ’n nuwe naam geskryf is, wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang. Die nuwe bnaam is die sleutelwoord.

12 Ek profeteer, in die Naam van die Here God, dat die aanvang van die aprobleme wat veel bloedvergieting sal veroorsaak voor die koms van die Seun van die Mens, in bSouth Carolina sal wees.

13 Dit mag moontlik ontstaan as gevolg van die slawekwessie. Dit het ’n stem aan my bekendgemaak terwyl Ek ernstig oor die saak gebid het, 25 Desember 1832.

14 Ek was eenkeer besig om baie ernstig te bid om die tyd van die akoms van die Seun van die mens te wete te kom, toe Ek ’n stem hoor wat die volgende herhaal:

15 Joseph, my seun, indien jy leef tot jy vyf en tagtig jaar oud is, sal jy die aangesig sien van die Seun van die Mens; daarom, laat dit genoeg wees, en hinder My nie meer oor hierdie saak nie.

16 Ek is so gelaat, sonder om te kan besluit of hierdie koms verwys het na die begin van die millennium of na een of ander vorige verskyning, of dat ek sou sterf en sodoende sy aangesig sien.

17 Ek glo dat die koms van die Seun van die Mens nie gouer as daardie tyd sal wees nie.

18 Watter vlak van aintelligensie ons ook al in hierdie lewe bereik, sal met ons verrys in die bopstanding.

19 En indien ’n persoon meer akennis en intelligensie verwerf in hierdie lewe deur sy bywer en cgehoorsaamheid as ’n ander, sal hy soveel meer dvoordeel hê in die komende wêreld.

20 Daar is ’n awet, onherroeplik uitgevaardig in die hemel bvoor die grondlegging van die wêreld, waarop alle cseëninge gegrond is—

21 En wanneer ons enige seëning van God ontvang, is dit deur gehoorsaamheid aan daardie wet waarop dit gegrond is.

22 Die aVader het ’n bliggaam van vlees en been so tasbaar soos die mens s’n; die Seun ook; maar die cHeilige Gees het nie ’n liggaam van vlees en been nie, maar is ’n persoon van Gees. Indien dit nie so was nie, sou die Heilige Gees nie in ons kon woon nie.

23 ’n Mens mag die aHeilige Gees ontvang, en dit mag op hom neerdaal en nie met hom vertoef nie.