Skrifture
Faksimilee 2


’n Faksimilee vanuit die Boek van Abraham

No. 2

Beeld
Faksimilee 2

Verduideliking

Fig. 1. Kolob, wat die eerste skepping aandui, naaste aan die selestiale, of die woning van God. Eerste in regering, die laaste betreffende die berekening van tyd. Die berekening volgens selestiale tyd, welke selestiale tyd een dag tot ’n el verteenwoordig. Een dag in Kolob is gelyk aan ’n duisend jaar volgens die berekening van hierdie aarde, wat deur die Egiptenare Jah-oh-ê genoem word.

Fig. 2. Staan langs Kolob, wat deur die Egiptenare Oliblisj genoem word, wat die volgende hoofbeherende skepping is naby die selestiale of die plek waar God woon; en hou ook die sleutel van mag, betreffende ander planete; soos geopenbaar deur God aan Abraham, terwyl hy ’n offerande geoffer het op ’n altaar wat hy vir die Here gebou het.

Fig. 3. Is gemaak om God voor te stel, sittende op sy troon, beklee met mag en gesag; met ’n kroon van ewige lig op sy hoof; stel ook van die groot Sleutelwoorde van die Heilige Priesterskap voor, soos geopenbaar aan Adam in die Tuin van Eden, so ook aan Set, Noag, Melgisédek, Abraham en almal aan wie die Priesterskap geopenbaar is.

Fig. 4. Is gelyk aan die Hebreeuse woord Raukeejang, wat hemel beteken, of die uitspansel van die hemele; ook ’n numeriese getal in Egipties wat eenduisend aandui; is volgens die berekening van tyd van Oliblisj, wat gelyk is aan Kolob in sy omwenteling en in sy berekening van tyd.

Fig. 5. Word in Egipties Enisj-ghô-on-dosj genoem; dit is ook een van die beherende planete, en word deur die Egiptenare as die Son beskou, en om sy lig van Kolob te leen deur middel van Kae-e-wanrasj, wat die groot Sleutel, of, met ander woorde, die beherende mag is, wat vyftien ander vaste planete of sterre beheer, asook Floëse of die Maan, die Aarde en die Son in hulle jaarlikse omwentelings. Hierdie planeet ontvang sy krag deur middel van Kli-flos-is-es, of Hah-ko-kau-bim, die sterre word voorgestel deur nommers 22 en 23, wat lig ontvang van die omwentelings van Kolob.

Fig. 6. Stel hierdie aarde voor met sy vier hoeke.

Fig. 7. Stel God voor, sittende op sy troon, en deur die hemele die groot Sleutelwoorde van die Priesterskap openbaar; asook, die teken van die Heilige Gees aan Abraham, in die vorm van ’n duif.

Fig. 8. Bevat geskrifte wat nie aan die wêreld geopenbaar kan word nie; maar kan in die Heilige Tempel van God verkry word.

Fig. 9. Behoort nie op die huidige tydstip geopenbaar te word nie.

Fig. 10. Net so.

Fig. 11. Net so. Indien die wêreld hierdie simbole kan ontsyfer, laat dit so wees. Amen.

Figure 12, 13, 14, 15, 16, 17, 18, 19, 20, en 21 sal gegee word op die Here se eie bepaalde tyd.

Bogenoemde vertaling word gegee in soverre ons enige reg het om dit te gee op die huidige tydstip.