Skrifture
Faksimilee 3


’n Faksimilee van die Boek van Abraham

No. 3

Beeld
Faksimilee 3

Verduideliking

Fig. 1. Abraham sittende op Farao se troon, deur die goedgunstigheid van die koning, met ’n kroon op sy hoof, wat die Priesterskap voorstel as simbolies van die groot Presidensie in die Hemel; met die septer van geregtigheid en oordeel in sy hand.

Fig. 2. Koning Farao, wie se naam in die karakters bo sy hoof gegee word.

Fig. 3. Dit beteken Abraham in Egipte soos ook gegee is in Figuur 10 van Faksimilee No. 1.

Fig. 4. Prins van Farao, Koning van Egipte, soos geskryf bo die hand.

Fig. 5. Sjulem, een van die koning se hoofkelners, soos voorgestel deur die karakters bo sy hand.

Fig. 6. Olimla, ’n slaaf wat aan die prins behoort.

Abraham in bespreking oor die beginsels van Sterrekunde, in die koning se hof.