Skrifture
Abraham 5


Hoofstuk 5

Die Gode voltooi hulle beplanning van die skepping van alle dinge—Hulle bring die Skepping te weeg volgens hulle planne—Adam gee elke lewende skepsel ’n naam.

1 En so sal ons die hemele en die aarde voltooi, en al hulle leërskare.

2 En die Gode het onder hulleself gesê: In die asewende periode sal ons ons werk beëindig, waaroor ons beraadslaag het; en ons sal in die sewende periode rus van al ons werk waaroor ons beraadslaag het.

3 En die Gode het in die sewende periode voltooi, omdat hulle sou arus in die sewende periode van al hulle werke waaroor hulle (die Gode) onder hulleself beraadslaag het om te vorm; en dit bgeheilig. En so was hulle besluite op die tydstip toe hulle onder hulleself beraadslaag het om die hemele en die aarde te formeer.

4 En die Gode het neergedaal en hierdie geslagte van die hemele en die aarde geformeer in die dag wat die Gode die aarde en die hemele geformeer het.

5 In ooreenstemming met alles wat hulle gesê het betreffende elke plant van die veld avoordat dit in die aarde was, en elke kruid van die veld voordat dit gegroei het; want die Gode het dit nie laat reën op die aarde toe hulle geraadpleeg het om hulle te skape nie, en het nie ’n man geformeer om die grond te bewerk nie.

6 Maar daar het ’n mis opgegaan van die aarde, en het die hele aangesig van die aarde benat.

7 En die aGode het ’n man van die bstof van die aarde geformeer, en sy cgees geneem (dit is, die man se gees), en het dit in hom geplaas; en het in sy neusgate die asem van die lewe geblaas, en die man het ’n lewende dsiel geword.

8 En die Gode het ’n tuin geplant, ooswaarts in aEden, en daar het hulle die man geplaas, wie se gees hulle in die liggaam geplaas het wat hulle geformeer het.

9 En uit die grond het die Gode elke boom laat groei wat aangenaam is om te sien en goed vir voedsel; die aboom van die lewe, ook, in die middel van die tuin, en die boom van die kennis van goed en kwaad.

10 Daar was ’n rivier wat uit Eden gevloei het, om die tuin water te gee, en vandaar het dit verdeel en het vier vertakkings geword.

11 En die Gode het die man geneem en hom in die Tuin van Eden geplaas, om dit te bewerk en te versorg.

12 En die Gode het die man gebied, en gesê: Van elke boom van die tuin mag jy vryelik eet,

13 Maar van die boom van kennis van goed en kwaad, sal jy nie eet nie; want op die dag wat jy daarvan eet, sal jy sekerlik sterwe. Nou ek, Abraham, het gesien dat dit volgens die Here se atyd was, wat volgens die tyd van bKolob was; want tot dusver het die Gode nie aan Adam sy berekening toegewys nie.

14 En die Gode het gesê: Laat ons ’n paslike hulp vir die man maak, want dit is nie goed dat die man alleen moes wees nie, daarom sal ons ’n paslike hulp vir hom maak.

15 En die Gode het ’n diepe slaap oor aAdam laat val; en hy het geslaap, en hulle het een van sy ribbes geneem, en het met vlees in die plek daarvan toegemaak;

16 En van die ribbebeen wat die Gode van die man geneem het, het hulle ’n avrou geformeer, en haar na die man geneem.

17 En Adam het gesê: Dit was been van my gebeente, en vlees van my vlees; nou sy sal Vrou genoem word, omdat sy uit die man geneem is;

18 Daarom sal ’n man sy vader en sy moeder verlaat, en sal aan sy vrou akleef; en hulle sal been vlees wees.

19 En hulle was albei naak, die man en sy vrou, en was nie skaam nie.

20 En uit die grond het die Gode elke dier van die veld geformeer, en elke voël van die lug; en hulle na Adam gebring om te sien wat hy hulle sou noem; en wat Adam elke lewende skepsel ook al genoem het, dit moes die naam daarvan wees.

21 En Adam het name gegee aan al die vee, aan die voëls van die lug, aan elke dier van die veld; en vir Adam is daar ’n paslike hulp vir hom gevind.