Joseph Smith—Geskiedenis 1
    Footnotes

    Joseph Smith—Geskiedenis

    Uittreksels van die Geskiedenis van Joseph Smith, die Profeet

    Hoofstuk 1

    Joseph Smith vertel van sy afkoms, familielede en hulle vroeëre woonplekke—’n Ongewone opgewondenheid oor godsdiens heers in westelike New York—Hy neem hom voor om na wysheid te soek soos aangeraai deur Jakobus—Die Vader en die Seun verskyn, en Joseph word tot sy profetiese bediening geroep. (Verse 1–20.)

    1 As gevolg van die talle gerugte wat in omloop geplaas is deur boosaardige en listige persone ten opsigte van die aopkoms en vooruitgang van bDie Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, alles wat beplan is deur die opstokers daarvan om aan haar karakter as ’n Kerk en haar vooruitgang in die wêreld afbreuk te doen—is ek oorreed om hierdie geskiedenis te skryf, om die openbare opinie reg te stel, en alle soekers na die waarheid in besit te plaas van die feite, soos hulle plaasgevind het, ten opsigte van beide myself en die Kerk, in soverre ek sodanige feite in my besit het.

    2 In hierdie geskiedenis sal ek die onderskeie gebeure ten opsigte van hierdie Kerk, in waarheid en regverdigheid, soos hulle plaasgevind het, of soos hulle tans bestaan, beskryf, en dit is nou [1838] die agtste jaar sedert die aorganisasie van die Kerk.

    3 aEk is gebore in die jaar van ons Here eenduisend agthonderd en vyf, op die drie en twintigste dag van Desember, in die dorp Sharon, Windsor-distrik, Staat Vermont. … My vader, bJoseph Smith, Snr., het die Staat Vermont verlaat en na Palmyra verhuis, Ontario (nou Wayne)-distrik, in die staat New York, toe ek in my tiende jaar was, of daaromtrent. Ongeveer vier jaar na my vader se aankoms in Palmyra, het hy saam met sy gesin na Manchester in dieselfde Ontario-distrik verhuis—

    4 Sy familie het bestaan uit elf siele, naamlik my vader, aJoseph Smith; my bmoeder, Lucy Smith (wie se van voor haar huwelik Mack was, dogter van Solomon Mack); my broers cAlvin (wat op 19 November 1823 oorlede is, in sy 26ste lewensjaar), dHyrum, ek, eSamuel Harrison, William, Don Carlos; en my susters Sophronia, Catherine en Lucy.

    5 Een of ander tyd in die tweede jaar na ons verhuising na Manchester was daar in die plek waar ons gewoon het, ’n ongewone opgewondenheid oor die onderwerp van godsdiens. Dit het begin met die Metodiste, maar het spoedig algemeen geword onder al die sektes in daardie streek van die land. Trouens, die hele distrik van die land is klaarblyklik daardeur geraak, en groot skares het hulle verenig met die verskillende godsdienstige partye, wat ’n nie geringe beroering en verdeling onder die mense veroorsaak het, sommige het geroep, “aKyk, hier!” en ander, “Kyk daar!” Sommiges het hulle beywer vir die Metodistiese geloof, sommige vir die Presbiteriane, en sommige vir die Baptiste.

    6 Want, nieteenstaande die groot liefde wat die bekeerlinge tot hierdie verskillende gelowe uitgespreek het ten tye van hulle bekering, en die groot ywer geopenbaar deur die onderskeie predikers wat bedrywig was in die organisering en bevordering van hierdie buitengewone godsdienstige gevoel, sodat almal bekeer mag word, soos hulle dit graag wou noem, laat hulle aansluit by welke sekte hulle wil; tog, toe die bekeerlinge begin het om af te val, sommige na een party en sommige na ’n ander, is dit opgemerk dat die skynbare goeie gevoelens van beide die priesters en die bekeerlinge meer voorwendsel as eg was; want ’n toneel van groot verwarring en kwade gevoelens het ontstaan—priester het met priester gestry, en bekeerling met bekeerling; sodat al hulle goeie gesindheid teenoor mekaar, indien hulle ooit enige gehad het, geheel en al verlore was in ’n astryd van woorde en ’n onenigheid oor opinies.

    7 Ek was in my vyftiende jaar op hierdie stadium. My vader se gesin is tot die Presbiteriaanse geloof bekeer, en vier van hulle het by daardie kerk aangesluit, naamlik my moeder, Lucy; my broers Hyrum en Samuel Harrison; en my suster Sophronia.

    8 Gedurende hierdie tyd van groot opgewondenheid is my gedagtes opgeroep tot ernstige nadenke en groot onrustigheid; maar alhoewel my gevoelens diep en dikwels intens was, tog het ek my afgesonder van al hierdie partye, alhoewel ek verskeie van hulle vergaderings bygewoon het so dikwels as wat omstandighede toegelaat het. Met verloop van tyd het my gevoelens begin neig na die Metodiste sekte, en ek het ’n begeerte gevoel om met hulle verenig te word; maar só groot was die verwarring en onenigheid onder die verskillende kerkgenootskappe, dat dit onmoontlik was vir ’n jong persoon soos ek en so onbekend met mense en dinge, om tot enige sekere gevolgtrekking te kom oor wie reg en wie verkeerd was.

    9 My gedagtes was by tye grootliks opgewonde, die geskree en rumoer was so luid en onophoudelik. Die Presbiteriane was baie gekant teen die Baptiste en Metodiste, en het al die magte van beide rede en drogredenering om hulle foute uit te wys, gebruik, of, ten minste, om die mense te laat dink dat hulle gefouteer het. Aan die ander kant het die Baptiste en Metodiste op hulle beurt net so geesdriftig gepoog om hulle eie leerstellings te vestig en alle ander te weerlê.

    10 Te midde van hierdie woordeoorlog en gerumoer van opinies, het ek dikwels vir myself gesê: Wat moet gedoen word? Wie van al hierdie partye is areg; of, is hulle almal saam verkeerd? Indien een van hulle reg is, watter een is dit en hoe sal ek dit weet?

    11 Terwyl ek gearbei het onder die uitermatige bekommernis veroorsaak deur die argumente van hierdie partye van godsdiensyweraars, was ek eendag besig om die Sendbrief van Jakobus te lees, eerste hoofstuk en vyfde vers, wat as volg lui: Indien enige van julle wysheid kortkom, laat hom vir God vra, wat vryelik aan alle mense gee, en nie verwyt nie; en dit sal hom gegee word.

    12 Nog nooit het enige skrifgedeelte met meer krag na die hart van ’n mens gekom as wat hierdie op hierdie tydstip na myne gekom het nie. Dit was asof dit met groot krag elke gevoel van my hart binnegedring het. Ek het keer op keer daaroor nagedink, wetende dat indien enige persoon wysheid van God kortkom, was dit ek; want hoe om op te tree het ek nie geweet nie, en tensy ek meer wysheid kon kry as wat ek toe gehad het, sou ek nooit weet nie; want die godsdiensleraars van die verskillende sektes het dieselfde skrifgedeeltes só verskillend ageïnterpreteer dat alle vertroue vernietig is om die saak op te los deur te beroep op die bBybel.

    13 Na ’n tydperk het ek tot die gevolgtrekking gekom dat ek óf in duisternis en verwarring moes bly, of anders moet ek doen soos Jakobus aanraai, dit is, om vir God te vra. Na ’n tydperk het ek tot die besluit gekom om “vir God [te] avra,” en tot die gevolgtrekking gekom dat indien Hy wysheid gee aan hulle wat wysheid kortkom, en vryelik sou gee, en nie verwyt nie, ek mag probeer.

    14 Daarom, in oorstemming hiermee, my besluit om vir God te vra, het ek my afgesonder in die woud om die poging aan te wend. Dit was op die oggend van ’n pragtige, helder dag, vroeg in die lente van agtienhonderd en twintig. Dit was die eerste keer in my lewe dat ek so ’n poging aangewend het, want te midde van al my bekommernisse het ek tot op hede nog nooit die poging aangewend om hardop te abid nie.

    15 Nadat ek my begewe het na die plek waarheen ek vooraf beplan het om te gaan, en nadat ek rondom my gekyk het, en gesien het dat ek alleen was, het ek neergekniel en begin om die begeertes van my hart aan God opgedra. Ek het dit skaars gedoen, toe ek onmiddellik oorweldig is deur een of ander mag wat my totaal oorkom het, en wat so ’n ongelooflike invloed oor my gehad het om my tong te bind sodat ek nie kon praat nie. Dik duisternis het my omhul, en dit het vir my vir ’n ruk gevoel asof ek verdoem is tot skielike vernietiging.

    16 Maar, deur die uitoefening van al my mag om God aan te aroep om my te verlos van die mag van hierdie vyand wat my oorweldig het, en op die presiese oomblik wat ek gereed was om in wanhoop weg te sink en myself oor te gee aan vernietiging—nie aan ’n denkbeeldige verwoesting nie, maar aan die mag van een of ander werklike wese van die onsigbare wêreld wat so ’n wonderbaarlike mag gehad het wat ek nog nooit voorheen gevoel het in enige wese nie—net op hierdie oomblik van groot ontsteltenis, het ek ’n bligpilaar reg bo my hoof gesien, bo die helderheid van die cson, wat geleidelik neergedaal het tot dit op my geval het.

    17 Dit het skaars verskyn, toe ek myself verlos gevoel het van die vyand wat my gebonde gehou het. Toe die lig op my rus, het ek atwee Persone bgesien, wie se helderheid en cheerlikheid alle beskrywing oorskry, wat bo my in die lug staan. Een van hulle het met my gespreek, en my op die naam genoem en gesê, terwyl Hy na die ander gewys het—Dit is my dGeliefde eSeun. Hoor Hom!

    18 My doel om te gaan anavraag doen by die Here was om te weet watter van al die sektes reg was, sodat ek mag weet by watter een ek moes aansluit. Ek het skaars, derhalwe, beheer verkry oor myself, om in staat te wees om te praat, toe vra ek die Persone wat bo my in die lug gestaan het watter van al die sektes reg was (want op hierdie tydstip het dit nooit in my hart opgekom dat almal verkeerd was nie)—en by watter een ek moes aansluit.

    19 Ek is geantwoord dat ek by geen van hulle moes aansluit nie, want hulle was almal averkeerd; en die Persoon wat my aangespreek het, het gesê dat al hulle leringe ’n gruwel in sy oë was; dat daardie belyers almal korrup was; dat: “hulle bnader My met hulle lippe, maar hulle charte is ver van My, hulle onderrig vir dleerstellings die gebooie van mense, en het ’n eskyn van goddelikheid, maar verloën die mag daarvan.”

    20 Hy het my weer verbied om by enigeen van hulle aan te sluit; en baie ander dinge het Hy vir my gesê, wat ek nie op hierdie tydstip kan skryf nie. Toe ek weer tot myself gekom het, het ek myself op my rug bevind, en in die hemel opkyk. Nadat die lig verdwyn het, het ek geen krag gehad nie; maar spoedig nadat ek tot ’n mate herstel het, het ek huis toe gegaan. Terwyl ek teen die kaggel geleun het, het moeder navraag gedoen oor wat die probleem was. Ek het geantwoord, “Moenie bekommer nie, alles is in orde—dit gaan redelik goed.” Ek het toe vir my moeder gesê, “Ek het vir myself vasgestel dat Presbiterianisme nie waar is nie.” Dit blyk dat die ateenstander bewus was, op ’n baie vroeë stadium van my lewe, dat ek bestem was om ’n versteurder en ’n ontstigter van sy koninkryk te wees; anders, waarom sou die magte van die duisternis saamspan teen my? Waarom die bteenstand en vervolging wat teen my ontstaan het, feitlik in my kinderjare?

    Sommige predikers en ander belyers van godsdiens verwerp die verslag van die Eerste Visioen—Vervolging word op Joseph Smith gestapel—Hy getuig van die waarheid van die visioen. (Verse 21–26.)

    21 ’n Paar dae nadat ek hierdie avisioen gehad het, was ek toevallig in die geselskap van een van die Metodiste predikers wat baie aktief was in die bogenoemde godsdienstige opwinding; oor die onderwerp van godsdiens, en het ek die geleentheid gebruik om hom ’n verslag te gee van die visioen wat ek gehad het. Ek was grootliks verbaas oor sy gedrag; hy het nie net my mededeling ligtelik opgeneem nie, maar met groot minagting, en het gesê dat alles van die duiwel is, dat daar nie sulke dinge soos bvisioene of copenbarings in hierdie dae was nie; dat alle sulke dinge opgehou het met die apostels, en dat daar nooit meer van hulle sou wees nie.

    22 Ek het egter gou gevind dat my vertelling van die gebeure ’n groot mate van vooroordeel opgewek het teen my onder die belyers van godsdiens, en was die oorsaak van groot avervolging, wat aangehou het om toe te neem; en alhoewel ek ’n bonbekende seun was, slegs tussen veertien en vyftien jaar van ouderdom, en my omstandighede in die lewe sodanig om ’n seun van geen belang in die wêreld te maak, tog sou vooraanstaande mans genoegsame kennis neem om die openbare gevoel teen my op te wek, en ’n bittere vervolging te ontketen; en dit was algemeen onder al die sektes—almal het verenig om my te vervolg.

    23 Dit het tóé ernstige nadenke by my veroorsaak, en sedertdien dikwels, hoe vreemd dit was dat ’n onbekende seun, ’n bietjie ouer as veertien jaar, en ook een wat gedoem was om ’n skrale heenkome te verkry deur sy daaglikse arbeid, as ’n individu van genoegsame belang beskou sou word om die aandag te trek van die grotes van die mees gewilde sektes van die dag, en op ’n wyse om in hulle ’n gees te skep van die bitterste vervolging en kwaadsprekery. Maar vreemd of nie, dit was so, en dit was dikwels die oorsaak van groot droefheid vir my.

    24 Nieteenstaande, dit was nietemin ’n feit dat ek ’n visioen gesien het. Ek het sedertdien gedink dat ek baie soos aPaulus gevoel het, toe hy homself voor Koning Ágrippa bverdedig het, en die beskrywing van die visioen wat hy gehad het toe hy ’n lig gesien het, en gehoor het; maar tog was daar net ’n paar wat hom geglo het; sommige het gesê dat hy oneerlik was, ander het gesê dat hy mal was; en hy is bespot en beledig. Maar dit alles het nie die werklikheid van sy visioen vernietig nie. Hy het ’n visioen gesien, hy weet hy het, en al die vervolging onder die hemel kon dit nie anders maak nie; en alhoewel hulle hom sou vervolg tot die dood toe, tog het hy geweet, en sou weet tot sy laaste asem, dat hy beide ’n lig gesien en ’n stem gehoor het wat tot hom gespreek het, en die hele wêreld kon hom nie anders laat dink of glo nie.

    25 So was dit met my. Ek het werklik ’n lig gesien; en te midde van daardie lig het ek twee aPersone gesien, en Hulle het werklik met my gespreek; en alhoewel ek gehaat en vervolg is omdat ek gesê het dat ek ’n visioen gesien het, tog is dit waar; en terwyl hulle besig was om my te vervolg, en my te beledig en allerlei booshede valslik teen my gespreek het omdat ek so gesê het, is ek in my hart gelei om te sê: Waarom my vervolg omdat ek die waarheid vertel? Want ek het werklik ’n visioen gesien; en wie is ek dat ek God kan weerstaan, of hoekom dink die wêreld dat hulle my kan laat ontken wat ek werklik gesien het? Ek hét ’n visioen gesien; ek het dit geweet, en ek het geweet dat God dit weet, en ek kon dit nie bontken nie; nóg het ek gewaag om dit te doen; ten minste het ek geweet dat deur dit te doen, sou ek God aanstoot gee, en onder veroordeling kom.

    26 Ek het nou vrede in my gemoed gehad sover dit die sektariese wêreld aangaan—dat dit nie my plig was om by enigeen van hulle aan te sluit nie, maar om voort te gaan soos ek gedoen het, tot verdere opdrag. Ek het bevind dat die agetuienis van Jakobus waar was—dat ’n mens wat wysheid kortkom, God mag vra, en verkry, en nie verwyt word nie.

    Moroni verskyn aan Joseph Smith—Joseph se naam sal ten goede en ten kwade bekend wees onder alle nasies—Moroni vertel vir hom van die Boek van Mormon en van die komende oordele van die Here en haal baie skrifture aan—Die wegsteekplek van die goue plate word geopenbaar—Moroni hou aan om die Profeet te onderrig. (Verse 27–54.)

    27 Ek het voortgegaan om my normale lewenstake te verrig tot die een en twintigste September eenduisend agt honderd drie en twintig, en het die hele tyd hewige vervolging aan die hande van alle klasse mense gely, beide godsdienstig en nie-godsdienstig, omdat ek volgehou het om te bevestig dat ek ’n visioen gesien het.

    28 Gedurende die tydperk wat gestrek het tussen die tyd wat ek die visioen gehad het en die jaar eenduisend agt honderd drie en twintig—omdat ek verbied was om by enige van die godsdienstige sektes van die dag aan te sluit, en omdat ek nog baie jonk was, en vervolg is deur diegene wat my vriende behoort te gewees en my goed moes behandel het, en indien hulle veronderstel het dat ek bedrieg is, om op ’n behoorlike en liefdevolle wyse te poog om my terug te wen—is ek blootgestel aan allerlei soorte aversoekings; en, terwyl ek gemeng het met alle soorte mense, het ek dikwels verval in talle dwase foute, en die swakheid van die jeug geopenbaar, en die onvolmaakthede van die menslike aard; wat, ek jammer is om te sê, my gelei het na verskeie versoekings, aanstootlik in die oë van God. Deur die maak van hierdie bekentenis hoef niemand te veronderstel dat ek skuldig was aan enige groot of boosaardige sondes nie. ’n Neiging om dit te pleeg was nooit in my aard nie. Maar ek was skuldig aan ligsinnigheid, en was somtyds vereenselwig met plesierige geselskap, ens., nie ooreenkomstig met daardie karakter wat gehandhaaf behoort te word deur een wat deur God bgeroepe is soos ek was nie. Maar dit sal nie baie vreemd wees vir enigeen wat my jeugjare onthou, en bekend is met my natuurlike opgewekte temperament nie.

    29 As gevolg van hierdie dinge het ek dikwels veroordeel gevoel oor my swakhede en onvolmaakthede; toe, op die aand van bogenoemde een en twintigste September, nadat ek my na my bed gewend het vir die nag, het ek myself in agebed en smekinge bevind tot Almagtige God om vergifnis van al my sondes en dwaashede, en ook vir ’n openbaring aan my, dat ek mag weet van my toestand en stand voor Hom; want ek het volle vertroue om ’n goddelike openbaring te ontvang, aangesien ek voorheen een gehad het.

    30 Terwyl ek so besig was om God aan te roep, het ek bewus geword van ’n lig wat in my kamer verskyn, wat aangehou het om helderder te word totdat die kamer helderder was as op die middaguur, toe ’n apersoon onmiddellik langs my bed verskyn, en in die lug gestaan het, want sy voete het nie die vloer geraak nie.

    31 Hy het ’n los kleed van onoortrefbare awitheid aangehad. Dit was ’n witheid bó enigiets aards wat ek ooit gesien het; nóg glo ek dat enige aardse ding so onoortrefbaar wit en helder gemaak kon word. Sy hande was ontbloot, en sy arms ook ’n bietjie bo die gewrig; so, ook, was sy voete ontbloot, net so sy bene, ’n bietjie bo die enkels. Sy hoof en nek was ook onbedek. Ek kon ook waarneem dat hy geen ander kleding aangehad het nie behalwe hierdie kleed, aangesien dit oop was, sodat ek by sy boesem kon insien.

    32 Nie net was sy kleed uitermate wit nie, maar sy hele liggaam was onbeskryflik aglansryk, en sy gelaat waarlik soos die bweerlig. Die kamer was uitermate lig, maar nie so baie helder as onmiddellik rondom sy liggaam nie. Toe ek eers na hom gekyk het, was ek cbevrees; maar die vrees het my spoedig verlaat.

    33 Hy het my by die anaam genoem en vir my gesê dat hy ’n boodskapper was, vanuit die teenwoordigheid van God aan my gestuur, en dat sy naam Moroni is; dat God ’n werk vir my gehad het om te doen; en dat my naam ten goede en ten kwade bekend sal wees onder alle nasies, stamme en tale; of dat beide goed en kwaad van my naam gespreek sal word onder alle volke.

    34 Hy het gesê dat daar ’n aboek weggebêre is, geskryf op bgoue plate, wat ’n kroniek gee van die voormalige inwoners van hierdie kontinent, en die bron is vanwaar hulle ontspring het. Hy het ook gesê dat die cvolheid van die ewigdurende Evangelie daarin vervat is, soos gespreek deur die Saligmaker aan die antieke inwoners;

    35 Ook, dat daar twee stene was in silwer boë—en hierdie stene, wat geheg was aan ’n aborsplaat, het uitgemaak wat die bUrim en Tummim genoem word—weggebêre saam met die plate; en die besit en gebruik van hierdie stene was wat c“sieners” uitgemaak het in antieke of vroeëre tye; en dat God hulle voorberei het vir die doel om die boek te vertaal.

    36 Nadat hy hierdie dinge vir my vertel het, het hy begin om die profesieë van die aOu Testament aan te haal. Hy het eerstens die eerste deel van die bderde hoofstuk van Maleági aangehaal; en hy het ook die vierde of laaste hoofstuk van dieselfde profesie aangehaal, dog met ’n klein afwyking van die wyse waarop dit in ons Bybel geskryf is. Hy het, in plaas van om die eerste vers aan te haal soos dit in ons boeke voorkom, dit as volg aangehaal:

    37 Want kyk, die adag kom wat sal bbrand soos ’n oond, en al die hoogmoediges, ja, en almal wat boos optree sal brand soos cstoppels; want hulle wat kom, sal hulle brand, sê die Here van die Leërskare, dat dit hulle nóg wortel nóg tak sal oorlaat.

    38 En verder, het hy die vyfde vers as volg aangehaal: Kyk, Ek sal die aPriesterskap aan julle openbaar, deur die hand van bElía die profeet, voor die koms van die groot en vreeslike dag van die Here.

    39 Hy het ook die volgende vers verskillend aangehaal: En Hy sal in die harte van die kinders die abeloftes plant wat aan die vaders gemaak is, en die harte van die kinders sal na hulle vaders bgekeer word. Indien dit nie so was nie, sou die hele aarde heeltemal vernietig word by sy koms.

    40 Bykomstig tot hierdie het hy die elfde hoofstuk van Jesaja aangehaal, en gesê dat dit op die punt was om vervul te word. Hy het ook die derde hoofstuk van Handelinge aangehaal, twee en twintigste en drie en twintigste verse, presies soos dit staan in ons Nuwe Testament. Hy het gesê dat daardie aprofeet Christus is; maar die dag het nog nie gekom wanneer “hulle wat nie sy stem wil hoor nie, bafgesny sal word van onder die volk,” maar sou gou kom.

    41 Hy het ook die atweede hoofstuk van Joël aangehaal, van die agt en twintigste vers tot die laaste. Hy het ook gesê dat dit nog nie vervul was nie, maar sou spoedig wees. En hy het verder verklaar dat die volheid van die bnie-Jode binnekort sou aanbreek. Hy het baie ander skrifgedeeltes aangehaal en baie verklarings gegee wat nie hier genoem kan word nie.

    42 Verder, hy het vir my vertel, dat wanneer ek daardie plate gekry het waarvan hy gespreek het—want die tyd wanneer hulle verkry sou word was nog nie vervul nie—mag ek hulle nie aan enigeen wys nie; nóg die borsplaat met die Urim en Tummim; slegs aan diegene aan wie ek gebied sou word om hulle te wys; indien ek dit doen, sal ek vernietig word. Terwyl hy met my gesprek gevoer het aangaande die plate, is die visioen aan my averstand geopen sodat ek die plek kon sien waar die plate weggebêre was, en dit was so helder en duidelik dat ek die plek weer geken het toe ek dit besoek het.

    43 Na hierdie mededeling, het ek die lig in die kamer gesien wat onmiddellik begin het om saam te trek rondom die persoon van hóm wat met my gespreek het, en dit het voortgeduur om so te doen totdat die kamer weer donker gelaat is, behalwe net rondom hom; toe ek oombliklik, as’t ware ’n skag sien oopmaak reguit na die hemel, en hy het opgevaar totdat hy heeltemal verdwyn het, en die kamer is gelaat soos dit was voor hierdie hemelse lig sy verskyning gemaak het.

    44 Ek het gelê en peins oor die eienaardigheid van die toneel, en grootliks verwonder oor wat aan my vertel is deur hierdie buitengewone boodskapper; toe, te midde van my abepeinsing, het ek skielik bewus geword dat my kamer weer verlig word, en in ’n oomblik, as’t ware, was dieselfde hemelse boodskapper weer langs my bed.

    45 Hy het begin, en weer presies dieselfde dinge meegedeel wat hy gedoen het tydens sy eerste besoek, sonder die minste afwyking; nadat hy dit gedoen het, het hy my vertel van die groot oordele wat oor die aarde kom, met groot verlatenheid deur hongersnood, die swaard en pestilensie; en dat hierdie sware oordele oor die aarde sou kom in hierdie geslag. Nadat hy hierdie dinge meegedeel het, het hy weer opgevaar soos hy voorheen gedoen het.

    46 Só diep was die indrukke op my verstand gemaak teen hierdie tyd, dat die slaap gevlug het van my oë, en ek het gelê, oorweldig deur verbasing oor wat ek beide gesien en gehoor het. Maar wat was my verbasing toe ek weer dieselfde boodskapper langs my bed aanskou, en hom weer hoor dieselfde dinge soos tevore aan my oorvertel of herhaal; en het ’n vermaning bygevoeg, en gesê dat aSatan sal probeer om my te bversoek (as gevolg van die armoedige omstandighede van my vader se familie), om die plate te bekom vir die doel om ryk te word. Dit het hy my verbied en gesê dat ek geen ander oogmerk in gedagte moet hê om die plate te verkry nie, buiten om God te verheerlik, en moet nie beïnvloed word deur enige ander cmotief as om sy koninkryk te bou nie; andersins kon ek hulle nie kry nie.

    47 Na sy derde besoek het hy weer opgevaar na die hemel soos voorheen, en ek was weer gelaat om te peins oor die eienaardigheid van wat ek so pas ervaar het; toe, onmiddellik nadat die hemelse boodskapper van my opgevaar het vir die derde keer, het die haan gekraai, en ek het bemerk dat die dag in aantog was sodat ons besprekings daardie hele nag moes beslaan het.

    48 Kort daarna, het ek uit my bed opgestaan, en, soos gewoonlik, na die noodsaaklike arbeid van die dag gegaan; maar in ’n poging om soos ander kere te werk, het ek besef dat my krag só uitgeput was dat ek geheel en al nie in staat was nie. My vader, wat saam met my gearbei het, het ontdek dat iets met my skort, en vir my gesê om huis toe te gaan. Ek het begin met die bedoeling om na die huis te gaan; maar, terwyl ek probeer het om oor die heining uit die veld waar ons was, te klim, het my krag my heeltemal gefaal, en ek het hulpeloos op die grond geval, en vir ’n tydperk was ek geheel en al onbewus van enigiets.

    49 Die eerste ding wat ek kan onthou, was ’n stem wat met my praat, en my op die naam genoem het. Ek het opgekyk en dieselfde boodskapper bo my kop sien staan, omring deur lig soos voorheen. Hy het toe weer aan my alles vertel wat hy die vorige aand aan my vertel het, en my gebied om na my avader te gaan en hom vertel van die visioen en gebooie wat ek ontvang het.

    50 Ek het gehoorsaam; ek het na my vader teruggekeer in die veld en die hele saak aan hom meegedeel. Hy het my geantwoord dat dit van God was, en vir my gesê om te gaan doen soos gebied deur die boodskapper. Ek het die veld verlaat en na die plek gegaan waar die boodskapper vir my gesê het waar die plate weggebêre was; en as gevolg van die helderheid van die visioen wat ek daaroor gehad het, het ek die plek herken die oomblik toe ek daar aankom.

    51 Naby die dorp Manchester, Ontario-distrik, New York, is daar ’n aheuwel van aansienlike grootte, en die hoogste van enige in die omgewing. Aan die westekant van hierdie heuwel, nie ver van bo nie, onder ’n klip van aansienlike grootte, lê die plate, weggebêre in ’n klipkis. Hierdie klip was dik en rond in die middel aan die bokant, en dunner na die kante, sodat die middelste gedeelte sigbaar was bo die grond, maar die kante reg rondom was bedek met grond.

    52 Nadat ek die grond verwyder het, het ek ’n hefboom verkry wat ek onder die rand van die klip geplaas het, en met ’n bietjie inspanning dit opgelig. Ek het binne-in gekyk en daar het ek inderdaad die aplate gesien, die bUrim en Tummim en die cborsplaat, soos gemeld deur die boodskapper. Die kis waarin hulle gelê het, is gevorm deur klippe teen mekaar in ’n soort sement te lê. In die bodem van die kis was twee klippe dwars in die kis gelê en op hierdie klippe het die plate en ander dinge saam met hulle gelê.

    53 Ek het ’n poging aangewend om hulle uit te haal, maar is verbied deur die boodskapper, en is weer ingelig dat die tyd om hulle voort te bring nog nie aangebreek het nie, nóg sou dit, tot vier jaar van daardie tyd af; maar hy het vir my gesê dat ek na daardie plek moes kom presies een jaar vanaf daardie tyd en dat hy my daar sou ontmoet en dat ek so moes aanhou totdat die tyd sou aanbreek vir die verkryging van die plate.

    54 Ooreenkomstig ek gebied is, het ek aan die einde van elke jaar gegaan en elke keer het ek dieselfde boodskapper daar gevind en het onderrig en inligting van hom ontvang tydens elkeen van ons besprekings, ten opsigte van wat die Here sou doen, en hoe en op watter wyse sy akoninkryk in die laaste dae bestuur moes word.

    Joseph Smith trou met Emma Hale—Hy ontvang die goue plate van Moroni en vertaal sommige van die karakters—Martin Harris toon die karakters en vertaling aan Professor Anthon, wat sê, “Ek kan nie ’n verseëlde boek lees nie.” (Verse 55–65.)

    55 Aangesien my vader se aardse omstandighede baie beperk was, was ons genoodsaak om met ons hande te arbei deur ons vir ’n dagloon en andersins uit te huur, soos ons ’n geleentheid kon kry. Somtyds was ons tuis, en soms elders, en deur voortdurende arbeid was ons in staat om ’n genoegsame inkomste te verkry.

    56 In die jaar 1823 het ’n groot ellende my vader se familie getref met die dood van my oudste broer, aAlvin. In die maand Oktober 1825 het ek my verhuur aan ’n bejaarde heer by die naam van Josiah Stoal, wat in die Chenango-distrik gewoon het, Staat New York. Hy het iets gehoor van ’n silwermyn wat deur die Spanjaarde geopen is in Harmony, Susquehanna-distrik, Staat Pennsilvanië; en het, voor ek my verhuur het aan hom, gedelf om, indien moontlik, die myn te ontdek. Nadat ek vir hom gaan werk het, het hy my, met die res van sy werkslui, geneem om te delf vir die silwermyn, waaraan ek voortgegaan het om te werk vir bykans ’n maand, sonder sukses in ons onderneming en uiteindelik het ek die bejaarde heer oortuig om op te hou om te delf daarna. So het die baie gewilde storie ontstaan dat ek ’n fortuinsoeker was.

    57 Gedurende hierdie tyd wat ek aldus in diens was, was ek gestuur om te loseer by ’n Mnr. Isaac Hale, van daardie plek; dit was daar waar ek vir die eerste keer my vrou (sy dogter), aEmma Hale gesien het. Op 18 Januarie 1827 is ons getroud, terwyl ek nog in die diens van Mnr. Stoal was.

    58 As gevolg van my voortgesette bevestiging dat ek ’n visioen gesien het, het avervolging my steeds gevolg, en my vrou se vader se familie was grootliks gekant teen ons voorgenome huwelik. Ek was derhalwe genoodsaak om haar elders te neem; dus het ons na die huis van landheer Tarbill gegaan waar ons getroud is in South Bainbridge, Chenango-distrik, New York. Onmiddellik na my huwelik het ek Mnr. Stoal se diens verlaat en na my vader gegaan, en vir daardie seisoen saam met hom geboer.

    59 Uiteindelik het die tyd aangebreek om die plate te verkry, die Urim en Tummim en die borsplaat. Op die twee en twintigste dag van September, eenduisend agt honderd sewe en twintig, nadat ek soos gebruiklik aan die einde van nog ’n jaar na die plek gegaan het waar hulle weggebêre was, het dieselfde boodskapper hulle aan my oorhandig met hierdie opdrag: dat ek vir hulle verantwoordelik sou wees; dat indien ek hulle agterlosig sou laat gaan, of deur enige analatigheid van my, ek afgesny sou word, maar indien ek alle pogings sou aanwend om hulle te bbewaar, totdat hy, die boodskapper, sou kom om hulle te haal, hulle beskerm sou wees.

    60 Ek het spoedig die rede uitgevind waarom ek sulke streng bevele gekry het om hulle veilig te hou, en waarom dit was dat die boodskapper gesê dat wanneer ek gedoen het wat van my vereis was van my hand, hy hulle sou kom haal. Skaars was dit bekend dat ek hulle gehad het, of die uiterste pogings is aangewend om hulle van my te neem. Elke plan wat bedink kon word is vir daardie doel gebruik. Die vervolging het bitterder en erger as vantevore geword, en skares was voortdurend op die uitkyk om hulle van my te neem indien moontlik. Maar deur die wysheid van God het hulle veilig gebly in my hande, totdat ek volbring het dít wat van my hand vereis was. Toe, ooreenkomstig die reëlings, het die boodskapper hulle kom haal, en ek het hulle aan hom oorhandig; en hy het hulle in bewaring geneem tot vandag toe; en hy het hulle in sy bewaring tot hierdie dag, synde die tweede dag van Mei, eenduisend agthonderd agt en dertig.

    61 Die opgewondenheid het egter nog steeds voortgeduur, en gerug met haar tienduisend tonge was die hele tyd besig gehou om valshede oor my vader se familie en oor my te versprei. Indien ek ’n duisendste deel van hulle moes vertel, sou dit volumes vul. Die vervolging het egter so ondraaglik geword dat ek genoodsaak was om Manchester te verlaat en saam met my vrou na die Susquehanna-distrik te gaan, in die Staat Pennsilvanië. Terwyl ons voorberei het om te begin—aangesien ons baie arm was en die vervolging só swaar op ons dat daar geen waarskynlikheid was dat ons ooit andersins sou wees nie—te midde van ons ellende het ons ’n vriend gevind in ’n heer genaamd aMartin Harris, wat na ons gekom het en my vyftig dollar gegee het om ons op ons reis te help. Mnr. Harris was ’n inwoner van die Palmyra-woongebied, Wayne-distrik, in die Staat New York, en ’n boer van aansien.

    62 Deur hierdie tydige hulp is ek in staat gestel om die plek van my bestemming in Pennsilvanië te bereik; en onmiddellik na my aankoms daar het ek begin om die karakters van die plate te kopieer. Ek het ’n aansienlike aantal van hulle gekopieer, en deur middel van die aUrim en Tummim het ek sommige van hulle vertaal, wat ek gedoen het tussen die tyd wat ek aangekom het by die huis van my vrou se vader, in Desembermaand, en die daaropvolgende Februarie.

    63 In die loop van hierdie Februariemaand, het die bogenoemde mnr. Martin Harris na ons woning gekom, die karakters wat ek van die plate afgeteken het, geneem en met hulle na die stad New York gegaan. Aangaande wat gebeur het ten opsigte van hom en die karakters, verwys ek na sy eie verslag van die omstandighede, soos hy hulle aan my meegedeel het na sy terugkoms, wat as volg was:

    64 “Ek het na die stad New York gegaan, en die karakters wat vertaal is, tesame met die vertaling daarvan, aan professor Charles Anthon voorgelê, ’n heer bekend vir sy letterkundige prestasies. Professor Anthon het verklaar dat die vertaling korrek was, meer korrek as enige wat hy voorheen gesien vertaal is uit die Egipties. Ek het toe aan hom daardie karakters wat nog nie vertaal is nie, getoon, en hy het gesê dat hulle Egipties, Chaldees, Assiries en Arabies was; en hy het gesê dat hulle egte karakters was. Hy het vir my ’n sertifikaat gegee wat aan die mense van Palmyra verklaar dat hulle egte karakters was en dat die vertaling van hulle wat vertaal is ook korrek is. Ek het die sertifikaat geneem en dit in my sak geplaas, en was net besig om die huis te verlaat toe mnr. Anthon my teruggeroep en my gevra het hoe die jong man uitgevind het dat daar goue plate was in die plek waar hy hulle gevind het. Ek het geantwoord dat ’n engel van God dit aan hom geopenbaar het.

    65 “Hy het toe vir my gesê, ‘Laat my na daardie sertifikaat kyk.’ Ek het dit derhalwe uit my sak gehaal en dit aan hom gegee, en hy het dit geneem en in stukke geskeur en gesê dat daar nie nou so iets is as die bediening van aengele nie, en dat indien ek die plate na hom sou neem, hy dit sou vertaal. Ek het hom ingelig dat ’n gedeelte van die plate bverseël is en dat ek verbied is om hulle te bring. Hy het geantwoord: ‘Ek kan nie ’n verseëlde boek lees nie.’ Ek het hom verlaat en na dr. Mitchell gegaan wat bevestig het wat professor Anthon gesê het ten opsigte van beide die karakters en die vertaling.”

    · · · · · · ·

    Oliver Cowdery dien as skrywer in die vertaling van die Boek van Mormon—Joseph en Oliver ontvang die Aäroniese Priesterskap van Johannes die Doper—Hulle word gedoop, geordineer en ontvang die gees van profesie. (Verse 66–75.)

    66 Op die 5de dag van April 1829 het aOliver Cowdery na my huis gekom, tot op welke tyd ek hom nog nooit gesien het nie. Hy het verklaar dat omdat hy skoolgehou het in die omgewing waar my vader gewoon het, en my vader een van diegene was wat kinders skooltoe gestuur het, het hy vir ’n tydperk by sy huis gaan loseer, en terwyl daar, het die familie aan hom die omstandighede meegedeel van my ontvangs van die plate, en gevolglik het hy by my kom navraag doen.

    67 Twee dae na die aankoms van mnr. Cowdery (op die 7de April), het ek begin om die Boek van Mormon te vertaal, en hy het begin om vir my te skryf.

    · · · · · · ·

    68 Ons het steeds die werk van vertaling voortgesit, toe, in die daaropvolgende maand (Mei 1829), het ons op ’n sekere dag na die woud gegaan om te bid en navraag te doen by die Here ten opsigte van adoop vir die bvergifnis van sondes, wat ons vermeld gevind het in die vertaling van die plate. Terwyl ons aldus besig was, biddend tot en roepend na die Here, het ’n cboodskapper van die hemel neergedaal in ’n dwolk van lig, en nadat hy sy ehande op ons gelê het, het hy ons fgeordineer en gesê:

    69 Aan julle, my medediensknegte, in die Naam van Messias ken ek die aPriesterskap van Aäron toe, wat die sleutels hou van die bediening van engele, en van die evangelie van bekering, en van doop deur onderdompeling vir die vergifnis van sondes; en dit sal nooit weer van die aarde geneem word nie, tot die seuns van bLevi weer ’n offerande offer aan die Here in regverdigheid.

    70 Hy het gesê hierdie Aäroniese Priesterskap het nie die mag vir die oplegging van die hande vir die agawe van die Heilige Gees nie, maar dat dit hierna aan ons toegeken sal word; en hy het ons gebied om te gaan en gedoop te word, en ons opdrag gegee dat ek vir Oliver Cowdery moes doop en dat hy my daarna moes doop.

    71 Dienooreenkomstig het ons gegaan en is gedoop. Ek het hom eerste gedoop en daarna het hy my gedoop—waarna ek my hande op sy hoof gelê het en hom tot die Aäroniese Priesterskap geordineer en daarna het hy sy hande op my hoof gelê en my tot dieselfde Priesterskap geordineer—want so is ons gebied.*

    72 Die boodskapper wat ons besoek het op hierdie geleentheid en hierdie Priesterskap aan ons toegeken het, het gesê dat sy naam Johannes is, dieselfde wat aJohannes die Doper in die Nuwe Testament genoem word, en dat hy onder die leiding van bPetrus, cJakobus en dJohannes optree, wat die esleutels van die fMelgisédekse Priesterskap hou, welke Priesterskap, hy gesê het, mettertyd aan ons toegeken sou word, en dat ek die eerste gOuderling van die Kerk genoem sou word, en hy (Oliver Cowdery) die tweede. Dit was op die vyftiende dag van Mei 1829 wat ons geordineer is onder die hand van hierdie boodskapper en gedoop is.

    73 Onmiddellik nadat ons uit die water opgekom het nadat ons gedoop is, het ons groot en heerlike seëninge van ons Hemelse Vader ervaar. Skaars het ek Oliver Cowdery gedoop, toe het die aHeilige Gees op hom geval, en hy het opgestaan en baie dinge bgeprofeteer wat binnekort bewaarheid sou word. En verder, so gou ek deur hom gedoop is, het ek ook die gees van profesie gehad, en toe, terwyl ek opstaan, het ek geprofeteer aangaande die opkoms van hierdie Kerk, en baie ander dinge wat verband hou met die Kerk, en hierdie geslag van die kinders van mense. Ons is vervul deur die Heilige Gees, en het ons verbly in die God van ons heil.

    74 Omdat ons verstand nou verlig was, het ons begin om die skrifte aan ons abegrip blootgelê te kry, en die bware betekenis en bedoeling van hul meer verborge gedeeltes is aan ons geopenbaar op ’n wyse wat ons nooit voorheen kon bereik, of ooit voorheen aan gedink het nie. In die tussentyd was ons verplig om die omstandighede van die ontvangs van die Priesterskap en ons doop geheim te hou as gevolg van ’n gees van vervolging wat homself reeds gemanifesteer het in die omgewing.

    75 Ons is bedreig deur aanvalle deur bendes, van tyd tot tyd, en dit ook, deur belyers van godsdiens. En hulle bedoelings om ons aan te val is slegs teengewerk deur die invloed van my vrou se vader se familie (onder Goddelike voorsienigheid), wat baie vriendelik teenoor my geword het, en wat gekant was teen bendes, en bereid was dat ek toegelaat mag word om die vertaalwerk voort te sit sonder onderbreking; en derhalwe beskerming aangebied en belowe het teen alle onwettige optredes, in soverre dit in hulle vermoë lê.

    • Oliver Cowdery beskryf hierdie gebeure as volg: “Hierdie was dae wat nooit vergeet sal word nie—om onder die klank te sit van ’n stem wat gedikteer word deur die inspirasie van die hemel, het die uiterste dankbaarheid van hierdie boesem opgewek! Dag na dag het ek voortgegaan, ongesteurd, om van sy mond, soos hy vertaal het met die Urim en Tummim, of, soos die Nefiete sou gesê het, ‘Vertolkers’, die geskiedenis of kroniek genaamd ‘Die Boek van Mormon’ te skryf.

      “Om die interessante kroniek wat deur Mormon en sy getroue seun Moroni gegee is, te noem, selfs in ’n paar woorde, van ’n volk wat eens geliefd en begunstig was deur die hemel, sou my huidige bedoeling oortref; derhalwe sal ek dit tot ’n toekomstige tydperk uitstel, en soos ek in die inleiding gesê het, meer direk oorgaan na ’n paar insidente wat nou verbonde is aan die opkoms van hierdie Kerk, wat onderhoudend kan wees vir enige duisende wat na vore getree het, te midde van die fronse van die bevooroordeeldes en die laster van huigelaars, en die Evangelie van Christus omhels het.

      “Niemand, in hulle nugtere denke, kon die opdragte aan die Nefiete gegee vanuit die mond van die Saligmaker, vertaal en neerskryf oor die presiese wyse waarop die mense sy Kerk moes opbou nie, en veral aangesien korrupsie ’n onsekerheid versprei het oor alle vorme en stelsels in gebruik onder die mensdom, sonder om die voorreg te begeer om die gewilligheid van hart te toon deur begrawe te word in die watergraf, om ’n ‘skoon gewete deur die opstanding van Jesus Christus’ te regverdig.

      “Nadat die kroniek van die Saligmaker se bediening aan die oorblyfsel van die saad van Jakob op hierdie kontinent geskryf is, was dit maklik om te sien, soos die profeet gesê het dit sou wees, dat duisternis die aarde bedek het en digte duisternis die verstand van die mense. Na verdere nadenke was dit maklik om te sien dat, te midde van die groot onenigheid en rumoer aangaande godsdiens, niemand die gesag van God gehad het om die ordinansies van die Evangelie te bedien nie. Want die vraag mag gevra word, het die mens die gesag om te bedien in die Naam van Christus, wat openbarings ontken, wanneer sy getuienis niks minder is as die gees van profesie nie, en sy godsdiens gebaseer, gevestig en onderskraag word deur regstreekse openbarings, in al die eeue van die wêreld wanneer Hy ’n volk op die aarde gehad het? Indien hierdie feite begrawe is, en versigtig verberg is deur mense wie se beroep in gevaar sou wees indien eers toegelaat word om in die gesigte van mense te skyn, was hulle nie langer vir ons nie; en ons net gewag het op die bevel om gegee te word ‘Staan op en word gedoop.’

      “Ons het dit nie lank begeer voor dit verwesenlik is nie. Die Here, wat ryk is in barmhartigheid, en altyd gewillig om die voortdurende gebed van die nederige te verhoor, nadat ons Hom op ’n vurige wyse aangeroep het, weg van die woonplekke van mense, het neergebuig om aan ons sy wil bekend te maak. Skielik, asof van die midde van die ewigheid, het die stem van die Verlosser vrede tot ons gespreek, terwyl die sluier geopen is en die engel van God neergedaal het, beklee met heerlikheid, en die gretig verwagte boodskap afgelewer het, en die sleutels van die Evangelie van bekering. Watter vreugde, watter wonder! Watter verbasing! Terwyl die wêreld gepynig en verward was—terwyl miljoene soos blindes na die muur getas het, en terwyl alle mense gesteun het op onsekerheid, as ’n algemene massa, het ons oë aanskou, ons ore het gehoor, soos die straling van die ‘helderheid van die dag’; ja meer—bó die skittering van die Mei-sonstraal, wat toe sy helderheid uitgestraal het oor die aangesig van die natuur! Toe het sy stem, alhoewel sag, deurgedring tot die binneste, en sy woorde, ‘Ek is julle mededienskneg,’ alle vrees verdryf. Ons het geluister, ons het aanskou, ons het bewonder! Dit was die stem van ’n engel van heerlikheid, dit was ’n boodskap van die Allerhoogste! En soos ons geluister het, het ons ons verbly, terwyl sy liefde ons siele aan die brand gesteek het, en ons toegevou is in die visioen van die Almagtige! Waar was plek vir twyfel? Nêrens; onsekerheid het gevlug, twyfel het weggesink om nooit weer te verrys nie, terwyl valsheid en bedrog vir ewig gevlug het!

      “Maar, liewe broer, dink verder, dink vir ’n oomblik, watter vreugde ons harte gevul het, en tydens daardie verbasing moes ons gebuig het, (want wie sou nie die knie gebuig het vir so ’n seëning nie?) toe ons onder sy hand die Heilige Priesterskap ontvang het toe hy gesê het, ‘Aan julle my medediensknegte, in die Naam van Messias, ken ek hierdie Priesterskap en gesag toe, wat op die aarde sal bly, dat die Seuns van Levi nog ’n offerande mag offer aan die Here in regverdigheid!’

      “Ek sal nie poog om vir julle die gevoelens van hierdie hart te skilder nie, nóg die majestueuse skoonheid en heerlikheid wat ons op hierdie geleentheid omring het, maar julle sal my glo wanneer ek sê dat aarde, nóg mense, met die welsprekendheid van tyd, nie kan begin om die taal te klee in so ’n interessante en verhewe wyse soos hierdie heilige persoon nie. Nee; nóg het hierdie aarde die mag om die vreugde te gee, om die vrede te skenk, of die wysheid te begryp wat vervat is in elke sin soos dit gespreek is deur die mag van die Heilige Gees. Die mens mag sy medemens verlei, bedrog mag op bedrog volg en die kinders van die bose een mag die mag hê om die dwase en ongeleerdes te verlei, totdat niks behalwe verdigsel die menigte voed, en die vrug van die valsheid dra in sy stroom die onnadenkendes na die graf; maar een aanraking deur die vinger van sy liefde, ja, een straal van heerlikheid van die bo-wêreld, of een woord van die mond van die Saligmaker, van die boesem van die ewigheid, maak dit onbeduidend, en wis dit vir ewig uit die gedagtes. Die versekering dat ons in die teenwoordigheid van ’n engel was, die sekerheid dat ons die stem van Jesus gehoor het, en die waarheid onbesoedeld soos dit gevloei het van ’n suiwere persoon, beveel deur die wil van God, is vir my bó beskrywing en ek sal vir altyd hierdie uitdrukking van die Saligmaker se goedheid met wonder en danksegging beskou terwyl ek toegelaat word om te vertoef; en in daardie wonings waar volmaaktheid teenwoordig is en die sonde nooit kom nie, hoop ek om Hom te eer op daardie dag wat nooit sal eindig nie.”—Messenger and Advocate, vol. 1 (Oktober 1834), pp. 14–16.