Skrifture
Joseph Smith—Matthéüs 1


Joseph Smith—Matthéüs

’n Uittreksel uit die vertaling van die Bybel soos geopenbaar aan Joseph Smith die Profeet in 1831: Matthéüs 23:39 en hoofstuk 24.

Hoofstuk 1

Jesus voorspel die vernietiging van Jerusalem wat op hande is—Hy bespreek ook die Tweede Koms van die Seun van die Mens, en die vernietiging van die bose.

1 Want Ek sê vir julle, dat julle My voortaan nie sal sien nie en weet dat Ek Hy is van wie dit geskryf is deur die profete, totdat julle sal sê: Geseënd is Hy wat akom in die Naam van die Here, in die wolke van die hemel, en al die heilige engele met Hom. Toe het sy dissipels begryp dat Hy weer na die aarde sou kom, nadat hy verheerlik en gekroon is aan die regterhand van bGod.

2 En Jesus het uitgegaan en vertrek vanaf die tempel; en sy dissipels het na hom gekom, om Hom te hoor, en gesê: Meester, toon ons aangaande die geboue van die tempel soos U gesê het—Hulle sal neergewerp word, en vir julle verlate gelaat word.

3 En Jesus het vir hulle gesê: Sien julle nie al hierdie dinge nie, en begryp julle hulle nie? Voorwaar Ek sê vir julle daar sal nie hier, op hierdie tempel, een aklip op ’n ander gelaat word wat nie neergewerp sal word nie.

4 En Jesus het hulle verlaat en die aOlyfberg bestyg. En terwyl Hy op die Olyfberg gesit het, het die dissipels alleen na Hom gekom en gesê: Vertel vir ons wanneer al hierdie dinge sal gebeur wat U gesê het aangaande die vernietiging van die tempel, en die Jode; en wat is die bteken van u ckoms, en van die deinde van die wêreld, of die vernietiging van die ebose, wat die einde van die wêreld is?

5 En Jesus het geantwoord, en vir hulle gesê: Wees versigtig sodat niemand julle bedrieg nie.

6 Want baie sal kom in my Naam, en sê—Ek is Christus—en sal baie bedrieg;

7 Dan sal hulle jul oorlewer om averdruk te word, en sal julle doodmaak, en julle sal bgehaat word deur alle nasies, ter wille van my Naam;

8 En dan sal baie tot ’n val kom, en sal mekaar verraai, en sal mekaar haat;

9 En baie vals profete sal opstaan, en sal vele bedrieg;

10 En omdat ongeregtigheid hoogty sal vier, sal die aliefde van vele koud word;

11 Maar hy wat standvastig bly en nie oorwin word nie, hy sal gered word.

12 Wanneer julle, daarom, die agruwel van verwoesting sal sien, waarvan bDaniël die profeet gespreek het, aangaande die vernietiging van cJerusalem, dan sal julle op die dheilige plek staan; wie ook al lees, laat hom verstaan.

13 Laat hulle dan wat in Judéa is, vlug na die aberge;

14 Laat hom wat op die huis se dak is, vlug, en nie terugkeer om enigiets uit sy huis te neem nie;

15 Laat hom wat in die veld is ook nie terugkeer om sy klere te neem nie;

16 En wee hulle wat aswanger is, en diegene wat soog in daardie dae;

17 Daarom, bid julle tot die Here dat julle vlug nie in die winter is nie, nóg op die Sabbatdag;

18 Want dan, in daardie dae, sal daar groot beproewing kom oor die aJode en oor die inwoners van bJerusalem, soos nog nooit voorheen oor Israel gestuur is nie, van God, sedert die begin van hulle koninkryk tot hierdie tyd; nee, nóg sal dit ooit weer oor Israel gestuur word.

19 Alle dinge wat met hulle gebeur het is slegs die begin van die verdriet wat oor hulle sal kom.

20 En tensy daardie dae verkort sou word, sal niks van hulle vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes, ooreenkomstig die verbond, sal daardie dae verkort word.

21 Kyk, hierdie dinge het Ek tot julle gespreek aangaande die Jode; en verder, na die beproewing van daardie dae wat oor Jerusalem sal kom, indien enigeen vir julle sal sê, Kyk, hier is Christus, of daar, glo hom nie;

22 Want in daardie dae sal daar ook vals Christusse opstaan, en vals profete, en sal groot tekens en wonders toon, in soverre dat, indien dit moontlik was, hulle selfs die uitverkorenes sou bedrieg, wat die uitverkorenes is ooreenkomstig die verbond.

23 Kyk, Ek spreek hierdie dinge tot julle ter wille van die auitverkorenes; en julle sal ook hoor van boorloë, en gerugte van oorloë; sorg dat julle nie verontrus word nie, want alles wat Ek julle vertel het, moet geskied; maar die einde is nog nie.

24 Kyk, Ek het julle voorheen gesê;

25 Daarom, indien hulle vir julle sal sê: Kyk, Hy is in die woestyn; moenie uitgaan nie: Kyk, Hy is in die binnekamers; glo dit nie;

26 Want soos die lig van die oggend uit die aooste kom, en selfs tot die weste skyn en die hele aarde bedek, so sal die koms van die Seun van die Mens ook wees.

27 En nou toon Ek aan julle ’n gelykenis. Kyk, waar ook al die karkas is, daar sal die arende bymekaar wees; net so sal my uitverkorenes vanuit die vier hoeke van die aarde abymekaargemaak word.

28 En hulle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë.

29 Kyk, Ek spreek ter wille van my uitverkorenes; want nasie sal opstaan teen nasie, en koninkryk teen koninkryk; daar sal ahongersnood wees, en pestilensies, en aardbewings in verskeie plekke.

30 En verder, omdat ongeregtigheid oorvloedig sal wees, sal die liefde van mense verkoel; maar hy wat nie oorweldig sal word nie, hy sal gered word.

31 En verder, hierdie Evangelie van die Koninkryk sal in die hele awêreld gepredik word, as ’n getuienis aan alle nasies, en dan sal die einde kom, of die vernietiging van die goddelose.

32 En verder sal die gruwel van verwoesting waarvan Daniël die profeet gespreek het, vervul word.

33 En onmiddellik na die beproewings van daardie dae, sal die ason verduister word, en die maan sal nie haar lig gee nie, en die sterre sal van die hemel val, en die magte van die hemel sal geskud word.

34 Voorwaar, Ek sê vir julle, hierdie geslag, waarin hierdie dinge getoon sal word, sal nie verbygaan totdat alles wat Ek julle vertel het, vervul sal word nie.

35 Alhoewel die dae sal kom dat die hemel en die aarde sal verbygaan; tog sal my awoorde nie verbygaan nie, maar alles sal vervul word.

36 En, soos Ek voorheen gesê het, na die abeproewings van daardie dae, en die magte van die hemele geskud word, dan sal die teken van die Seun van die Mens verskyn, en dan sal al die stamme van die aarde weeklaag; en hulle sal die Seun van die Mens sien bneerdaal in die wolke van die hemel, met mag en groot heerlikheid;

37 En wie ook al my awoord bewaar, sal nie verlei word nie, want die Seun van die Mens sal kom, en Hy sal sy bengele voor Hom uitstuur met die groot klank van ’n trompet, en hulle sal die res van sy uitverkorenes cbymekaarmaak van die vier windstreke, van die een kant van die hemel tot die ander.

38 Nou, leer ’n gelykenis van die avyeboom—Terwyl sy takke nog sag is, en dit begin blare uitstoot, weet jy dat die somer op hande is;

39 Net so, sal my uitverkorenes, wanneer hulle al hierdie dinge sal sien, sal hulle weet dat Hy naby is, en digby by die deure;

40 Maar van daardie dag, en uur, aweet niemand nie; nee, nie die engele van God in die hemel nie, maar slegs my Vader.

41 Maar soos dit was in die dae van aNoag, so sal dit ook wees by die koms van die Seun van die Mens;

42 Want dit sal met hulle wees, soos dit was in die dae wat voor die avloed was; want tot die dag wat Noag die ark binnegegaan het, was hulle besig om te eet en te drink, te trou en in die huwelik gegee te word;

43 En hulle het nie geweet totdat die vloed gekom het nie, en hulle almal weggeneem het; so ook sal die koms van die Seun van die Mens wees.

44 Dan sal vervul word dit wat geskryf is, dat in die alaaste dae, twee in die veld sal wees, die een sal geneem word, en die ander bagtergelaat word;

45 Twee sal maal by die meule, die een sal geneem word, en die ander agtergelaat word;

46 En wat Ek vir een sê, sê Ek vir alle mense; awaak, daarom, want julle weet nie op watter uur julle Here kom nie.

47 Maar weet dit, indien die heer van die huis geweet het in watter nagwaak die dief sou kom, sou hy gewaak het, en sou nie toelaat dat by sy huis ingebreek word nie, maar sou gereed gewees het.

48 Daarom, wees julle ook gereed, want op so ’n uur wat julle nie dink nie, kom die Seun van die Mens.

49 Wie dan, is ’n agetroue en verstandige dienskneg, wat sy heer heerser gemaak het oor sy diensknegte om hulle voedsel te gee op die gepaste tyd?

50 Geseënd is daardie dienskneg wie se heer, wanneer hy kom, so besig sal vind; en voorwaar Ek sê vir julle, hy sal hom heerser oor al sy goedere maak.

51 Maar as die bose dienskneg in sy hart sal sê: My heer avertraag sy koms,

52 En sal begin om sy medediensknegte te slaan, en om saam met die dronkaards te eet en te drink,

53 Die heer van daardie dienskneg sal op ’n dag kom wanneer hy hom nie verwag nie, en op ’n uur waarvan hy nie bewus is nie,

54 En sal hom in stukke kap, en sal hom sy deel toewys onder die huigelaars; daar sal ’n geween en agekners van tande wees.

55 En so kom die aeinde van die bose, volgens die profesie van Moses, en het gesê: Hulle sal afgesny word van onder die volk; maar die einde van die aarde is nog nie, maar weldra.