Skrifture
Leer en Verbonde 95


Afdeling 95

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Kirtland, Ohio, 1 Junie 1833. Hierdie openbaring is ’n voortsetting van goddelike opdragte om ’n huis te bou vir aanbidding en onderrig, die huis van die Here (sien afdeling 88:119–136).

1–6, Die Heiliges word getugtig omdat hulle gefaal het om die huis van die Here te bou; 7–10, Die Here wil sy huis gebruik om sy volk te begiftig met mag van omhoog; 11–17, Die huis moet toegewy word as ’n plek van aanbidding en vir die skool van die Apostels.

1 Voorwaar, so sê die Here vir julle wat Ek liefhet, en diegene wat Ek liefhet, atugtig Ek ook sodat hulle sondes bvergewe mag word, want met die tugtiging berei Ek ’n weg voor vir hul cverlossing aangaande alle dinge vanuit dversoeking, en Ek het julle liefgehad—

2 Daarom, julle moet noodwendig getugtig word en berispe staan voor my aangesig;

3 Want julle het ’n baie ernstige sonde teen My gesondig, deurdat julle nie die groot gebod in alle dinge in ag geneem het nie, wat Ek aan julle gegee het aangaande die bou van my ahuis;

4 Want die voorbereiding waarmee Ek beplan om my apostels voor te berei om my wingerd vir die laaste maal te asnoei, sodat Ek my bvreemde daad teweeg mag bring, sodat Ek my gees mag cuitstort op alle vlees—

5 Maar kyk, voorwaar Ek sê vir julle, dat daar vele is wat geordineer is onder julle, wat Ek geroep het, maar min van hulle is agekies.

6 Hulle wat nie gekies is nie, het ’n baie ernstige sonde gesondig, deurdat hulle in die aduisternis wandel in die middag.

7 En om hierdie rede het Ek aan julle ’n gebod gegee dat julle jul aplegtige samekoms moet belê sodat julle bvas en julle berou mag opstyg tot in die ore van die Here van cSebaot, wat, as dit vertolk word, die dskepper van die eerste dag is, die begin en die einde.

8 Ja, voorwaar Ek sê vir julle, Ek het aan julle ’n gebod gegee dat julle ’n huis moet bou, in welke huis Ek van plan is om diegene wat Ek gekies het te abegiftig met mag van omhoog;

9 Want dit is die abelofte van die Vader aan julle; daarom gebied Ek julle om te vertoef, net soos my apostels in Jerusalem.

10 Nietemin, my diensknegte het ’n ernstige sonde gesondig; en atwiste het ontstaan in die bskool van die profete; wat vir my baie bedroewend was, sê julle Here; daarom het Ek hulle weggestuur om getugtig te word.

11 Voorwaar Ek sê vir julle, dit is my wil dat julle ’n huis moet bou. Indien julle my gebooie onderhou, sal julle die krag hê om dit te bou.

12 Indien julle nie my gebooie aonderhou nie, sal die bliefde van die Vader nie voortduur in julle nie, daarom sal julle in die duisternis wandel.

13 Nou hier is wysheid, en die wil van die Here—laat die huis gebou word, nie volgens die wyse van die wêreld nie, want Ek gee nie aan julle dat jul sal lewe volgens die wyse van die wêreld nie;

14 Daarom, laat dit gebou word volgens die wyse wat Ek aan drie van julle sal toon, wat julle sal aanstel en ordineer tot hierdie mag.

15 En die grootte daarvan sal vyf en vyftig voet in wydte wees, en laat dit vyf en sestig voet in lengte wees, in die binnehof daarvan.

16 En laat die laer deel van die binnehof aan My toegewy word vir julle nagmaaloffer, en vir julle prediking, en julle vaste, en julle gebede, en die avoorlê van julle heiligste begeertes aan My, sê julle Here.

17 En laat die hoër deel van die binnehof toegewy word aan My vir die skool van my apostels, sê die Seun aAhman; of, met ander woorde, Alphus; of, met ander woorde, Omegus; naamlik Jesus Christus julle bHere. Amen.