Skrifture
Leer en Verbonde 55


Afdeling 55

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan William W. Phelps, te Kirtland, Ohio, 14 Junie 1831. William W. Phelps, ’n drukker, en sy familie het net aangekom in Kirtland, en die Profeet het inligting aangaande hom by die Here gesoek.

1–3, William W. Phelps word geroep en gekies om gedoop te word, om as ouderling geordineer te word, en om die evangelie te preek; 4, Hy moet ook boeke skryf vir kinders in Kerkskole; 5–6, Hy moet reis na Missouri, wat die gebied van sy arbeid sal wees.

1 Kyk, so sê die Here vir jou, my dienskneg William, ja, naamlik die Here van die hele aaarde, jy is geroep en gekies; en nadat jy bgedoop is met water, indien jy dit doen met ’n oog enkel gerig op my heerlikheid, sal jy ’n vergifnis hê van jou sondes en ’n ontvangs van die Heilige Gees deur die oplegging van chande;

2 En dan sal jy geordineer word deur die hand van my dienskneg Joseph Smith, Jr., om ’n ouderling te wees vir hierdie kerk, om bekering te preek en die avergifnis van sondes deur middel van die doop in die Naam van Jesus Christus, die Seun van die lewende God.

3 En op wie ook al jy jou hande sal lê, indien hulle verslae is voor My, sal jy die mag hê om die Heilige Gees te gee.

4 En verder, jy sal geordineer word om my dienskneg Oliver Cowdery by te staan om die drukwerk te doen, en om aboeke te keur en te skryf vir skole in hierdie kerk, sodat klein kindertjies ook onderrig mag ontvang voor My wat My behaag.

5 En verder, voorwaar Ek sê vir jou, om hierdie rede sal jy jou reis onderneem saam met my diensknegte Joseph Smith, Jr., en Sidney Rigdon, dat jy ageplant mag word in die land van jou erfenis om hierdie werk te doen.

6 En verder, laat my dienskneg Joseph Coe ook sy reis saam met hulle onderneem. Die oorblyfsel sal hierna bekendgemaak word, net soos Ek wil. Amen.