Skrifture
Leer en Verbonde 21


Afdeling 21

Openbaring gegee aan Joseph Smith die Profeet, te Fayette, New York, 6 April 1830. Hierdie openbaring is gegee tydens die organisasie van die Kerk, op die genoemde datum, in die tuiste van Peter Whitmer Snr. Ses mans, wat voorheen gedoop is, het deelgeneem. Deur eenparige stem het hierdie persone hul begeerte en vasberadenheid uitgespreek om te organiseer volgens die gebod van God (sien afdeling 20). Hulle het ook gestem om Joseph Smith Jr. en Oliver Cowdery, te aanvaar en te onderskraag as die presiderende beamptes van die Kerk. Deur die oplegging van hande, het Joseph toe vir Oliver geordineer as ’n ouderling van die Kerk, en Oliver het soortgelyk vir Joseph geordineer. Na die bediening van die nagmaal, het Joseph en Oliver hande op die deelnemers afsonderlik gelê vir die skenking van die Heilige Gees en vir die bevestiging van elkeen as ’n lid van die Kerk.

1–3, Joseph Smith word geroep om ’n siener, vertaler, profeet, apostel en ouderling te wees; 4–8, Sy woord sal die saak van Sion lei; 9–12, Die Heiliges sal sy woorde glo wanneer hy deur die Trooster spreek.

1 Kyk, daar sal ’n averslag gehou word onder julle; en daarin sal jy ’n bsiener genoem word, ’n vertolker, ’n profeet, ’n capostel van Jesus Christus, ’n ouderling van die kerk deur die wil van God die Vader, en die genade van julle Here Jesus Christus.

2 aGeïnspireer deur die Heilige Gees om die fondament daarvan te lê, en om dit op te bou tot die allerheiligste geloof.

3 Welke akerk bgeorganiseer is en gevestig is in die jaar van julle Here agttien honderd en dertig, in die vierde maand, en op die sesde dag van die maand wat April genoem word.

4 Daarom, bedoelende die kerk, jy sal ag slaan op al sy awoorde en gebooie wat hy aan julle sal gee soos hy hulle ontvang, wandelend in alle bheiligheid voor my;

5 Want sy awoord sal julle ontvang, asof van my eie mond, in alle geduld en geloof.

6 Want deur hierdie dinge te doen, sal die apoorte van die hel nie seëvier oor julle nie; ja, en die Here God sal die magte van die bduisternis verdryf van voor julle, en die hemele laat cskud tot julle voordeel, en sy Naam se dheerlikheid.

7 Want so sê die Here God: Hom het Ek geïnspireer om die saak van aSion te bevorder met groot krag ten goede, en sy ywer ken Ek, en sy gebede het Ek gehoor.

8 Ja, sy geween vir Sion het Ek gesien, en Ek sal nie toelaat dat hy langer oor haar sal treur nie; want sy dag van verblyding het gekom oor die avergifnis van sondes, en die openbarings van my seëninge op sy werke.

9 Want, kyk, Ek sal al diegene wat in my awingerd arbei, bseën met ’n magtige seëning, en hulle sal sy woorde glo, wat hom gegee word deur My deur die cTrooster, wat dopenbaar dat Jesus egekruisig is deur fsondige mense vir die sondes van die gwêreld, ja vir die vergifnis van sondes vir die hberouvolle hart.

10 Nou is dit my wil dat hy deur jou ageordineer word, Oliver Cowdery, my apostel;

11 Dit synde ’n ordinansie vir jou te wees, dat jy ’n ouderling is onder sy hand, hy synde die aeerste vir jou te wees, sodat jy ’n ouderling mag wees vir hierdie kerk van Christus, wat my Naam dra.

12 En die eerste prediker van hierdie kerk aan die kerk, en voor die wêreld, ja, voor die nie-Jode; ja, en so sê die Here God, sien, sien, ook aan die aJode. Amen.