Skrifture
Leer en Verbonde 83


Afdeling 83

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet, te Independence, Missouri, 30 April 1832. Hierdie openbaring is ontvang terwyl die Profeet in ’n raadsvergadering gesit het met sy broers.

1–4, Vroue en kinders het aanspraak op hulle mans en vaders vir hulle onderhoud; 5–6, Weduwees en wese het aanspraak op die Kerk vir hulle onderhoud.

1 Voorwaar, so sê die Here, bykomend tot die wette van die kerk aangaande vroue en kinders, diegene wat aan die kerk behoort, wat hulle mans of vaders averloor het:

2 Vroue het aaanspraak op hulle mans vir hulle onderhoud, totdat hul mans geneem word; en indien hulle nie oortreders bevind word nie, sal hulle deelgenootskap hê in die kerk.

3 En indien hulle nie getrou is nie, sal hulle nie deelgenootskap hê in die kerk nie; nietemin hulle mag hulle erfenisse behou volgens die wette van die land.

4 Alle akinders het aanspraak op hulle ouers vir hulle onderhoud totdat hulle meerderjarig is.

5 En daarna, het hulle aanspraak op die kerk, of met ander woorde, op die Here se avoorraadskuur, indien hulle ouers nie genoegsaam het om vir hulle erfenisse te gee nie.

6 En die voorraadskuur sal beheer word deur die toewydings van die kerk; en vir die aweduwees en wese sal voorsien word, asook die barmes. Amen.