Skrifture
Leer en Verbonde 128


Afdeling 128

’n Brief van Joseph Smith die Profeet aan die Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae, wat verdere inligting oor die doop vir die dode bevat, gedateer te Nauvoo, Illinois, 6 September 1842.

1–5, Plaaslike en algemene verslaghouers moet verklaar ten opsigte van die feit van dope vir die dode; 6–9, Hulle verslae is bindend en word opgeteken op die aarde en in die hemel; 10–14, Die doopvont is ’n gelykenis van die graf; 15–17, Elía het die mag ten opsigte van die doop vir die dode herstel; 18–21, Al die sleutels, magte, en gesag van vorige tydvakke is herstel; 22–25, Blye en wonderlike tydings word verkondig vir die lewendes en die dode.

1 Soos ek voorheen gesê het in my brief voordat ek my plek verlaat het, dat ek aan julle sou skryf van tyd tot tyd en julle inligting gee ten opsigte van vele onderwerpe, hervat ek nou die onderwerp van die adoop vir die dode, aangesien daardie onderwerp telkens in my gedagtes opkom, en my gevoelens die sterkste aanraak, sedert ek deur my vyande agtervolg word.

2 Ek het ’n paar woorde van openbaring geskryf aan julle aangaande ’n verslaghouer. Ek het ’n paar bykomende gedagtes gehad oor hierdie saak, wat ek nou bevestig. Dit is, in my vorige brief is daar verklaar dat daar ’n averslaghouer moet wees, wat ’n ooggetuie moet wees, en ook om te hoor met sy ore, sodat hy ’n verslag kan maak van die waarheid voor die Here.

3 Nou, met betrekking tot hierdie saak, dit sou baie moeilik wees vir een verslaghouer om ten alle tye teenwoordig te wees, en om al die sake af te handel. Om hierdie probleem te vermy, kan daar ’n verslaghouer in elke wyk van die stad aangestel word wat goed gekwalifiseerd is om akkurate notules te hou; en laat hom baie noukeurig en presies wees om al die verrigtinge te notuleer, en bevestig in sy verslag dat hy met sy oë gesien het, en gehoor het met sy ore, en die datum, en name, ensovoorts gee, en die geskiedenis van die hele transaksie, en ook drie individue noem wat teenwoordig is, indien daar eniges teenwoordig is wat ter eniger tyd opgeroep kan word om dit te bevestig, sodat in die mond van twee of drie agetuies elke woord gevestig mag word.

4 Dan, laat daar ’n algemene verslaghouer wees, aan wie hierdie ander verslae gegee kan word, vergesel van sertifikate met hul eie handtekeninge, wat bevestig dat die verslag wat hulle gemaak het waar is. Dan kan die algemene verslaghouer die verslag in die algemene kerkboek plaas, met die sertifikate en al die teenwoordige getuies, met sy eie verklaring dat hy waarlik glo dat die bogenoemde verklaring en verslae waar is, vanuit sy kennis van die algemene karakter en aanstelling van daardie mans deur die kerk. En wanneer dit gedoen is in die algemene kerkboek, sal die verslag net so heilig wees, en sal die ordinansie geldig maak, presies asof hy met sy oë gesien en met sy ore gehoor het, en ’n verslag gemaak het daarvan in die algemene kerkboek.

5 Julle mag dink dat hierdie orde van dinge baie presies is, maar laat ek vir julle vertel dat dit slegs is om die wil van God te beantwoord, deur die nakoming van die ordinansie en voorbereiding wat die Here geordineer en voorberei het voor die grondlegging van die wêreld, vir die asaligmaking van die dode wat sou sterf sonder ’n bkennis van die evangelie.

6 En verder wil Ek hê dat julle onthou dat Johannes die Openbaarder hierdie presiese onderwerp oordink het ten opsigte van die dode toe hy verklaar het, soos julle in Openbaring 20:12 sal vind—En ek het die dode, klein en groot, voor God sien staan; en die boeke is geopen; en ’n ander boek is geopen, wat die boek van die lewe is. En die dode is geoordeel ooreenkomstig daardie dinge wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke.

7 Julle sal in hierdie aanhaling opmerk dat die boeke geopen is; en ’n ander boek is geopen, wat die aboek van die lewe is; maar die dode is geoordeel volgens wat in die boeke geskryf is, volgens hulle werke; gevolglik moet die boeke waarvan gespreek is, die boeke wees wat die verslae van hulle werke bevat, en verwys na die bverslae wat op die aarde gehou word. En die boek wat die boek van die lewe was, is die verslag wat in die hemel bygehou word; die beginsel is presies in ooreenstemming met die leerstelling wat julle gebied is in die openbaring vervat in die brief wat ek aan julle geskryf het voor ek my plek verlaat het—sodat dit in al julle verslae in die hemel opgeteken mag word.

8 Nou, die aard van hierdie ordinansie is gegrond in die amag van die priesterskap, deur die openbaring van Jesus Christus, waarin dit vergun word dat wat julle ook al bbind op die aarde, sal gebonde wees in die hemel, en wat julle ook al sal losmaak op die aarde, sal losgemaak wees in die hemel. Of, met ander woorde, as die vertaling anders beskou word, wat julle ook al opteken op die aarde, sal opgeteken word in die hemel, en wat julle nie op die aarde opteken nie, sal nie in die hemel opgeteken word nie; want uit die boeke sal julle dode geoordeel word, volgens hulle werke, hetsy hulle self die cordinansies uitgevoer het in hul eie propria persona, of deur middel van hulle eie agente, ooreenkomstig die ordinansie wat God voorberei het vir hulle dheil vanaf voor die grondlegging van die wêreld, volgens die verslae wat hulle bygehou het aangaande hulle dode.

9 Dit mag vir sommiges voorkom as ’n baie gewaagde leerstelling waarvan ons praat—’n mag wat opteken of bind op die aarde en in die hemel bind. Nietemin, in alle eeue van die wêreld wanneer die Here ook al ’n atydvak van die priesterskap gegee het aan enige man deur ware openbaring, of enige groep mans, is hierdie mag altyd gegee. Derhalwe, wat ook al daardie mans met bgesag gedoen het, in die Naam van die Here, en dit waarlik en getrou gedoen het, en ’n behoorlike en getroue verslag daarvan bygehou het, het dit ’n wet op aarde en in die hemel geword, en kon nie ongeldig verklaar word nie volgens die dekrete van die groot cJehova. Dit is ’n betroubare woord. Wie kan dit hoor?

10 En verder, as presedent, Matthéüs 16:18, 19: En Ek sê ook vir jou, Dat jy Petrus is, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die poorte van die hel sal dit nie oorweldig nie. En Ek sal jou die sleutels van die koninkryk van die hemel gee: en wat jy ook op die aarde sal bind, sal in die hemel gebonde wees, en wat jy ook op die aarde mag ontbind, sal in die hemel ontbonde wees.

11 Nou, die groot en vername geheim van die hele saak, en die summum bonum van die hele onderwerp wat voor ons lê, berus op die verkryging van die magte van die Heilige Priesterskap. Vir hom aan wie hierdie asleutels gegee is, is dit nie moeilik om kennis te verkry van feite ten opsigte van die bheil van die kinders van mense nie, beide vir die dode asook vir die lewendes.

12 Hierin is aheerlikheid en beer, en consterflikheid en die ewige lewe—Die ordinansie van doop deur water, om daarin donderdompel te word om te voldoen aan die gelykenis met die dood, sodat een beginsel mag ooreenstem met die ander; om onder die water gedompel te word en uit te kom uit die water is ooreenkomstig die gelykenis van die opstanding van die dode wat uit hulle grafte voortkom; derhalwe is hierdie ordinansie ingestel om ’n verwantskap te vorm met die ordinansie van die doop vir die dode, synde na die gelykenis van die dode.

13 Gevolglik is die adoopvont ingestel as ’n bsimbool van die graf, en is gebied om in ’n plek te wees onderkant waar die lewendes gewoonlik vergader, om die lewendes en die dode te onderskei, en sodat alle dinge hulle gelykenis mag hê, en dat hulle mag ooreenstem, die een met die ander—dat dit wat aards is ooreenstem met dit wat hemels is, soos Paulus verklaar het, 1 Korinthiërs 15:46, 47, en 48:

14 Die geestelike is egter nie eerste nie, maar dit wat natuurlik is; en daarna dit wat geestelik is. Die eerste mens is uit die aarde, aards; die tweede mens is die Here vanuit die hemel. Soos die aardse is, so ook is hulle wat aards is; en soos die hemelse is, so is ook hulle wat hemels is. En soos die verslae op die aarde is met betrekking tot julle dode, wat nougeset bygehou is, so ook is die verslae in die hemel. Dit, derhalwe, is die averseëlings- en bindingsmag, en, in een sin van die woord, die bsleutels van die koninkryk, wat bestaan uit die sleutel van ckennis.

15 En nou, my geliefde broers en susters, laat ek julle verseker dat hierdie beginsels aangaande die dode en die lewendes is wat nie ligtelik beskou kan word nie, betreffende ons heil. Want hulle asaligheid is noodsaaklik en onontbeerlik vir ons saligheid, soos Paulus sê aangaande die vaders—dat hulle nie sonder ons bvolmaak kan word nie—nóg kan ons sonder ons dode volmaak gemaak word.

16 En nou, ten opsigte van die doop vir die dode, sal ek julle nog ’n aanhaling van Paulus gee, 1 Korinthiërs 15:29: Anders, wat sal hulle doen wat hulle vir die dode laat doop, as die dode geheel en al nie opstaan nie? Waarom word hulle dan vir die dode gedoop?

17 En verder, in verband met hierdie aanhaling, sal ek julle ’n aanhaling gee van een van die profete, wat sy oog gerig het op die aherstelling van die priesterskap, die heerlikhede wat in die laaste dae geopenbaar sal word, en op ’n besondere wyse hierdie wonderlikste van alle onderwerpe behorende tot die ewigdurende evangelie, naamlik die doop vir die dode; want Maleági sê, laaste hoofstuk, 5de en 6de verse: Kyk, Ek stuur julle die profeet bElía voor die koms van die groot en vreeslike dag van die Here: En hy sal die hart van die vaders keer tot die kinders, en die hart van die kinders tot hulle vaders, sodat Ek nie kom en die land met ’n vloek tref nie.

18 Ek kon moontlik ’n aduideliker vertaling hiervan gegee het, maar dit is duidelik genoeg vir my doeleindes soos dit staan. Dit is genoeg om te weet, in hierdie geval, dat die aarde met ’n vloek getref sal word tensy daar ’n verbindende bskakel van een of ander aard tussen die vaders en die kinders is, op een of ander onderwerp—en kyk, wat is daardie onderwerp? Dit is die cdoop vir die dode. Want ons sonder hulle kan nie volmaak gemaak word nie; nóg kan hulle sonder ons volmaak gemaak word. Nóg kan hulle nóg ons volmaak gemaak word sonder diegene wat ook gesterf het in die evangelie; want dit is noodsaaklik vir die inlui van die dtydvak van die volheid van tye, welke tydvak nou begin om ingelui te word, sodat ’n gehele en volmaakte vereniging, en saambinding van tydvakke, en sleutels, en magte, en heerlikhede moet plaasvind, en geopenbaar word vanaf die dae van Adam en wel tot die huidige tyd. En nie slegs dit nie, maar daardie dinge wat nooit geopenbaar is vanaf die egrondlegging van die wêreld nie, maar verberg was van die wyses en verstandiges, sal geopenbaar word aan fkindertjies en suigelinge in hierdie, die tydvak van die volheid van tye.

19 Nou, wat hoor ons in die evangelie wat ons ontvang het? ’n Stem van blydskap! ’n Stem van barmhartigheid vanuit die hemel; en ’n stem van awaarheid uit die aarde; blye tydings vir die dode; ’n stem van blydskap vir die lewendes en die dode; blye btydings van groot vreugde. Hoe lieflik op die berge is die cvoete van hulle wat blye tydings bring van goeie dinge, en vir Sion sê: Kyk, jou God heers! Soos die ddou van Karmel, so sal die kennis van God op hulle neerdaal!

20 En verder, wat hoor ons? Blye tydings van aCumora! bMoroni, ’n engel uit die hemel, wat die vervulling van die profete verkondig—die cboek om geopenbaar te word. ’n Stem van die Here in die wildernis van dFayette, Seneca-distrik, wat die drie getuies aankondig om egetuienis te lewer van die boek! Die stem van fMígael op die walle van die Susquehanna, wat die duiwel uitgeken het toe hy verskyn het as ’n engel van die glig! Die stemme van hPetrus, Jakobus, en Johannes in die wildernis tussen Harmony, Susquehanna-distrik, en Colesville, Broome-distrik, op die Susquehanna-rivier, wat verklaar dat hulle die isleutels van die koninkryk besit, en van die tydvak van die volheid van tye!

21 En verder, die stem van die God in die kamer van bejaarde aVader Whitmer, in Fayette, Seneca-distrik, en op verskeie tye en verskillende plekke deur al die reise en beproewings van hierdie Kerk van Jesus Christus van die Heiliges van die Laaste Dae! En die stem van Mígael, die aartsengel; die stem van bGabriël, en van cRafael, en van verskillende dengele, vanaf Mígael of eAdam tot in die huidige tyd, en almal verklaar hulle ftydvak, hul regte, hul sleutels, hul eerbewyse, hulle majesteit en heerlikheid, en die mag van hulle priesterskap; en reël op reël gee, gbeginsel op beginsel, hier ’n bietjie, en daar ’n bietjie; en aan ons vertroosting gee deur dit te verkondig wat sal kom, en ons hhoop bevestig!

22 Broers, sal ons nie voortgaan vir so ’n groot saak nie? Gaan voorwaarts en nie terugwaarts nie. Moedhou, broers, en vorentoe, vorentoe na die oorwinning! Laat julle harte hulle verbly, en wees uitermate bly. Laat die aarde uitbreek in agesang. Laat die dode gesange van ewige lofprysinge aanhef vir die Koning bImmánuel, wat voor die wêreld was, geordineer het dít wat ons in staat sou stel om hulle te cverlos uit hulle dgevangenis; want die gevangenes sal vrygelaat word.

23 Laat die aberge juig van blydskap, en al julle valleie hardop uitroep; en al julle seë en droë lande vertel van die wondere van julle Ewige Koning! En julle riviere, en spruite, en stroompies, afwaarts vloei met blydskap. Laat die bosse en al die bome van die veld die Here prys; en julle soliede brotse ween van vreugde! En laat die son, maan, en die cmôresterre saam sing, en laat al die seuns van God uitroep van vreugde! En laat die ewige skeppings sy Naam, vir ewig en ewig verkondig! En verder sê Ek, hoe wonderlik is die stem wat ons hoor vanuit die hemel, wat in ons ore heerlikheid, en heil, en eer, en donsterflikheid en die eewige lewe; koninkryke, prinsdomme, en magte verkondig!

24 Kyk, die groot adag van die Here is op hande; en wie kan die dag van sy koms bverdra, en wie kan staan wanneer Hy verskyn? Want Hy is soos ’n csmelter se vuur en soos ’n bleiker se seep; en hy sal sit as ’n dsmelter en ’n suiweraar van silwer, en hy sal die seuns van eLevi reinig, en hulle louter soos goud en silwer, sodat hulle aan die Here ’n fofferande in regverdigheid mag offer. Laat ons daarom as ’n kerk en ’n volk, en as Heiliges van die Laaste Dae, die Here ’n offerande in regverdigheid offer; en laat ons in sy heilige tempel, wanneer dit voltooi is, ’n boek bevattende die gverslae van ons dode voorlê, wat waardig van alle aanvaarding sal wees.

25 Broers, ek het vele dinge om aan julle te sê oor die onderwerp, maar ek sal nou afsluit vir die huidige, en voortgaan met die onderwerp op ’n ander tydstip. Ek is, soos altyd, julle nederige dienskneg en nimmer-afwykende vriend,

Joseph Smith.