Skrifture
Leer en Verbonde 30


Afdeling 30

Openbaring gegee deur Joseph Smith die Profeet aan David Whitmer, Peter Whitmer Jr., en John Whitmer, te Fayette, New York, September 1830, na die driedaagse konferensie te Fayette, maar voor die ouderlinge van die kerk uiteengegaan het. Oorspronklik was hierdie materiaal gepubliseer as drie openbarings; dit is gekombineer in een afdeling deur die Profeet vir die 1835 uitgawe van die Leer en Verbonde.

1–4, David Whitmer word getugtig omdat hy nie ywerig gedien het nie; 5–8, Peter Whitmer Jr. moet Oliver Cowdery vergesel op ’n sending aan die Lamaniete; 9–11, John Whitmer word geroep om die evangelie te preek.

1 Kyk, Ek sê vir jou, aDavid, dat jy die mense bgevrees het en nie op My cstaatgemaak het vir krag soos jy moes nie.

2 Maar jou verstand was ingestel op die dinge van die aaarde meer as op die dinge van my, jou Maker, en die bediening waartoe jy geroep is; en jy het nie ag geslaan op my Gees, en op diegene wat oor jou gestel is nie, maar is oorreed deur diegene wat Ek nie gebied het nie.

3 Daarom, jy is oorgelaat om vir jouself navraag te doen by My, en die dinge wat jy ontvang het te abepeins.

4 En jou tuiste sal wees by jou vader se huis, totdat Ek jou verdere gebooie gee. En jy moet jou toewy aan die abediening in die kerk, en voor die wêreld, en in die streke rondomheen. Amen.

5 Kyk, Ek sê vir jou aPeter, dat jy jou breis sal onderneem met jou broer Oliver; want die ctyd het gekom dat dit raadsaam is in My dat jy jou mond sal open om my evangelie te verkondig; daarom, vrees nie, maar dslaan ag op die woorde en raad van jou broer, wat hy jou sal gee.

6 En jy moet verdruk wees in al sy verdrukkings, en altyd jou hart ophef na My in gebed en geloof, vir sy en jou verlossing; want Ek het aan hom krag gegee om my akerk op te bou onder die bLamaniete.

7 En niemand het Ek aangestel om raadgewer abo hom te wees in die kerk nie, aangaande kerklike sake, behalwe sy broer, Joseph Smith, Jr.

8 Daarom, slaan ag op hierdie dinge en wees ywerig om my gebooie te onthou, en jy sal geseën word tot die ewige lewe. Amen.

9 Kyk, Ek sê vir jou, my dienskneg John, dat jy van hierdie tyd af sal begin om my evangelie te averkondig, soos met die bstem van ’n trompet.

10 En jou arbeid sal wees by jou broer Philip Burroughs se huis, en in daardie streek rondom, ja, waar jy ook al gehoor kan word, totdat Ek jou gebied om hiervandaan te vertrek.

11 En al jou arbeid sal in Sion wees, met jou hele siel, van nou af; ja, jy sal altyd jou mond open aangaande my saak, en nie avrees wat bmense kan doen nie, want Ek is cmet jou. Amen.