Skrifture
Moroni 2


Hoofstuk 2

Jesus het die twaalf Nefitiese dissipels mag gegee om die gawe van die Heilige Gees toe te ken. Ongeveer 401–421 n.C.

Die woorde van Christus, wat Hy met sy dissipels gespreek het, die twaalf wat Hy gekies het, toe Hy sy hande op hulle gelê het—

En Hy het hulle by die naam genoem, en gesê: Julle sal die Vader aanroep in my Naam, in magtige gebed; en nadat julle dit gedoen het, sal julle mag hê dat aan hom op wie julle jul hande sal lê, julle die Heilige Gees sal gee; en in my Naam sal julle dit gee, want aldus doen my apostels.

Nou het Christus hierdie woorde gespreek met hulle ten tyde van sy eerste verskyning; en die skare het dit nie gehoor nie, maar die dissipels het dit gehoor; en op soveel as wat hulle die hande gelê het, het die Heilige Gees geval.