Skrifture
Moroni 4


Hoofstuk 4

Hoe ouderlinge en priesters die nagmaalsbrood bedien, word uiteengesit. Ongeveer 401–421 n.C.

1 Die awyse waarop hulle bouderlinge en priesters die vlees en bloed van Christus aan die kerk cbedien; en hulle het dit bedien volgens die gebooie van Christus; daarom weet ons dat dié wyse juis is; en die ouderling of priester het dit bedien—

2 En hulle het neergekniel saam met die kerk, en gebid tot die Vader in die Naam van Christus, en gesê:

3 O God, die Ewige Vader, ons vra U in die naam van u Seun, Jesus Christus, om hierdie abrood te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan gebruik; dat hulle mag eet bter gedagtenis aan die liggaam van u Seun, en getuig voor U, o God, die Ewige Vader, dat hulle gewillig is om op hulle die cnaam van u Seun te neem, en Hom altyd te onthou en sy gebooie te onderhou wat Hy hulle gegee het, sodat hulle altyd sy dGees mag hê om met hulle te wees. Amen.