Skrifture
Moroni 5


Hoofstuk 5

Die wyse waarop die nagmaalswyn bedien word, word uiteengesit. Ongeveer 401–421 n.C.

1 Die awyse waarop die wyn bedien word—Kyk, hulle het die beker geneem, en gesê:

2 O God, die Ewige Vader, ons vra U, in die naam van u Seun, Jesus Christus, om hierdie awyn te seën en te heilig aan die siele van al diegene wat daarvan drink, dat hulle dit mag doen bter gedagtenis aan die bloed van u Seun, wat vir hulle gestort is; dat hulle mag getuig voor U, o God, die Ewige Vader, dat hulle Hom altyd onthou, sodat hulle sy Gees mag hê om met hulle te wees. Amen.