Skrifture
1 Nefi 19


Hoofstuk 19

Nefi maak plate van erts en teken die geskiedenis van sy mense op—Die God van Israel sal seshonderd jaar vanaf die tyd wat Lehi Jerusalem verlaat het, kom—Nefi vertel van sy lyding en kruisiging—Die Jode sal verag word en verstrooi word tot die laaste dae, wanneer hulle sal terugkeer na die Here. Ongeveer 588–570 v.C.

1 En dit het gebeur dat die Here my gebied het, daarom het ek plate gemaak van erts sodat ek op hulle die kroniek van my volk kon graveer. En op die aplate wat ek gemaak het, het ek die kroniek van my bvader gegraveer, en ook ons reise in die wildernis, en die profesieë van my vader; en ook baie van my eie profesieë het ek op hulle gegraveer.

2 En ek het op daardie tydstip nie geweet toe ek hulle gemaak het, dat ek gebied sou word deur die Here om ahierdie plate te maak nie; daarom, die kroniek van my vader, en die geslagsregister van sy vaders, en die grootste gedeelte van al ons handelinge in die wildernis is gegraveer op daardie eerste plate waarvan ek gespreek het; daarom, die dinge wat gebeur het voordat ek bhierdie plate gemaak het, is in der waarheid, meer in die besonder van melding gemaak op die eerste plate.

3 En nadat ek ahierdie plate gemaak het by wyse van bevel, het ek, Nefi, ’n gebod ontvang dat die bediening en die profesieë, die eenvoudiger en kosbaarder dele daarvan op hierdie plate geskrywe moes word; en dat die dinge wat geskrywe is, behou moes word vir die lering van my volk, wat die land sou besit, en ook vir ander bwyse doeleindes, welke doeleindes bekend is aan die Here.

4 Daarom, ek, Nefi, het ’n kroniek gemaak op die ander plate, wat ’n kroniek gee, met ander woorde ’n meer uitgebreide kroniek gee van die oorloë en twiste en vernietigings van my volk. En dit het ek gedoen, en my volk beveel wat hulle moes doen nadat ek heengegaan het; en dat hierdie plate oorgedra moes word van die een geslag na die ander, of van een profeet na die ander, tot verdere bevele van die Here.

5 En ’n kroniek van hoe ek dié plate agemaak het, sal hierna gegee word; en dan, kyk, ek gaan voort volgens dít wat ek gespreek het; en dit doen ek sodat die heiliger dinge bbehou mag word vir die kennis van my volk.

6 Desnieteenstaande, ek skryf niks op die plate nie behalwe as ek dink dat dit aheilig is. En nou, as ek fouteer, so ook het hulle van ouds gefouteer; nie dat ek my wil verontskuldig vanweë ander mense nie, maar vanweë die bswakheid wat in my is, volgens die vlees, wil ek myself verontskuldig.

7 Want die dinge wat sommige mense van groot waarde ag, beide vir die liggaam en siel, word as anietig beskou deur ander, en vertrap dit onder hulle voete. Ja, inderdaad die Waaragtige God van Israel bvertrap mense onder hul voete; ek sê, vertrap onder hul voete, maar ek sal in ander woorde spreek—hulle ag Hom as nietig, en slaan nie ag op die stem van sy raadgewinge nie.

8 En kyk, Hy akom, volgens die woorde van die engel, bseshonderd jaar vanaf die tyd dat my vader Jerusalem verlaat het.

9 En die wêreld, vanweë hul ongeregtigheid, sal Hom as nietig ag; daarom gésel hulle Hom, en Hy verdra dit; en hulle slaan Hom, en Hy verdra dit. Ja, hulle aspoeg op Hom, en Hy verdra dit, vanweë sy liefdevolle teerheid en lankmoedigheid teenoor die kinders van mense.

10 En die aGod van ons vaders, wat buitgelei is uit Egipteland, uit slawerny, en ook bewaar is in die wildernis deur Hom, ja, die God van Abraham, en van Isak, en die cGod van Jakob, dgee Homself, volgens die woorde van die engel, as ’n mens oor in die hande van goddelose manne, om everhoog te word volgens die woorde van fSenok, en om ggekruisig te word, volgens die woorde van Neüm, en om neergelê te word in ’n hgrafkelder, volgens die woorde van iZenos, wat hy gespreek het aangaande die drie dae van jduisternis, wat as teken gegee sou word van sy dood aan diegene wat die eilande van die see sou bewoon, en veral gegee word aan diegene wat van die khuis van Israel is.

11 Want so het die profeet gespreek: Die Here God sal sekerlik die hele huis van Israel op daardie dag abesoek, sommige met sy stem, vanweë hulle regverdigheid, tot hulle groot blydskap en heil, en ander met die bdonderslae en weerligstrale van sy krag, deur stormwind, deur vuur, en deur rook, en deur mis van die cduisternis, en deur die oopmaak van die daarde, en deur eberge wat opgestoot sal word.

12 En aal hierdie dinge moet sekerlik kom, sê die profeet bZenos. En die crotse van die aarde moet skeur; en vanweë die gekreun van die aarde, sal baie van die konings van die eilande van die see deur die inwerking van die Gees van God uitroep: Die God van die natuur ly.

13 En wat diegene betref wat by Jerusalem is, sê die profeet, hulle sal agegésel word deur alle volke, omdat hulle die God van Israel bkruisig, en hulle harte afwend, terwyl hulle tekens en wonders, en die krag en heerlikheid van die God van Israel verwerp.

14 En omdat hulle hul harte afwend, sê die profeet, en die Heilige Een van Israel averag het, sal hulle dwaal in die vlees, en vergaan, en ’n bbespotting en ’n csmaad word, en gehaat word deur alle nasies.

15 Desnieteenstaande, wanneer daardie dag kom, sê die profeet, dat hulle anie meer hulle harte afwend van die Heilige Een van Israel nie, dan sal Hy die bverbonde wat Hy met hulle vaders gesluit het in herinnering roep.

16 Ja, dan sal Hy die aeilande van die see in herinnering roep; ja, en al die volke wat van die huis van Israel is, sal Ek bterugbring, sê die Here, volgens die woorde van die profeet Zenos, vanuit die vier hoeke van die aarde.

17 Ja, en die hele aarde sal die heil van die Here asien, sê die profeet; elke nasie, stam, taal en volk sal geseën wees.

18 En ek, Nefi, het hierdie dinge vir my volk geskrywe, sodat ek hulle miskien mag oorreed dat hulle die Here hulle Verlosser in gedagtenis hou.

19 Daarom, ek spreek met die hele huis van Israel, as dit so mag wees dat hulle ahierdie dinge sou verkry.

20 Want kyk, ek voel die werkinge van die Gees, wat my uitput sodat al my gewrigte swak is, vir diegene wat in Jerusalem is; want as die Here nie barmhartig was om dinge aangaande hulle aan my te toon nie, net soos Hy aan die profete van ouds getoon het, sou ek ook vergaan het.

21 En Hy het waarlik aan die aprofete van ouds alle dinge baangaande hulle getoon; en ook het Hy getoon aan baie aangaande ons; daarom, dit moet noodwendig wees dat ons weet aangaande hulle, want dit is geskrywe op die plate van brons.

22 Nou het dit gebeur dat ek, Nefi, my broers hierdie dinge geleer het; en dit het gebeur dat ek baie dinge wat gegraveer was op die aplate van brons aan hulle voorgelees het, sodat hulle mag weet aangaande die handelinge van die Here in ander lande, onder die volke van ouds.

23 En ek het baie dinge wat geskrywe is in die aboeke van Moses aan hulle voorgelees; maar om hulle des te meer te oortuig om te glo in die Here hulle Verlosser, het ek aan hulle voorgelees wat geskrywe is deur die profeet bJesaja; want ek het alle skrifture ctoegepas op ons, sodat dit tot ons dvoordeel en lering mag wees.

24 Daarom het ek met hulle gespreek, en gesê: Hoor julle die woorde van die profeet, julle wat ’n oorblyfsel is van die huis van Israel, ’n atak wat afgebreek is; luister julle na die woorde van die profeet, wat geskrywe is aan die hele huis van Israel, en pas hulle toe op julleself, sodat julle hoop mag hê net soos julle broers van wie julle afgebreek is; want volgens hierdie wyse het die profeet geskrywe.