Skrifture
1 Nefi 15


Hoofstuk 15

Lehi se saad sal die evangelie ontvang van die nie-Jode in die laaste dae—Die versameling van Israel word vergelyk met ’n olyfboom waarvan die natuurlike takke weer geënt sal word—Nefi lê die visioen van die boom van die lewe uit en spreek oor die geregtigheid van God in die skeiding van die bose en die regverdiges. Ongeveer 600–592 v.C.

1 En dit het gebeur dat nadat ek, Nefi, in die Gees weggevoer is, en al hierdie dinge gesien het, ek teruggekeer het na my vader se tent.

2 En dit het gebeur dat ek my broers gesien het, en hulle was besig om met mekaar te twis oor die dinge waaroor my vader met hulle gespreek het.

3 Want hy het waarlik baie groot dinge met hulle gespreek, wat moeilik te averstane was, behalwe as ’n mens God sou vra; en omdat hulle verhard was in hulle harte, daarom het hulle hul nie gewend tot die Here soos hulle hoort nie.

4 En nou was ek, Nefi, bedroef oor die hardheid van hulle harte, en ook, vanweë die dinge wat ek gesien het, en geweet het dat hulle onvermydelik moes geskied vanweë die groot boosheid van die kinders van mense.

5 En dit het gebeur dat ek oorstelp was deur my verdrukkinge, want ek het gedink dat my averdrukkinge groter was bo alle ander, vanweë die bvernietiging van my volk, want ek het hulle val gesien.

6 En dit het gebeur dat nadat ek akrag ontvang het, het ek met my broers gespreek, begerig om te weet wat die oorsaak was van hulle twiste.

7 En hulle het gesê: Kyk, ons kan die woorde van ons vader nie verstaan wat hy aangaande die natuurlike takke van die olyfboom gespreek het, en ook aangaande die nie-Jode nie.

8 En ek het vir hulle gesê: Het julle die Here agevra?

9 En hulle het vir my gesê: Ons het nie; want die Here maak glad nie so iets aan ons bekend nie.

10 Kyk, het ek vir hulle gesê: Hoekom is dit dat julle nie die gebooie van die Here onderhou nie? Hoekom wil julle vergaan, vanweë die ahardheid van julle harte?

11 Onthou julle nie die dinge wat die Here gesê het nie?—As julle nie julle harte verhard nie, en My in geloof avra, en glo dat julle sal ontvang, en ywerig my gebooie onderhou, sal hierdie dinge sekerlik bekend gemaak word aan julle.

12 Kyk, ek sê vir julle, dat die huis van Israel vergelyk is met ’n olyfboom, deur die Gees van die Here wat in ons vader was; en kyk, is ons nie afgebreek van die huis van Israel nie, en is ons nie ’n atak van die huis van Israel nie?

13 En nou, die ding wat ons vader bedoel het met die enting van die natuurlike takke deur middel van die volheid van die nie-Jode, is dat in die laaste dae, wanneer ons saad sal agekwyn het in ongeloof, ja, vir ’n tydperk van baie jare, en baie geslagte nadat die bMessias liggaamlik geopenbaar sal wees aan die kinders van mense, dan sal die volheid van die cevangelie van die Messias na die nie-Jode kom, en van die dnie-Jode na die oorblyfsel van ons saad—

14 En in daardie dag sal die oorblyfsel van ons asaad weet dat hulle van die huis van Israel is en dat hulle die bverbondsvolk van die Here is; en dan sal hulle weet en die ckennis bekom van hulle voorvaders, en ook die kennis van die evangelie van hulle Verlosser, wat deur Hom bedien is aan hulle vaders, daarom sal hulle die kennis verkry van hulle Verlosser en die juiste punte van sy leer, dat hulle mag weet hoe om na Hom te kom en gered te word.

15 En dan in daardie dag sal hulle hulle nie verbly en hul ewigdurende God loof, hulle arots en hulle heil nie? Ja, in daardie dag, sal hulle nie die krag en die voeding van die ware bwingerdstok ontvang nie? Ja, sal hulle nie kom na die ware kudde van God nie?

16 Kyk, ek sê vir julle, Ja; hulle sal onthou word onder die huis van Israel; hulle sal ageënt word omdat hulle ’n natuurlike tak is van die olyfboom, in die ware olyfboom.

17 En dit is wat ons vader bedoel; hy bedoel dat dit nie sal gebeur tot nadat hulle verstrooi is deur die nie-Jode nie, en hy bedoel dat dit sal geskied deur middel van die nie-Jode, sodat die Here sy mag kan toon aan die nie-Jode, om die juiste rede dat Hy averwerp sal word deur die Jode, of deur die huis van Israel.

18 Daarom het ons vader nie alleen gespreek van ons saad nie, maar ook van die hele huis van Israel, met verwysing na die verbond wat vervul sal word in die laaste dae; welke verbond die Here gesluit het met ons vader Abraham deur te sê: In jou asaad sal al die stamme van die aarde geseën word.

19 En dit het gebeur dat ek, Nefi, baie aangaande hierdie dinge met hulle gespreek het; ja, ek het met hulle gespreek aangaande die aherstelling van die Jode in die laaste dae.

20 En ek het die woorde van aJesaja aan hulle herhaal, wat gespreek het aangaande die herstelling van die Jode, of van die huis van Israel; en nadat hulle herstel is, sou hulle nie langer vermeng word nie, ook sou hulle nie weer verstrooi word nie. En dit het gebeur dat ek baie woorde met my broers gespreek het, sodat hulle gekalmeer is en hulle bverootmoedig het voor die Here.

21 En dit het gebeur dat hulle weer met my gespreek en gesê het: Wat beteken hierdie ding wat ons vader gesien het in ’n droom? Wat beteken die aboom wat hy gesien het?

22 En ek het vir hulle gesê: Dit was ’n voorstelling van die aboom van die lewe.

23 En hulle het vir my gesê: Wat beteken die astaaf van yster wat ons vader gesien het, wat na die boom gelei het?

24 En ek het vir hulle gesê dat dit die awoord van God is; en wie ook al sou ag slaan op die woord van God, en daaraan bvashou, hulle sou nooit vergaan nie; ook kon die cversoekings en die vurige dpyle van die eteenstander hulle nie oorweldig tot blindheid, en hulle weglei tot vernietiging nie.

25 Daarom het ek, Nefi, hulle vermaan om aag te slaan op die woord van die Here; ja, ek het hulle vermaan met al die energie van my siel, en met al die vermoëns wat ek besit het dat hulle ag sou slaan op die woord van God en onthou om altyd sy gebooie te onderhou in alle dinge.

26 En hulle het vir my gesê: Wat beteken die arivier van water wat ons vader gesien het?

27 En ek het vir hulle gesê dat die awater wat my vader gesien het, bvieslikheid was; en dat sy verstand so in beslag geneem was met ander dinge, dat hy nie die vieslikheid van die water gesien het nie.

28 En ek het vir hulle gesê dat dit ’n vreeslike akloof was wat die bose van die boom van die lewe geskei het, en ook van die heiliges van God.

29 En ek het vir hulle gesê dat dit ’n voorstelling was van daardie verskriklike ahel wat die engel vir my gesê het, berei was vir die bose.

30 En ek het vir hulle gesê dat ons vader ook gesien het dat die ageregtigheid van God ook die bose van die regverdiges geskei het; en die helderheid daarvan was soos die helderheid van ’n vlammende vuur, wat opstyg tot God vir ewig en ewig, en geen einde het nie.

31 En hulle het vir my gesê: Beteken hierdie ding die pyniging van die liggaam gedurende die dae van atoetsing, of beteken dit die uiteindelike toestand van die siel na die bdood van die stoflike liggaam, of spreek dit van die dinge wat stoflik is?

32 En dit het gebeur dat ek vir hulle gesê het dat dit ’n voorstelling was van dinge beide stoflik en geestelik; want die dag sal kom dat hulle geoordeel moet word volgens hulle awerke, ja, en wel die werke wat gedoen is deur die stoflike liggaam tydens hulle dae van toetsing.

33 Daarom, as hulle sou asterwe in hulle boosheid, moet hulle bverwerp word, ook wat die geestelike dinge betref, wat betrekking het op regverdigheid; daarom, hulle moet gebring word om voor God te staan, om cgeoordeel te word volgens hulle dwerke; en as hulle werke vieslikheid was, moet hulle noodwendig ook evieslik wees; en as hulle vieslik is kan hulle nie in die koninkryk van God fwoon nie; indien wel, sal die koninkryk van God ook vieslik wees.

34 Maar kyk, ek sê vir julle, dat die koninkryk van God nie avieslik is nie, en daar kan geen onrein ding die koninkryk van God binnegaan nie; daarom moet daar noodwendig ’n plek van vieslikheid wees wat berei is vir dit wat vieslik is.

35 En daar is ’n plek berei, ja, en wel daardie verskriklike ahel waarvan ek gespreek het, en die bduiwel is die voorbereider daarvan; daarom die uiteindelike toestand van die siele van mense is om te woon in die koninkryk van God, of om uitgewerp te word vanweë daardie cgeregtigheid waarvan ek gespreek het.

36 Daarom, die bose word geskei van die regverdiges, en ook van daardie aboom van die lewe, waarvan die vrugte uiters kosbaar en bbegeerliker is bo alle ander vrugte; ja, en dit is die cgrootste van al die dgawes van God. En so het ek met my broers gespreek. Amen.