1 Nefi 17
    Footnotes

    Hoofstuk 17

    Nefi word gebied om ’n skip te bou—Sy broers staan hom teen—Hy vermaan hulle deur die geskiedenis van God se handelinge met Israel te verhaal—Nefi is gevul met die mag van God—Sy broers word verbied om hom aan te raak uit vrees dat hulle soos ’n riet sal verdroog. Ongeveer 592–591 v.C.

    1 En dit het gebeur dat ons weer op reis gegaan het in die wildernis; en ons het ongeveer ooswaarts gereis van daardie tyd af. En ons het gereis en deur baie verdrukking geworstel in die wildernis; en ons vroue het kinders gebaar in die wildernis.

    2 En so groot was die seëninge van die Here oor ons, dat terwyl ons gelewe het van arou vleis in die wildernis, het ons vroue hulle kinders baie gesoog, en was sterk, ja, en wel soos die mans; en hulle het begin om hulle reise te verdra sonder murmurerings.

    3 En so sien ons dat die gebooie van die Here uitgevoer moet word. En as dit so sou wees dat die kinders van mense God se gebooie aonderhou, voed Hy hulle, en versterk hulle, en voorsien die middele waardeur hulle die ding kan uitvoer wat Hy hulle gebied het; daarom, Hy het middele aan ons bvoorsien terwyl ons in die wildernis gebly het.

    4 En ons het vir ’n tydperk van baie jare lank in die wildernis gebly, ja, en wel agt jaar in die wildernis.

    5 En ons het gekom by die land wat ons Oorvloed genoem het vanweë sy baie vrugte en ook wilde heuning; en al hierdie dinge is berei deur die Here sodat ons nie mag vergaan nie. En ons het die see gesien, wat ons Irreantoem genoem het, wat, wanneer dit vertaal word, baie waters beteken.

    6 En dit het gebeur dat ons ons tente opgeslaan het op die strand; en nieteenstaande ons baie averdrukkinge ondervind het en baie moeilikhede, ja, soveel dat ons hulle nie almal kan neerskryf nie, was ons uitermate verbly toe ons by die strand kom; en ons het die plek Oorvloed genoem, vanweë sy baie vrugte.

    7 En dit het gebeur dat nadat ek, Nefi, vir ’n tydperk van baie dae lank in die land Oorvloed was, het die stem van die Here na my gekom, en gesê het: Staan op, en bestyg die berg. En dit het gebeur dat ek opgestaan en die berg bestyg het, en geroep het tot die Here.

    8 En dit het gebeur dat die Here met my gespreek en gesê het: Jy moet ’n skip bou volgens die awyse wat Ek jou sal toon, sodat Ek jou mense kan wegbring oor hierdie waters.

    9 En ek het gesê: Here, waarheen sal ek gaan om erts te vind om te smelt, sodat ek gereedskap mag maak om die skip te bou volgens die wyse wat U my getoon het?

    10 En dit het gebeur dat die Here my vertel het waarheen ek moes gaan om erts te vind, sodat ek gereedskap kon maak.

    11 En dit het gebeur dat ek, Nefi, ’n blaasbalk van velle van diere gemaak het om die vuur mee aan te blaas; en nadat ek ’n blaasbalk gemaak het, sodat ek iets kon hê om die vuur mee aan te blaas, het ek twee klippe teen mekaar gekap sodat ek vuur kon maak.

    12 Want die Here het tot dusver ons nie toegelaat om baie vuur te maak, terwyl ons gereis het in die wildernis nie; want Hy het gesê: Ek sal julle kos smaaklik maak sodat julle dit nie hoef te akook nie;

    13 En Ek sal ook jul lig in die wildernis wees; en Ek sal die weg voor jul aberei as dit so sou wees dat jul my gebooie sal onderhou: daarom, in soverre julle my gebooie onderhou, sal julle gelei word na die bbeloofde land; en julle sal cweet dat dit deur My is dat julle gelei word.

    14 Ja, en die Here het ook gesê dat: Nadat julle aangekom het in die beloofde land, sal julle aweet dat Ek, die Here, bGod is; en dat Ek, die Here, julle gered het van vernietiging; ja, dat Ek julle uitgebring het uit die land Jerusalem.

    15 Daarom ek, Nefi, het probeer om die Here se gebooie te onderhou, en ek het my broers vermaan tot getrouheid en ywer.

    16 En dit het gebeur dat ek gereedskap van die erts gemaak het wat ek gesmelt het uit die rots.

    17 En toe my broers gesien het dat ek op die punt was om ’n skip te abou, het hulle begin murmureer teen my, en het gesê: Ons broer is ’n dwaas, want hy dink dat hy ’n skip kan bou; ja, en hy dink ook dat hy hierdie groot waters kan oorsteek.

    18 En so het my broers gekla teen my, en was begerig dat hulle nie hoef te werk nie, want hulle het nie geglo dat ek ’n skip kon bou nie; ook wou hulle nie glo dat ek onderrig is deur die Here nie.

    19 En nou het dit gebeur dat ek Nefi, uitermate bedroef was vanweë die hardheid van hulle harte; en nou toe hulle sien dat ek begin het om bedroef te word, was hulle averheug in hulle harte, sodanig dat hulle hul oor my verbly, en gesê het: Ons het geweet dat jy nie ’n skip kon bou nie, want ons het geweet dat jy oordeel kortkom; daarom, jy kan nie so ’n groot taak uitvoer nie.

    20 En jy is soos ons vader, weggelei deur die dwase ainbeeldinge van sy hart; ja, hy het ons uitgelei uit die land Jerusalem en ons het rondgeswerwe al hierdie jare in die wildernis en ons vroue het gearbei terwyl hulle groot met kind was; en hulle het kinders gebaar in die wildernis en alle dinge gely, behalwe die dood; en dit sou beter gewees het as hulle gesterwe het voordat hulle uit Jerusalem uitgekom het as om hierdie verdrukkinge te ly.

    21 Kyk, al hierdie jare het ons gely in die wildernis; gedurende welke tyd ons ons besittings kon geniet het en die land van ons erfenis; ja, en ons kon gelukkig gewees het.

    22 En ons weet dat die volk wat in die land Jerusalem was, ’n aregverdige volk was; want hulle het die insettinge en wette onderhou van die Here, en al sy gebooie volgens die wet van Moses; daarom weet ons dat hulle ’n regverdige volk is; en ons vader het hulle veroordeel, en het ons weggelei omdat ons op sy woorde ag geslaan het; ja, en ons broer is soos hy. En volgens hierdie wyse van spraak het my broers gemurmureer en gekla teen ons.

    23 En dit het gebeur dat ek, Nefi, met hulle gespreek het, en gesê het: Glo julle dat ons vaders, wat die kinders van Israel was, uitgelei sou gewees het uit die hande van die Egiptenaars as hulle nie ag geslaan het op die woorde van die Here nie?

    24 Ja, veronderstel julle dat hulle uit slawerny uitgelei sou gewees het, as die Here Moses nie gebied het om hulle uit slawerny te alei nie?

    25 Nou weet julle dat die kinders van Israel in aslawerny verkeer het; en julle weet dat hulle btake opgelê was wat swaar was om te verdra; daarom, julle weet dat dit noodwendig ’n goeie ding moes gewees het vir hulle dat hulle uitgelei moes word uit slawerny.

    26 Nou weet julle dat aMoses gebied is deur die Here om daardie groot werk te doen; en julle weet dat die Rooi See op sy bbevel hiernatoe en daarnatoe verdeel het, en dat hulle deurgegaan het op droë grond.

    27 Maar julle weet dat die Egiptenare verdrink het in die Rooi See, wat die leërs van Farao was.

    28 En julle weet ook dat hulle gevoed is met amanna in die wildernis.

    29 Ja, en julle weet ook dat Moses, deur middel van sy bevel volgens die mag van God wat in hom was, die rots ageslaan het, en daar het water uitgekom, sodat die kinders van Israel hulle dors kon les.

    30 En alhoewel hulle gelei is, terwyl die Here hulle God, hulle Verlosser, hulle vooruitgegaan het, en hulle bedags gelei en snags lig gegee het, en alle dinge vir hulle gedoen het wat vir ’n mens araadsaam was om te ontvang, het hulle hul harte verhard en hul verstand verblind, en buitgevaar teen Moses en teen die ware en lewende God.

    31 En dit het gebeur dat volgens sy woord het Hy hulle avernietig, en volgens sy woord het Hy hulle bgelei; en volgens sy woord het Hy alle dinge gedoen vir hulle; en niks is gedoen tensy deur sy woord nie.

    32 En nadat hulle die Jordaanrivier oorgesteek het, het Hy hulle sterk gemaak sodat hulle die kinders van die land kon averdrywe, ja, en hulle verstrooi het tot vernietiging.

    33 En nou, glo julle dat die kinders van hierdie land, wat in die land van belofte was, wat verdrywe is deur ons vaders, veronderstel julle dat hulle regverdig was? Kyk, ek sê vir julle, Nee.

    34 Veronderstel julle dat ons vaders veel beter sou gewees het as hulle, as hulle regverdig was? Ek sê vir julle, Nee.

    35 Kyk, die Here ag alle avlees as een; hy wat bregverdig is word cbegunstig deur God. Maar kyk, hierdie volk het elke woord van God verwerp, en hulle was ryp in ongeregtigheid; en die volheid van die toorn van God was op hulle; en die Here het die land vervloek teen hulle en dit geseën vir ons vaders; ja, Hy het dit vervloek teen hulle tot hulle vernietiging, en Hy het dit geseën aan ons vaders sodat hulle mag daaroor verkry het.

    36 Kyk, die Here het die aaarde bgeskape sodat dit cbewoon moes word; en Hy het sy kinders geskape sodat hulle dit moes besit.

    37 En Hy awek ’n regverdige nasie op, en vernietig die nasies van die bose.

    38 En Hy lei die regverdiges weg na begeerlike alande, en die bose bvernietig Hy, en vervloek die land vanweë hulle.

    39 Hy heers hoog in die hemele, want dit is sy troon, en hierdie aarde is sy avoetbank.

    40 En Hy het diegene lief wat Hom as hulle God wil hê. Kyk, Hy het ons vaders liefgehad, en ’n averbond met hulle gesluit, ja, naamlik Abraham, en bIsak, en cJakob; en Hy het die verbonde onthou wat Hy gesluit het; daarom het Hy hulle uitgebring uit dEgipteland.

    41 En Hy het hulle gekasty in die woestyn met sy roede; want hulle het hul harte averhard, net soos julle; en die Here het hulle gekasty vanweë hul ongeregtigheid. Hy het vurige vlieënde bslange ingestuur onder hulle; en nadat hulle gebyt is, het Hy ’n weg berei dat hulle cgenees mag word; en die moeite wat hulle moes doen, was om te kyk; en vanweë die deenvoud van die weg, of die gemaklikheid daarvan, was daar baie wat gesterwe het.

    42 En hulle het hul harte verhard van tyd tot tyd, en hulle het auitgevaar teen bMoses en ook teen God; desnieteenstaande, julle weet dat hulle deur sy ongeëwenaarde mag die land van belofte binnegelei is.

    43 En nou, na al hierdie dinge, het die tyd gekom dat hulle boos geword het, ja, byna tot rypheid toe; en ek weet nie of hulle op die punt staan om vandag vernietig te word nie, want ek weet dat die dag sekerlik moet kom wanneer hulle vernietig moet word, behalwe ’n paar, wat weggelei sal word in slawerny.

    44 Daarom, die Here het my vader agebied om in die wildernis in te trek; en die Jode het ook gesoek om sy lewe te neem; ja, en bjulle het ook gesoek om sy lewe te neem; daarom, julle is moordenaars in julle harte en julle is soos hulle.

    45 Julle is agou om ongeregtigheid te doen, maar traag om die Here julle God te onthou. Julle het ’n bengel gesien, en hy het met julle gespreek; ja, julle het sy stem gehoor van tyd tot tyd; en hy het met julle gespreek met ’n stil klein stemmetjie, maar julle was nie tot cgevoel in staat nie, sodat julle sy woorde nie kon voel nie; daarom, hy het met julle gespreek soos met ’n donderstem, wat die aarde laat skud het asof dit uitmekaar sou breek.

    46 En julle weet ook dat deur die akrag van sy almagtige woord kan Hy veroorsaak dat die aarde verbygaan; ja, en julle weet dat deur sy woord Hy die ruwe plekke gelyk kan maak, en die gelyke plekke sal opgebreek word. O dan, waarom is dit, dat julle so hard kan wees in julle harte?

    47 Kyk, my siel word verskeur deur smart vanweë julle, en my hart is gepynig; ek vrees dat julle vir ewig verwerp sal word. Kyk, ek is avol van die Gees van God, in soverre dat my gestalte geen bkrag het nie.

    48 En nou het dit gebeur dat toe ek hierdie woorde gespreek het, was hulle kwaad vir my, en was begerig om my in die dieptes van die see te werp; en toe hulle na vore kom om hulle hande op my te lê, het ek met hulle gespreek, en gesê: In die naam van die Almagtige God, beveel ek julle om my nie aan te araak nie, want ek is vervul met die bkrag van God, en wel tot vertering van my vlees; en wie ook al sy hande op my sal lê, sal cverdor net soos ’n droë riet; en hy sal soos niks wees voor die almag van God nie, want God sal hom tref.

    49 En dit het gebeur dat ek, Nefi, vir hulle gesê het dat hulle nie meer teen hulle vader moes murmureer nie, nóg moes hulle hul arbeid van my weerhou, want God het my gebied om ’n skip te bou.

    50 En ek het vir hulle gesê: aAs God my gebied het om alle dinge te doen, kan ek hulle doen. As Hy my sou gebied dat ek vir hierdie water moes sê, Wees aarde, sou dit aarde wees; en as ek dit sou sê, sal dit geskied.

    51 En nou, as die Here sulke groot mag het, en soveel wonderwerke verrig onder die kinders van mense, hoekom kan Hy my nie aleer dat ek ’n skip kan bou nie?

    52 En dit het gebeur dat ek, Nefi, baie dinge vir my broers gesê het sodat hulle beskaamd was, en kon nie teen my stry nie; ook het hulle nie gedurf om hulle hande op my te lê of my aan te raak met hulle vingers vir ’n tydperk van baie dae nie. Nou durf hulle dit nie doen nie uit vrees dat hulle voor my sou verdor, so kragtig was die aGees van God; en so het dit op hulle ingewerk.

    53 En dit het gebeur dat die Here vir my gesê het: Strek weer jou hand uit na jou broers, en hulle sal nie verder voor jou verdor nie, maar Ek sal hulle skok, sê die Here, dit sal Ek doen, sodat hulle mag weet dat Ek die Here hulle God is.

    54 En dit het gebeur dat ek my hand uitgestrek het na my broers, en hulle het nie voor my verdor nie; maar die Here het hulle geskud, en wel volgens die woord wat Hy gespreek het.

    55 En nou, het hulle gesê: Ons weet met sekerheid dat die Here met jou is, want ons weet dat dit die mag van die Here is wat ons geskud het. En hulle het voor my neergeval, en was op die punt om my te aaanbid, maar ek wou hulle dit nie toelaat nie, en gesê: Ek is julle broer, ja, naamlik julle jonger broer; daarom aanbid die Here julle God en eer jul vader en jul moeder, sodat julle bdae verleng mag wees in die land wat die Here julle God aan julle sal gee.