1 Nefi 4
    Footnotes

    Hoofstuk 4

    Nefi dood Laban op die Here se bevel en verkry dan die plate van brons deur strategie—Zoram kies om aan te sluit by Lehi se gesin in die wildernis. Ongeveer 600–592 v.C.

    1 En dit het gebeur dat ek met my broers gespreek het, en gesê het: Laat ons weer opgaan na Jerusalem, en laat ons agetrou wees om die gebooie van die Here te onderhou; want kyk Hy is magtiger as die hele aarde, waarom dan nie bmagtiger as Laban en sy vyftig, ja, of selfs sy tienduisende nie?

    2 Daarom, laat ons opgaan; laat ons asterk wees soos bMoses; want hy het waarlik gespreek tot die waters van die cRooi See en hulle het verdeel hiernatoe en daarnatoe, en ons vaders het deurgekom uit gevangenskap, op droë grond, en die leërs van Farao het gevolg en het verdrink in die waters van die Rooi See.

    3 Nou kyk, julle weet dat dit waar is; en julle weet ook dat ’n aengel met julle gespreek het; waarom twyfel julle? Laat ons opgaan; die Here is in staat om ons te verlos, net soos ons vaders, en om Laban te vernietig, net soos die Egiptenare.

    4 Nou, toe ek hierdie woorde gespreek het, was hulle nog vertoornd, en het steeds aangehou om te murmureer; desnieteenstaande het hulle my gevolg totdat ons aangekom het buite die mure van Jerusalem.

    5 En dit was nag; en ek het hulle hul laat versteek buite die mure. En nadat hulle hul versteek het, het ek, Nefi, die stad binnegesluip en gegaan na die huis van Laban.

    6 En ek is agelei deur die Gees, sonder dat ek vooraf bgeweet het wat die dinge was wat ek moes doen.

    7 Nogtans het ek gegaan, en toe ek naby die huis van Laban kom, gewaar ek ’n man, en hy het op die grond neergeval voor my, want hy was dronk van wyn.

    8 En toe ek by hom kom, ontdek ek dat dit Laban was.

    9 En ek het sy aswaard gewaar, en ek het dit uitgetrek uit die skede; en die hef daarvan was van suiwer goud, en die vakmanskap daarvan was uitermate goed, en ek merk dat die lem daarvan van die beste staal was.

    10 En dit het gebeur dat ek agedwing was deur die Gees dat ek Laban moes doodmaak; maar ek het in my hart gesê: Nooit te eniger tyd het ek ’n mens se bloed gestort nie. En ek het teruggedeins en wou dat ek hom nie hoef dood te maak nie.

    11 En die Gees het weer vir my gesê: Kyk die aHere het hom uitgelewer in jou hande. Ja, en ek het ook geweet dat hy gesoek het om my eie lewe te neem; ja, en hy wou nie ag slaan op die gebooie van die Here nie; en hy het ook ons bbesittings van ons afgeneem.

    12 En dit het gebeur dat die Gees weer vir my gesê het: Maak hom dood, want die Here het hom uitgelewer in jou hande;

    13 Kyk die Here amaak die bgoddelose dood om sy regverdige oogmerke te bereik. Dit is cbeter dat een man moet omkom as dat ’n nasie sou kwyn en vergaan in ongeloof.

    14 En nou, toe ek, Nefi, hierdie woorde gehoor het, het ek die woorde van die Here onthou wat Hy met my in die wildernis gespreek het, en gesê het dat: aIn soverre jou saad my bgebooie onderhou, sal hulle cvoorspoedig wees in die dland van belofte.

    15 Ja, en ek het ook gedink dat hulle nie die gebooie van die Here kon onderhou volgens die wet van Moses nie, behalwe as hulle die wet sou hê.

    16 En ek het ook geweet dat die awet gegraveer was op die plate van brons.

    17 En verder, ek het geweet dat die Here Laban uitgelewer het in my hande om hierdie rede—dat ek die kronieke mag verkry volgens sy gebooie.

    18 Daarom het ek die stem van die Gees gehoorsaam, en vir Laban aan die hare van sy hoof geneem, en ek het sy hoof afgekap met sy eie aswaard.

    19 En nadat ek sy hoof afgekap het met sy eie swaard, het ek Laban se klere geneem en dit aan my eie lyf gesit; ja, en wel elke stuk; en ek het sy wapenrusting om my lendene gegord.

    20 En nadat ek dit gedoen het, het ek na Laban se skatkamer gegaan. En terwyl ek na Laban se skatkamer gegaan het, kyk, het ek die adienskneg van Laban gesien wat die sleutels van die skatkamer gehad het. En ek het hom in die stem van Laban beveel dat hy saam met my die skatkamer moes binnegaan.

    21 En hy het veronderstel dat ek sy meester, Laban, was, want hy het die klere gesien, en ook die swaard vasgegord om my lendene.

    22 En hy het met my gespreek aangaande die oudstes van die Jode, hy wetende dat sy meester, Laban, uit was gedurende die nag onder hulle.

    23 En ek het met hom gespreek asof dit Laban was.

    24 En ek het ook met hom gespreek dat ek die graverings moes dra, wat op die aplate van brons was, na my ouer broers, wat buitekant die mure was.

    25 En ek het hom ook beveel om my te volg.

    26 En hy, veronderstellend dat ek gepraat het van die broers van die kerk, en dat ek waarlik daardie Laban was wat ek doodgemaak het, daarom het hy my gevolg.

    27 En hy het baie keer met my gespreek aangaande die oudstes van die Jode, terwyl ek na my broers gegaan het, wat buite die mure was.

    28 En dit het gebeur dat toe Laman my sien, was hy uitermate bevrees, en ook Lemuel en Sam. En hulle het gevlug van my teenwoordigheid; want hulle het veronderstel dat dit Laban was, en dat hy my doodgemaak het en gesoek het om ook hulle lewens te neem.

    29 En dit het gebeur dat ek na hulle geroep het, en hulle het my gehoor; daarom het hulle opgehou om te vlug van my teenwoordigheid.

    30 En dit het gebeur dat toe die dienskneg van Laban my broers sien, het hy begin bewe, en hy was op die punt om van my af te vlug, en terug te keer na die stad Jerusalem.

    31 En nou, ek Nefi, omdat ek ’n man van groot gestalte was, en wat ook baie akrag ontvang het van die Here, daarom het ek die dienskneg van Laban gegryp, en hom vasgehou sodat hy nie kon vlug nie.

    32 En dit het gebeur dat ek met hom gespreek het, dat as hy sou ag slaan op my woorde, sowaar as die Here leef, en ek lewe, en wel sodat as hy sou ag slaan op ons woorde, ons sy lewe sou spaar.

    33 En ek het met hom gespreek, en wel met ’n aeed, dat hy nie hoef te vrees nie; dat hy ’n vry man sou wees soos ons, as hy sou afgaan in die wildernis saam met ons.

    34 En ek het ook met hom gespreek, en gesê: Waarlik, die Here het ons agebied om hierdie ding te doen; en sal ons nie ywerig wees om die gebooie van die Here te onderhou nie? Daarom, as jy sal afgaan in die wildernis na my vader sal jy ’n plek saam met ons hê.

    35 En dit het gebeur dat aZoram moed geskep het by die aanhoor van die woorde wat ek gespreek het. Voorts, Zoram was die naam van die dienskneg; en hy het belowe dat hy sou afgaan in die wildernis na ons vader. Ja, en hy het ook ’n eed teenoor ons afgelê dat hy van toe af by ons sou bly.

    36 Nou was ons begerig dat hy by ons moes bly om hierdie rede, dat die Jode nie mag weet aangaande ons vlug die wildernis in nie, omdat hulle ons sou agternasit en vernietig.

    37 En dit het gebeur dat toe Zoram ’n aeed teenoor ons afgelê het, het ons vrese aangaande hom opgehou.

    38 En dit het gebeur dat ons die plate van brons en die dienskneg van Laban geneem het, en weggetrek het die wildernis in, en gereis het na die tent van ons vader.