Skrifture
Moses 8


Hoofstuk 8

(Februarie 1831)

Metúsalag profeteer—Noag en sy seuns predik die evangelie—Groot boosheid heers—Die oproep tot bekering word geminag—God beveel die vernietiging van alle vlees deur die Vloed.

1 En al die dae van Henog was vierhonderd en dertig jaar.

2 En dit het gebeur dat aMetúsalag, die seun van Henog, nie geneem is nie, sodat die verbonde van die Here vervul mag word, wat Hy met Henog gesluit het; want Hy het waarlik met Henog ’n verbond gesluit dat Noag van die vrug van sy lendene sou wees.

3 En dit het gebeur dat Metúsalag geprofeteer het dat vanuit sy lendene al die koninkryke van die aarde sou voortkom (deur Noag), en hy het die heerlikheid vir homself geneem.

4 En daar het ’n groot hongersnood in die land versprei, en die Here het die aarde vervloek met ’n vreeslike vervloeking, en baie van die inwoners daarvan het gesterf.

5 En dit het gebeur dat Metúsalag eenhonderd sewe en tagtig jaar gelewe het, en het Lameg verwek;

6 En Metúsalag het gelewe, nadat hy Lameg verwek het, sewehonderd twee en tagtig jaar, en het seuns en dogters verwek;

7 En al die dae van Metúsalag was negehonderd nege en sestig jaar, en hy het gesterwe.

8 En Lameg het eenhonderd twee en tagtig jaar gelewe, en het ’n seun verwek,

9 En hy het sy naam aNoag genoem, en gesê: Hierdie seun sal ons vertroos oor ons werk en die arbeid van ons hande, vanweë die grond wat die Here bvervloek het.

10 En Lameg het gelewe, nadat hy Noag verwek het, vyfhonderd vyf en negentig jaar, en het seuns en dogters verwek;

11 En al die dae van Lameg was sewehonderd sewe en sewentig jaar, en hy het gesterwe.

12 En Noag was vierhonderd en vyftig jaar oud, en het Jafet averwek; en twee en veertig jaar daarna het hy bSem verwek by haar wat die moeder van Jafet was, en toe hy vyfhonderd jaar oud was het hy cHam verwek.

13 En aNoag en sy seuns het ag bgeslaan op die Here, en het geluister, en hulle is die cseuns van God genoem.

14 En toe hierdie mense begin om te vermeerder op die aangesig van die aarde, en dogters is vir hulle gebore, het die aseuns van die mense gesien dat die dogters mooi is, en hulle het hul as vroue geneem, net soos hulle verkies het.

15 En die Here het vir Noag gesê: Die dogters van jou seuns het hulleself averkoop; want kyk, my toorn is ontvlam teenoor die seuns van die mens, want hulle wil nie ag slaan op my stem nie.

16 En dit het gebeur dat Noag geprofeteer het, en die dinge van God onderrig het, net soos dit was in die begin.

17 En die Here sê vir Noag: My Gees sal nie altyd met die mens awerk nie, want hy sal weet dat alle bvlees sal sterwe; tog sal sy dae ’n honderd en twintig jaar wees; en indien die mens nie bekeer nie, sal Ek die cvloede oor hulle stuur.

18 En in daardie dae was daar areuse op die aarde, en hulle het Noag gesoek om sy lewe te neem, maar die Here was met Noag, en die bkrag van die Here was op hom.

19 En die Here het aNoag bgeordineer volgens sy eie corde, en hom gebied dat hy moes uitgaan en sy Evangelie dverkondig aan die kinders van mense, net soos dit aan Henog gegee is.

20 En dit het gebeur dat Noag op die kinders van mense ’n beroep gedoen het dat hulle moes abekeer; maar hulle het nie ag geslaan op sy woorde nie;

21 En ook, nadat hulle hom gehoor het, het hulle voor hom gekom en gesê: Kyk, ons is die seuns van God; het ons nie vir onsself die dogters van mense geneem nie? En is ons nie besig om te aeet en te drink, en te trou en uit te gee in die huwelik nie? En ons vroue baar vir ons kinders, en hulle is magtige mans, wat soos die mans van ouds is, mans van vernaamheid. En hulle het nie op die woorde van Noag ag geslaan nie.

22 En God het gesien dat die aboosheid van die mens groot geword het op die aarde; en elkeen was verhef in die verbeelding van die bgedagtes van sy hart, en was voortdurend slegs boos.

23 En dit het gebeur dat Noag voortgegaan het met sy aprediking aan die volk, en gesê het: Slaan ag, en luister na my woorde;

24 aGlo en bekeer van julle sondes en word bgedoop in die Naam van Jesus Christus, die Seun van God, net soos ons vaders, en julle sal die Heilige Gees ontvang, sodat alles aan julle cgeopenbaar mag word; en indien julle dit nie doen nie, sal die vloede oor julle kom; nietemin het hulle nie ag geslaan nie.

25 En dit het Noag berou, en sy hart was gepynig dat die Here die mens op die aarde gemaak het, en dit het hom in die hart gegrief.

26 En die Here het gesê: Ek sal die mens avernietig wat Ek geskape het, vanaf die aangesig van die aarde, beide mens en dier, en die kruipende dinge, en die voëls van die lug; want dit berou Noag dat Ek hulle geskape het, en dat Ek hulle gemaak het; en hy het My aangeroep; want hulle het sy lewe gesoek.

27 En aldus het Noag agenade gevind in die oë van die Here; want Noag was ’n regverdige man, en bvolmaak in sy geslag; en hy het met God cgewandel, so ook sy drie seuns, Sem, Gam en Jafet.

28 Die aarde was akorrup voor God, en dit was gevul met geweld.

29 En God het die aarde aanskou, en kyk, dit was korrup, want alle vlees het sy pad op die aarde verderwe.

30 En God het vir Noag gesê: Die einde van alle vlees het voor My gekom, want die aarde is gevul met geweld, en kyk Ek sal alle vlees vanaf die aarde avernietig.