Skrifture
2 Nefi 12


Hoofstuk 12

Jesaja sien die tempel van die laaste dae, versameling van Israel, en die milleniale oordeel en vrede—Die hoogmoediges en bose sal verneder word met die Tweede Koms—Vergelyk Jesaja 2. Ongeveer 559–545 v.C.

1 Die woord wat aJesaja, die seun van Amos, bgesien het met betrekking tot Juda en Jerusalem:

2 En dit sal gebeur in die laaste dae, wanneer die aberg van die Here se bhuis gevestig sal word op die top van die cberge, en verhewe sal wees bo die heuwels, en alle nasies sal daarheen stroom.

3 En baie volke sal gaan, en sê: Kom julle, en laat ons opgaan na die berg van die Here, na die huis van die God van Jakob; en Hy sal ons leer van sy weë, en ons sal wandel in sy apaaie; want uit Sion sal die bwet uitgaan, en die woord van die Here uit Jerusalem.

4 En Hy sal aoordeel tussen die nasies, en baie volke bestraf: en hulle sal hulle swaarde tot ploegskare slaan, en hulle spiese tot snoeimesse—nasie sal nie die swaard ophef teen nasie nie, nóg sal hulle leer om oorlog te voer.

5 O, huis van Jakob, kom julle en laat ons wandel in die lig van die Here; ja, kom, want julle het almal aafgedwaal, elkeen na sy goddelose weë.

6 Daarom, o Here, U het u volk verlaat, die huis van Jakob, omdat hulle avervul word uit die ooste, en ag slaan op waarsêers soos die bFilistyne, en hulle cskep behae in die kinders van vreemdes.

7 Hulle land is ook vol silwer en goud, nóg is daar geen einde aan hulle skatte; hulle land is ook vol perde, nóg is daar geen einde aan hulle strydwaens.

8 Hulle land is ook vol aafgode; hulle aanbid die werk van hulle eie hande, dit wat hulle eie vingers gemaak het.

9 En die gewone man buig nie aneer nie, en die groot man verootmoedig homself nie; daarom, vergewe hom nie.

10 O julle bose, gaan in die rots, en asteek julle weg in die stof, want die vrees van die Here en die heerlikheid van sy majesteit sal julle slaan.

11 En dit sal gebeur dat die hoogmoedige kyk van die mens verootmoedig sal word, en die hoogheid van die mens neergebuig sal word; en die Here alleen sal in dié dag verheerlik word.

12 Want die adag van die Here van die Leërskare kom spoedig oor alle nasies, ja, oor elkeen; ja, oor die btrotse en hoogmoedige, en oor elkeen wat verhef is, en hy sal verootmoedig word.

13 Ja, en die dag van die Here sal kom oor al die seders van Libanon, want hulle is hoog en verhewe; en oor al die eike van Basan;

14 En oor al die hoë berge, en oor al die heuwels, en oor al die nasies wat verhewe is, en oor elke volk;

15 En oor elke hoë toring, en oor elke versterkte muur;

16 En oor al die skepe van die asee, en oor al die skepe van Tarsis, en oor alle mooi tonele.

17 En die hoogmoedigheid van die mens sal neergebuig, en die hoogmoed van mense sal verootmoedig word; en die Here alleen sal in adaardie dag verheerlik wees.

18 En die afgode sal Hy heeltemal afskaf.

19 En hulle sal gaan in die gate van die rotse, en in die spelonke van die aarde, want die vrees van die Here sal oor hulle kom en die heerlikheid van sy majesteit sal hulle tref, wanneer Hy opstaan om die aarde verskriklik te skud.

20 In daardie dag sal die mens sy afgode van silwer en sy afgode van goud wat hy gemaak het vir homself om te aanbid, weggooi vir die molle en die vlermuise;

21 Om te gaan in die skeure van die rotse, en in die toppe van die growwe kranse, want die vrees van die Here sal oor hulle kom en die majesteit van sy heerlikheid sal hulle tref, wanneer Hy opstaan om die aarde verskriklik te skud;

22 aLaat staan tog die mens, wie se asem in sy neusgate is, want waarin sal hy geag word?