Skrifture
2 Nefi 14


Hoofstuk 14

Sion en haar dogters sal verlos en gereinig word op die millenniale dag—Vergelyk Jesaja 4. Ongeveer 559–545 v.C.

1 En in dié dag, sal sewe vroue een man aangryp, en sê: Ons sal ons eie brood eet, en ons eie klere dra; laat ons net by jou naam genoem word om ons asmaad weg te neem.

2 In daardie dag sal die atak van die Here pragtig en heerlik wees; die vrug van die aarde voortreflik en mooi vir hulle wat ontvlug het van Israel.

3 En dit sal gebeur, dat hulle wat agtergelaat is in Sion en bly in Jerusalem, sal heilig genoem word, elkeen wat opgeskrywe is onder die lewendes in Jerusalem—

4 aWanneer die Here die vieslikheid van die dogters van Sion bafgewas het; en die bloed van Jerusalem uit die midde daarvan sal weggespoel het, deur die gees van oordeel en deur die gees van cverbranding.

5 En die Here sal oor elke woonplek van berg Sion, en oor haar plekke van samekoms, ’n awolk en rook bedags en die glans van ’n vlammende vuur in die nag skep; want oor al die heerlikheid van Sion sal ’n beskerming wees.

6 En daar sal ’n skuiling wees vir ’n skaduwee bedags teen die hitte, en vir ’n atoevlugsoord, en ’n bedekking teen storm en reën.